Being public : musicians and the Market Theatre Cafe, 1976 - 1980
Date
2023-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : In 1976 the Market Theatre Complex was opened in Newton, Johannesburg by Barney Simon and Mannie Manim. Their vision was to establish a non-discriminatory and inclusive theatre that operated outside the legislated segregation policies of the apartheid system. One of the venues in the complex was a small music entertainment space called the Market Theatre Café. The Café which operated from 1976 to 1978 was run and managed by David Marks and his wife Frances Marks. Throughout its short existence, the venue offered a platform for local and international musicians, English, Afrikaans, Zulu, and Sepedi singers-songwriters, folk musicians, township jazz groups, rock and punk groups, and jazz musicians to perform. While the performances in the Market Theatre Complex are well documented, very little has been written about the Café and the music and musicians who performed there.
Using primary sources, specifically live sound recordings made of the performances at the Café, preserved in the Hidden Years Music Archive at Stellenbosch University, this study will offer an analysis of the concerts staged in the Market Theatre Café. Through investigating the musicians, the music performed and lyrics of songs, as well as the conversations on stage between musicians and/or with the audience - as well as the music productions staged at the venue - this study will explore how such music performances enabled the coming together and the “being public” of a community that sanctioned a space for freedom of expression and political action during times when “publics” and “being public” were highly regulated.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die Markteaterkompleks word in 1976 in Newton, Johannesburg, deur Barney Simon en Mannie Manim geopen. Hul visie was om ’n niediskriminerende, inklusiewe teater te vestig wat buite die gewettigde segregasiebeleid van die apartheidstelsel bedryf word. Een van die venues in die kompleks was ’n klein musiekvermaakruimte, die Market Theatre Café. Dit is van 1976 tot 1978 bedryf en bestuur deur David Marks en sy vrou, Frances Marks. Dwarsdeur sy kort bestaan het dit ’n platform gebied vir plaaslike en internasionale musikante, Engelse, Afrikaanse, Zoeloe- en Sepedi-sangers, liedjieskrywers, folk- en jazzmusikante, townshipjazz-, rock en punkgroepe. Vertonings in die Markteaterkomplek is goed gedokumenteer, maar baie min is nog geskryf oor die Café en die musiek en musikante wat hier gehoor is. Hierdie studie bied ’n ontleding van die konserte wat aangebied is in die Market Theatre Café deur die gebruik van primêre bronne, spesifiek lewende klankopnames van die optredes hier wat in die Hidden Years Musiekargief by Stellenbosch Universiteit bewaar word. Deur bestudering van die musikante, die musiek wat uitgevoer is en die lirieke wat gesing is, sowel as deur gesprekke op die verhoog tussen musikante en/of met die gehoor en deur die musiekopvoerings wat in hierdie venue aangebied is, wil die studie verken hoe sulke musiekgeleenthede die saamkom en die “in die openbaar wees" van ‘n gemeenskap moontlik gemaak het, ’n gemeenskap wat ’n ruimte vir vryheid van uitdrukking en politieke optrede gesanksioneer het in ’n tyd toe “publiekes” en “publiek wees” hoogs gereguleerd was.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Market Theatre Cafe, Alternative music, Collaborative music