Modelling assemblage organisation of African Odonata
Date
2020-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Climate change is expected to cause large range shifts of species assemblages, especially for climate-sensitive taxa, such as dragonflies and damselflies (Insecta: Odonata). I investigated odonate species under two spatial extents - South Africa and the entire African continent. At the scale of South Africa, I firstly quantified the major drivers of Odonata compositional turnover along key environmental gradients using pairwise beta-diversity metrics, and secondly mapped the predicted spatial variation in species composition as both a continuous gradient of assemblage similarity and also as discrete bioregions, depicting major areas of odonate endemism based on clustering analyses. Using space-for-time substitution, I thirdly estimated and mapped the magnitude of expected change in species turnover in response to climate change under two emission scenarios, for the years 2050 and 2070, respectively. Lastly, I estimated bioregion instability by assessing how the present-day odonate bioregions may shift under these future climate change scenarios. At the continental scale of Africa, I extended beyond pairwise metrics by considering zeta diversity metrics for measuring multi-site assemblage similarity. Specifically, I firstly explored the community assembly processes for dragonflies and damselflies subgroups separately. Secondly, I differentiated the environmental and geographical drivers behind compositional turnover of widespread versus rare species.
At the regional scale of South Africa, I found that with adequate sampling, Odonata are effective bioindicators of climate change. Present-day bioregions correspond to climatic zones and are clearly separated by transitional zones (ecotones) with rapid spatial turnover. Present odonate bioregions are projected to undergo extensive reorganisation by 2050. Furthermore, depending on the emission scenario, temporal turnover in species composition is projected to reach up to 80% in the large arid interior and 64% along the coast. Such sharp spatial and temporal turnover threatens the persistence of 12 narrow-ranged species.
At the continental scale of Africa, in terms of the form of zeta diversity declining with increasing orders, both suborders were fit by a power law form relationship indicating that communities have a non-random co-occurrence, indicating there are niche or range differences among species. This was supported by the spatial patterns of the suborders, which differed greatly. For damselflies, geographic distance between communities was consistently one of the major community drivers. For dragonflies, environmental filtering was the major assembly driver with little dependence on geographical isolation. My findings suggest that differences in species dispersal mechanisms play a role in the determinants of commonness and rarity for damselflies, whereas for dragonflies niche differentiation relating to environmental preferences is more likely to be causing the shift between commonness and rarity. These discrepancies may reflect the ecological differences between suborders. The results further suggest that damselflies showed a largely more nested structure (i.e. species assemblages in species poor sites are subsets of assemblages in more species rich sites) than dragonflies, which is an important consideration for site selection in future conservation planning. Taken together, the compositional turnover of Odonata species suggests an interplay of geographic distance and different environmental gradients that produce distinct drivers for the different suborders, spatial scales (South Africa vs. African continent), and common vs. rare species. Notably, my results suggest climate change could cause drastic range shifts in this bioindicator taxon.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Klimaatsverandering sal na verwagting groot gebiedverskuiwings van spesiegroepe veroorsaak, vernaamlik vir klimaatsensitiewe taksa soos naaldekokers en waterjuffers (Insecta: Odonata). Hierdie studie het ʼn ondersoek behels na die Odonata-spesie in twee ruimtelike reikwydtes, naamlik Suid-Afrika en die hele Afrika-vasteland. Op die Suid-Afrikaanse skaal was die doel eerstens om die belangrikste dryfvere van samestellingsomset van Odonata volgens hoofomgewingsgradiënte met behulp van paarsgewyse beta-diversiteitsmetriek te bepaal, en tweedens om die voorspelde ruimtelike variasie in die samestelling van spesies as sowel ʼn deurlopende gradiënt van groepeensoortigheid as diskrete biostreke te karteer, waarvolgens belangrike gebiede van Odonata-endemisme op grond van klusterontleding uitgebeeld is. Met behulp van ruimte-vir-tyd-vervanging was die doel derdens om die omvang van verwagte verandering in spesie-omset in reaksie op klimaatsverandering in twee emissie-scenario’s, vir die jare 2050 en 2070, te raam en te karteer. Laastens is ʼn raming van biostreek-onstabiliteit gedoen deur ʼn assessering van moontlike verskuiwing van huidige Ordonata-biostreke in hierdie toekomstige klimaatsverandering-scenario’s.Vir die Afrika-skaal is die paarsgewyse metriek uitgebrei deur zeta-diversiteitsmetriek te gebruik om die veelterrein-groepeensoortigheid te meet. Die doel was eerstens om die gemeenskapsgroeperingsprosesse vir subgroepe van naaldekokers en waterjuffers afsonderlik te ondersoek. Tweedens was die doel om die omgewings- en geografiese dryfvere vir samestellingsomset van wydverspreide teenoor skaars spesies te onderskei. Op streekskaal in Suid-Afrika is bevind dat met voldoende steekproefneming, Odonata doeltreffende bio-aanwysers van klimaatsverandering is. Huidige biostreke reageer op klimaatsones en word duidelik deur oorgangsones (ekotones) met snel ruimtelike omset geskei. Huidige Odonata-biostreke sal na verwagting teen 2050 omvattende herorganisasie ondergaan. Voorts, na gelang van die emissie-scenario, sal tyd-omset in spesiesamestelling na verwagting tot 80% in die groot droë binneland en 64% langs die kus wees. Hierdie skerp ruimtelike en tyd-omset bedreig die bestaan van 12 spesies in nou verspreidingsgebiede. Op vastelandskaal, met betrekking tot die vorm van afname van zeta-diversiteit met hoër ordes, is albei subordes geskik deur ʼn magsvorm-verhouding, wat toon dat gemeenskappe ʼn gestruktureerde groepering het, wat aandui dat daar nis- of reeksverskille tussen spesies is. Die ruimtelike patrone van die subordes verskil aanmerklik. Vir waterjuffers was geografiese afstand tussen gemeenskappe deurlopend een van die grootste gemeenskapsdryfvere. Vir naaldekokers was omgewingsfiltrering die grootste groeperingdryfveer, met min afhanklikheid van geografiese afsondering. Die bevindinge doen aan die hand dat verskille in spesies se verspreidingsmeganismes ʼn rol speel in die bepalers van algemeenheid en skaarsheid vir waterjuffers, terwyl vir naaldekokers nisdifferensiasie verbonde aan omgewingsvoorkeure waarskynlik die verskuiwing tussen algemeenheid en skaarsheid sal veroorsaak. Hierdie teenstrydighede kan die ekologiese verskille tussen subordes weerspieël. Die resultate toon in die algemeen voorts ʼn groter nesstruktuur onder waterjuffers as naaldekokers, wat ʼn belangrike oorweging vir terreinseleksie in toekomstige bewaringsbeplanning is. In die algemeen toon die samestellingsomset van Odonata-spesies ʼn wisselwerking tussen geografiese afstand en verskillende omgewingsgradiënte wat bepaalde dryfvere vir die verskillende subordes, skale (Suid-Afrika teenoor Afrika-vasteland) en algemene teenoor skaars spesies meebring. Die resultate dui daarop dat klimaatsverandering na verwagting tot drastiese gebiedsverskuiwings in hierdie bio-aanwysertakson sal lei.

Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Odonata -- Geographical distribution -- Africa -- South Africa, Odonata -- Climatic factors, Indicators (Biology), Odonata -- Geographical distribution -- Mathematical models, Ecotones, UCTD, Assemblage organization