Hemisferiese integrasie en die rolprent Fiela se kind as onderrigstrategie om lees te bevorder

Date
2010-09
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Alhoewel die twee hemisfere van die menslike brein identies voorkom, toon navorsing dat elke hemisfeer oor gespesialiseerde funksies beskik. Die linkerhemisfeer is hoofsaaklik gespesialiseer om verbale kognitiewe vaardighede (bv. lees) te fasiliteer. Die regterhemisfeer is weer vir visuele en ruimtelike vaardighede gespesialiseer. Alhoewel die twee hemisfere elk gespesialiseerde funksies verrig, is die menslike brein altyd intak; dit wil sê die brein word optimaal benut as die twee hemisfere geïntegreerd funksioneer. By die onderrig van lees is dit dus belangrik dat ’n strategie wat integrasie tussen die twee hemisfere bewerkstellig en oordrag van begrip vergemaklik, nagestreef word. Uit die literatuurstudie blyk dit dat die gebruik van media soos rolprente tot hierdie integrasie kan bydra. In hierdie studie is die leesprobleme by graad 7-leerders (die ondersoekgroep) van een spesifi eke skool ondersoek deur middel van ’n gevallestudie ondersteun deur ’n literatuurstudie. Eerstens het die literatuurondersoek ’n teoretiese begronding van lees verskaf. Dit het twee problematiese aspekte van lees ingesluit, naamlik gebrekkige leesbegrip en gebrekkige leesvlotheid. Tweedens is katalisators wat lees kan bevorder, naamlik die media, verken. As deel van die ondersoek is leesonderrigstrategieë ontwerp, gegrond op leerders se belangstelling in die media. Daarna is dit by die ondersoekgroep geïmplementeer om die sukses daarvan te bepaal. Uit die resultate blyk dit dat hemisferiese integrasie die leesvermoë van leerders in die ondersoekgroep kan verbeter mits daar betyds aan die leerders se leesprobleme aandag geskenk word. Die studie bevraagteken die doeltreffendheid van tradisionele leesonderrig en stel as alternatief ’n benadering geskoei op die beginsel van hemisferiese integrasie en gegrond op die media voor.
ENGLISH ABSTRACT: Although the two hemispheres of the human brain appear to be identical, research shows that each hemisphere is responsible for specialised functions. The left hemisphere is specialised for high cognitive functions such as reading, while the right hemisphere is specialised for skills of a visual and spatial nature. It is important to note that although each hemisphere is responsible for separate functions, the two hemispheres operate best when the human brain is intact, i.e. when the two hemispheres function as an integrated unit. When teaching reading it is important for educators to structure their teaching strategy in such a way as to enhance the integration between the two hemispheres which will facilitate transmission of reading comprehension. From the literature review it became clear that the use of certain media, such as films, can add to hemispheric integration. This study involved an investigation into the improvement of reading of Grade 7 learners (the study group). The research methodology used was a case study supported by a literature review. Firstly, the literature review provided a theoretical basis of reading. This included two problematic areas in reading, i.e. reading comprehension and reading fluency. Secondly, catalysts that can improve reading, namely the media, were investigated. As part of the investigation strategies for teaching reading were designed based on learners’ interest in the media. Then these strategies were implemented in the study group in order to measure their success. The results show that learners’ reading abilities can improve with hemispheric integration if their problems are diagnosed early and they receive the necessary help. This study questions the efficacy of traditional approaches to reading instruction and proposes an alternative approach based on the principle of hemispheric integration and the use of the media.
Description
CITATION: Le Cordeur, M. 2010. Hemisferiese integrasie en die rolprent Fiela se kind as onderrigstrategie om lees te bevorder. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(3):346-362.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_issuetoc&pid=0041-475120100003&lng=en&nrm=iso
Keywords
Reading research, Reading -- Ability testing, Reading, Reading comprehension, Reading films
Citation
Le Cordeur, M. 2010. Hemisferiese integrasie en die rolprent Fiela se kind as onderrigstrategie om lees te bevorder. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(3):346-362.