Balance in recreational/non-professional dancers with snapping hip : a cross-sectional study
Date
2022-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Snapping hip (SH) or coxa sultans is a common condition amongst the dance population. The symptoms are insidious and often ignored until it becomes painful or problematic. Hip muscle weakness is a common characteristic of SH, particularly affecting the gluteus medius muscle. A weak gluteus medius muscle has been linked to poor balance in the healthy population, and balance is a skill dancers need to be proficient in. Furthermore, gluteus medius weakness may relate to the three main predictors of dance-related lower limb injuries (Functional Turnout [FTO], compensated turnout [CTO], and hip external rotation [HER]). To date no studies have been conducted on dynamic balance and associated factors in a group of dancers with SH. A better understanding of factors associated with SH in dancers could suggest potential strategies for screening and rehabilitation to improve performance, quality of life, and mitigate future recurrence of the condition.
Aim:
This study aimed to describe FTO, CTO, HER range of motion (ROM), hip muscle strength (HER and hip abduction), and dynamic balance in a group of recreational dancers with SH, to describe any differences between the affected and unaffected sides, and to determine whether there were any relationships between the variables.
Methodology:
A descriptive cross-sectional study was conducted. A questionnaire was filled in by potentially eligible volunteers, to screen for SH and to gather demographic information. Eligible participants were measured for FTO and HER ROM, hip muscle strength tests were conducted with a hand-held dynamometer, and the Y-test for dynamic balance was performed. Descriptive results were presented using means, percentages, standard deviations and 95% confidence intervals. Differences between groups were based on the paired t-test and relationships were calculated using Pearson’s correlation coefficients. A one-way ANOVA test was used to compare four pain categories according to age. The level of significance was set at p<0.05.
Results:
Twenty-three female participants aged 15-40 years were clinically diagnosed with internal SH. The relationship between HER muscle strength on the affected side and CTO was significant (p=0.013), and moderately positively correlated (r=0.51). Other noteworthy albeit non-significant relationships were hip abduction muscle strength and balance on the unaffected side (r=0.40; p=0.06), hip abduction strength on the unaffected side and CTO (r=0.37; p=0.08), and HER strength and balance on the unaffected side (r=0.37; p=0.08). There were no significant differences between sides (all p>0.05) and pain was not related to age (p= 0.416).
Conclusion:
Findings did not demonstrate poorer dynamic balance on the affected leg in dancers with SH than in the unaffected leg and were inconclusive in terms of other relationships and comparisons, including a relationship between gluteus medius and dynamic balance. HER muscle strength on the affected side and CTO may however need to be considered as related factors when screening for impairments in dancers with SH. Little knowledge remains regarding SH and dynamic balance in dancers. More studies with larger samples are needed to make more conclusive inferences about these outcomes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Klappende Heup (KH) of coxa sultans is 'n algemene toestand in die dansbevolking. Die simptome is verraderlik en word dikwels geïgnoreer totdat dit pynlik of problematies word. Swak heupspiere is 'n algemene kenmerk van KH, wat veral die gluteus medius-spier beïnvloed. 'n Swak gluteus medius spier is gekoppel aan swak balans in die gesonde bevolking, en balans is 'n vaardigheid waarin dansers bekwaam moet wees. Verder kan gluteus medius swakheid verband hou met die drie hoofvoorspellers van dansverwante beserings van die onderste ledemate (Funksionele Uitdraai [FU], gekompenseerde uitdraai [GU], en heup eksterne rotasie [HER]). Tot op hede is geen studies oor dinamiese balans en verwante faktore in 'n groep dansers met KH gedoen nie. 'n Beter begrip van faktore wat verband hou met KH in dansers kan moontlike strategieë vir sifting en rehabilitasie voorstel, om prestasie en lewenskwaliteit te verbeter en toekomstige herhaling van die toestand te vertraag of te voorkom. Doelwit: Hierdie studie het ten doel gehad om FU, GU, HER omvang van beweging (OVB), heupspiersterkte (HER en heupabduksie), en dinamiese balans in 'n groep nie-professionele dansers met KH te beskryf, om enige verskille tussen die aangetaste en onaangetaste kante te beskryf, en om vas te stel of daar enige verwantskappe tussen die veranderlikes was. Metodologie: 'n Beskrywende dwarssnee-studie is uitgevoer. 'n Vraelys is deur potensiële kwalifiserende vrywilligers vir sifting van KH en om demografiese inligting in te samel, ingevul. Kwalifiserende deelnemers se FU, GU, en HER OVB is gemeet, heupspiersterkte-toetse is met 'n handdinamometer uitgevoer, en die Y-toets vir dinamiese balans is gedoen. Beskrywende resultate is d.m.v. gemiddeldes, persentasies, standaardafwykings en 95% vertrouensintervalle aangebied. Verskille tussen groepe is gebaseer op die gepaarde t-toets en verwantskappe is bereken met behulp van Pearson se korrelasiekoëffisiënte. 'n Eenrigting ANOVA-toets is gebruik om vier pynkategorieë volgens ouderdom te vergelyk. Die vlak van beduidendheid is op p<0.05 gestel. Resultate: Drie-en-twintig vroulike deelnemers tussen die ouderdomme van 15-40 jaar is klinies gediagnoseer met interne KH. Die verband tussen HER spiersterkte aan die aangetaste kant en GU was beduidend (p=0.013), en matig positief gekorreleer (r=0.51). Ander noemenswaardige, hoewel nie-beduidende, verwantskappe was heupabduksie spiersterkte en balans and die onaangetastes kant (r=0.40; p=0.06), heupabduksiesterkte aan die onaangetaste kant en GU (r=0.37; p=0.08), en HER sterkte en balans aan die onaangetaste kant (r=0.37; p=0.08). Daar was geen beduidende verskille tussen kante nie en pyn was nie verwant aan ouderdom nie (p=0.416). Gevolgtrekking: Bevindinge het nie swakker dinamiese balans op die aangetaste been van dansers met KH as in die onaangetaste been getoon nie, en was onoortuigend in terme van ander verwantskappe en vergelykings; insluitend 'n verband tussen gluteus medius sterkte en dinamiese balans. Dit mag egter nodig wees om HER spiersterkte aan die aangetaste kant en GU as verwante faktore te oorweeg wanneer dansers met KH ondersoek word vir aantastings. Min kennis bestaan aangaande KH en dinamiese balans in dansers. Meer studies met groter steekproewe is nodig om meer standvastige afleidings oor hierdie uitkomste te maak.

Description
Thesis (MScPhysio)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Hip joint -- Dislocation -- South Africa, Dancers -- Physiological aspects -- South Africa, Dancing injuries -- South Africa, Ballet dancing -- Accidents and injuries -- South Africa, UCTD