Designing for a sustain-able material future: (speculative) reimaginings of trash in Stellenbosch

Date
2023-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Consumption and excess have become ingrained in society. We live in a world of too many things. The field of design has played a significant part in creating this world; a world which can no longer sustain itself. This research explored how design can contribute to more sustain-able material futures, specifically on Stellenbosch University campus. It did so through engaging with our thrown-away things – our trash – through critical design praxis. This was approached through a New Materialist lens. By following a practice-based, diffractive methodology comprised of reading, drawing, collecting, reflecting, making, speculating, and participating in an entangled manner, static trash became vibrant things that people could connect to throughout the course of the research process. It became clear that “physical object[s] [are] no longer an end in itself but a vehicle towards understanding the complex systems that produce it, and the even more opaque systems that dispose of it” (McGuirk, 2022). This research provides an example of how slowness, working with found materials, sym-poiesis, speculation and participation can be key concepts that constitute design praxis for more sustain-able material futures. Collaboration, imagination, playfulness, and care emerged as strategies through which to begin these explorations. In light of existing participatory and speculative design theory, the research shows that more sustain-able material futures can only be enacted through design if participation occurs between human, non-human, living, non-living, environment and object in entangled, equal ways.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Verbruik en oormaat het ingeburger geraak in die samelewing. Ons leef in ‘n wêreld van te veel dinge. Die veld van ontwerp het ‘n beduidende rol gespeel in die skep van hierdie wêreld; ‘n wêreld wat nie meer ditself kan onderhou nie. Hierdie navorsing het ondersoek hoe ontwerp kan bydra tot ‘n meer volhoubare materiële toekoms slegs deur ontwerp tot stand gebring kan word indien deelname tussen mens, nie-mens, lewend, nie-lewend, omgewing en objek plaasvind op verstrengelde, ewewigtige maniere. Spekulatiewe ontwerp kan insgelyks slegs volhoubaar wees, of effektief wees om werklike verandering te fasiliteer, wanneer hierdie soort deelname deel van die ontwerpproses is. Dit word dus aanbeveel dat ‘n dekoloniale benadering, ‘n fokus op interaksie tussen gemarginaliseerde stemme en dinge, en die benadering van hierdie kwessie vanuit die perspektief van ontwerponderwys, waarde vir toekomstige navorsing kan inhou. materiële toekoms, spesifiek op die Universiteit Stellenbosch-kampus. Dit het dit gedoen deur in interaksie te tree met ons weggooi-goed – ons gemors – deur kritiese ontwerppraktyke. Hierdie ondersoek is benader uit ‘n Nuwe Materialistiese (New Materialist) perspektief. Deur ‘n praktykgebaseerde, diffraktiewe metodologie te volg, het lewelose gemors lewendige dinge geword waarmee mense deur die loop van die navorsingsproses mee in interaksie kon tree. Metodes het ingesluit om op ‘n verstrengelde wyse te lees, te teken, te versamel, te reflekteer, te maak, te spekuleer en in interaksie te tree met ander; hetsy lewend of nie-lewend. Dit het duidelik geword dat “fisiese voorwerp(e) nie meer ‘n doel op sigself [is] nie, maar ‘n manier om die komplekse sisteme wat tot die produksie daarvan lei, en die selfs meer ondeursigtige stelsels wat daarvan ontslae raak, te verstaan” (McGuirk, 2022). Hierdie navorsing verskaf ‘n voorbeeld van hoe ‘n afname in spoed, werk met gevonde materiale, sim-poiesis, spekulasie en interaktiewe deelname, sleutelkonsepte kan wees wat ontwerppraktyke vir ‘n meer volhoubare materiële toekoms uitmaak. Samewerking, verbeelding, speelsheid en sorg het na vore gekom as strategieë waardeur hierdie doelwit nagestreef kan word. In die lig van bestaande deelnemende en spekulatiewe ontwerpteorie, toon die navorsing dat ‘n meer
Description
Thesis MA (VA)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Manufacturing processes -- Environmental aspects
Citation