Contextualising e-governance in the public participation debate : the Sassa electronic payment system

Date
2015-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: E-governance is but one of the many public participation strategies a government can use to engage with its citizens. E-governance improves government processes, connects citizens and builds interactions with and within civil society. Through the provision of improved processes and information access, egovernance paves the road to good governance goals and development targets. Governments in developing countries can benefit greatly from e-governance as the world is technologically driven but, at the same time, the social realities of poverty; inequality and unemployment are becoming more apparent. Many developing countries are being left behind as they do not have sufficient technical infrastructure and human capital to provide internet access and are thus unable to provide online services and programmes. E-government must be accessible, interactive, transactional and transformational, and services offered electronically should not be seen as new, but rather as alternative methods for time saving, convenience, cost reduction and equitable distribution of services. In this study the Mooiplaas Community is used as a case study. It has become apparent that the electronic payment system implemented by the South African Social Security Agency (SASSA) is not accessible to its intended beneficiaries. This study argues that authentic and empowering public participation based on an appropriate mix of context-specific strategies is required for the SASSA to successfully implement their electronic system. The public must be afforded space to influence, direct, control and own the development it is introduced to. In the light of the model developed in this study for public participation that empowers communities, it is evident that public participation in Mooiplaas is at the level of tokenism, yet the ideal level is that of public control whereby the public influences, directs and takes ownership of its own development. This study adopted a qualitative research method. Interviews were conducted on the basis of probability sampling to collect primary data. An evaluative research design was used, aimed at answering the question of whether a development intervention programme or strategy has been successful or effective. A public participation strategy has been developed to achieve the appropriate level of public power with the consequence of improved service delivery, free from complaints and protests.
AFRIKAANSE OPSOMMING: E-staatsbestuur is maar slegs een van die baie openbare deelnemingstrategieë wat 'n regering kan gebruik om met sy burgers te kommunikeer. E-staatsbestuur verbeter regeringsprosesse, bring burgers in kontak, en bou interaksie met, en binne die burgerlike samelewing. Deur die voorsiening van verbeterde prosesse en toegang tot inligting, word e-staatsbestuur 'n pad na goeie bestuursdoelwitte en ontwikkelingsteikens. Regerings in ontwikkelende lande kan baie baat by estaatsbestuur, aangesien die wêreld deur tegnologie aangedryf word, maar ondervind terselfdertyd dat die sosiale werklikheid van armoede, ongelykheid, en werkloosheid meer sigbaar word. Baie ontwikkelende lande word agtergelaat as hulle nie die tegniese infrastruktuur en menslike kapitaal het om internet te voorsien nie, en daarom kan hulle nie aanlyn-dienste en programme verskaf nie. E-staatsbestuur moet toeganklik, interaktief, transaksioneel en transformerend wees, en dienste wat elektronies aangebied word, moet nie as nuut gesien word nie, maar eerder as alternatiewe metodes om tyd te bespaar, gemak te verseker, koste te verminder, en vir die billike verspreiding van dienste. In hierdie studie is die Mooiplaasgemeenskap as 'n gevallestudie gebruik. Dit het duidelik geword dat die elektroniese betalingstelsel wat deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) geïmplementeer word, nie toeganklik vir die beoogde begunstigdes is nie. Hierdie studie voer aan dat outentieke en bemagtigende openbare deelname, wat op 'n toepaslike mengsel van konteks-spesifike strategieë gebaseer is, deur SASSA benodig word om hul elektroniese stelsel suksesvol te implementeer. Die publiek moet ruimte gegun word om die ontwikkeling waaraan hulle voorgestel word te beïnvloed, rigting daaraan te gee, beheer daarvan te neem, en ook eienaarskap daarvan te aanvaar. In die lig van die model vir openbare deelname met die oog op die bemagtinging van gemeenskappe wat in hierdie studie ontwikkel is, is dit duidelik dat openbare deelname in Mooiplaas meerendeels tokenisme is; tog moet die ideale vlak een van openbare beheer wees waarin die publiek invloed kan uitoefen, rigting kan gee, en eienaarskap van hul eie ontwikkeling kan neem. Hierdie studie volg 'n kwalitatiewe navorsingsmetode. Om primêre data in te samel, is onderhoude wat op ‘n waarskynlikheids-steekproefneming gegrond is, gevoer. 'n Evaluasie-navorsingsontwerp, wat daarop gemik was om die vraag of 'n intervensie-program of strategie suksesvol of effektief was, is gevolg. 'n Strategie vir ‘n openbare deelnemingsproses is ontwikkel. Die strategie is daarop gemik om die gepaste vlak van openbare bevoegdheid, wat gevolglik 'n verbeterde dienslewering vry van klagtes en protes moet bewerkstellig, te kan bereik.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Internet in public administration, Electronic funds transfers, Public administration -- Citizen participation -- Technological innovations, South African Social Security Agency -- Technological innovations, UCTD
Citation