The military-strategic implications of the decline of South Africa’s Defence capability

Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Stellenbosch : Stellenbosch University
ENGLISH ABSTRACT: The decline of South Africa’s defence capabilities is a well-documented and politically acknowledged situation that inspired the review of the South African defence policy since 2010. The Defence Review 2015 was promulgated with a detailed strategic approach to restore the South African National Defence Force’s (SANDF) credible military capacity to fulfil South Africa’s defence ambition. The Defence Review 2015 process continued for five years with a deliberate focus to achieve consensus on South Africa’s defence ambition. The implementation of this policy is yet to be financed by the South African government. This inspired a critical look at the decline of South Africa’s defence capabilities through the contemporary lenses of the concepts of military security and strategy. A contemporary theoretical discussion of the concepts of military security and strategy in the post-Cold War era demonstrated that military security and the role of militaries in nations’ and regions’ security requirements remain a central concern for polities, yet within a broader and wider security discourse academically and as security policy advice. The concept of strategic context provided the study with a framework to discuss and analyse literature related to South Africa’s declining defence capabilities with the purpose to understand this reality in a strategic context and what it means for South Africa’s military security. A qualitative, interpretive, and thematic approach extracted thematic insights into South Africa’s declining defence capabilities in a strategic context to obtain a deep understanding of the reality since 1994. An analysis of government directives for defence since 1994, using contemporary understanding of military security and strategy, demonstrated that defence directives and policy thinking in South Africa continue to reflect enduring and developing military security and strategic thinking for the military establishment. South Africa’s declining defence capabilities, in a strategic contextual discussion and analysis, however showed significant contestation in the South African defence debate since 1994. The study ascribes the lion’s share of responsibility for South Africa’s declining defence capabilities to a deliberate political and bureaucratic demilitarisation of South Africa through disinvestment and defunding of the defence function, with a commensurate growing decline in political and academic interest in South Africa’s military. Politics leads in the approach of demilitarisation due to its prominent and dominant position to decide and fund. An idealistic academic perspective fuelled the process from a trusted position of advice. With non-offensive defence (NOD) principles coded in the Constitution of 1996 and all subsequent government legal and policy provisions, the scene was set to implement the deliberate demilitarisation of South Africa. The disconnect between the NOD military approach, which holds human security as the most appropriate approach to national security, and the strategic truth that a nation utilises its military to maintain the monopoly on force (organised violence) for defence against coercive threats should after two and a half decades of the existence of the SANDF be put to bed. The South African polity must honestly ask the question: What has South Africa gained from its broad and wide security approach of human security?
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse verdedigingsvermoëns is goed gedokumenteer en ’n politiek-erkende situasie wat die proses geïnspireer het om die Suid-Afrikaanse verdedigingsbeleid sedert 2010 te hersien. Die hersiende Verdedigingsbeleid 2015 is gepromulgeer met ’n strategiese benadering om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se geloofwaardige militêre vermoë te herstel om Suid-Afrika se verdedigingsambisie te vervul. Die Verdedigingsbeleid 2015 proses het vyf jaar geduur met ’n fokus om konsensus te bereik rakende die Suid-Afrikaanse verdedigingsambisie. Die implementering van die beleid moet nog deur die Suid-Afrikaanse regering befonds word. Dit het ’n kritiese studie geïnspireer, deur die hedendaagse lense van die konsepte van militêre veiligheid en strategie, van die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse verdedigingsvermoëns. ’n Hedendaagse teoretiese bespreking van die konsepte van militêre veiligheid en strategie het getoon dat militêre veiligheid en die rol van militêre organisasies steeds ’n prominente rol speel in die veiligheidsbelange van lande en streke. Dit word egter hedendaags gesien in ’n meer omvattende begrip van veiligheid, beide as ’n akademiese debat en beleidsadvies. Die konsep van strategiese konteks het aan die studie ’n raamwerk verskaf om literatuur met betrekking tot die agteruitgang van die verdedigingsvermoëns in Suid-Afrika te bespreek en te ontleed met die doel om die strategiese konteks van dié werklikheid te verstaan, asook wat dit vir die militêre veiligheid van Suid-Afrika beteken. ’n Kwalitatiewe, interpretatiewe, en tematiese studie van die strategiese konteks van die agteruitgang van Suid-Afrika se verdedigingsvermoëns sedert 1994 bied ’n omvattende begrip van dié werklikheid vir Suid-Afrika. Met behulp van ’n hedendaagse teoretiese begrip van militêre veiligheid en strategie is die rigtinggewende regeringspublikasies vir verdediging sedert 1994 ontleed. Die studie bevind dat ’n gesonde blywende en hedendaagse begrip van militêre veiligheid en strategie gehandhaaf is in die daarstelling van die Suid-Afrikaanse militêre instansie. Die bespreking en ontleding van die strategiese konteks van die agteruitgang van Suid-Afrika se verdedigingsvermoëns toon egter beduidende verskille in die Suid-Afrikaanse verdedigingsdebat sedert 1994. Die studie skryf die agteruitgang van Suid-Afrika se verdedigingsvermoëns grotendeels toe aan doelbewuste politieke en burokratiese demilitarisering van Suid-Afrika deur middel van gebrekkige belegging in, en onderbefondsing van die verdedigingsfunksie, met ’n gepaardgaande agteruitgang van politieke en akademiese belangstelling in die Suid-Afrikaanse weermag. Die politieke bestel in Suid-Afrika het die belangrikste rol gespeel in die demilitarisering van Suid-Afrika weens die pertinente posisie wat politiek beklee in besluitneming en befondsing van staatsfunksies. ’n Idealistiese akademiese perspektief het die proses aangevuur vanuit ’n vetrouensposisie van advies. Met nie-offensiewe verdedigings (“NOD”1)-beginsels wat in die Grondwet van 1996 en in alle verdedigingsbeleide sedert 1994 ingesluit is, is die weg gebaan vir die implementering van die doelbewuste demilitarisering van Suid-Afrika. Die opponerende benaderings van ’n “NOD”-verdedigingsbenadering, wat menslike veiligheid as die geskikste benadering tot nasionale veiligheid beskou, en die strategiese waarheid dat ’n nasie sy weermag skep en onderhou om ’n monopolie van militêre mag te handhaaf vir verdediging teen nasionale bedreigings, moet ná twee en ’n half dekades van die bestaan van die SANW ter syde gestel word. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap moet eerlik die vraag stel: Wat het Suid-Afrika uit sy breë en wye sekuriteitsbenadering van menslike veiligheid gebaat?
Thesis (MMil)--Stellenbosch University, 2021.
Military strategy, South Africa -- Armed Forces -- Planning, South Africa -- Defenses, South Africa -- Department of Defence, Non-provocative defense (Military science), Non-offensive defense (Military science), South Africa -- Politics and government -- 20th century, South Africa -- Military police, South Africa -- Armed Forces, UCTD