An assessment of HIV and AIDS knowledge, attitudes and safer sex practices among student men who have sex with men (MSM) at a higher education institution in the Western Cape

Date
2015-04
Authors
Semba, Allex Medson Mello
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The objective of this study was to measure the level of HIV and Aids knowledge, attitudes and safer sex practices among student men who have sex with men (MSM) at a higher education institution in the Western Cape. The study served to recommend guidelines for effective and enhanced targeted intervention response for MSM student community. A total of 36 MSM students aged between 19 and 36 (of which most were South African, black and Xhosa speaking) were recruited to take part in the study. Selection was done via snowball sampling. Respondents completed questionnaires upon consenting to participate in the study. The study found moderately high levels of basic HIV knowledge among the sampled MSM population. There were, however, lower levels of knowledge reported regarding the associated risk and effective prevention strategies of anal sex when compared to similar information about vaginal sex and oral sex. Findings also show that participants had very positive attitudes towards HIV testing, condom use and a non-discriminating environment. Respondents lacked confidence in both management and student leadership with regards to their responsibility in mitigating homophobia/discrimination against MSM student population. Furthermore, a high number of respondents reported having sex with men and women as well as multiple sexual partnerships. Self-reported alcohol and drug use were found to be very low, with the majority of participants indicating non-use. Participants stated little challenges accessing health care services. However, respondents felt MSM specific information about health care related rights and needs were lacking. Recommendations from this study include current HIV and Aids policy reform, mainstreaming MSM-friendly health care services, introducing combination HIV prevention programmes such as Mpowerment and addressing the human rights needs of MSM.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die vlakke van MIV en Vigs kennis, houdings en veilige seksuele praktyke onder manlike studente wat seks het met mans (MSM) by 'n hoër onderwys instansie in die Wes-Kaap te meet. Die studie het gepoog om riglyne daar te stel vir die bewerkstelling van effektiewe en verbeterde geteikende intervensies vir die MSM studente gemeenskap. Daar was 36 MSM studente tussen die ouderdomme van 19 en 36 (meestal Suid-Afrikaans, swart en Xhosa-sprekend) gewerf vir die studie. Seleksie is gedoen deur middel van die sneeubal steekproef-metode. Deelnemers het 'n vraelys voltooi nadat hulle ingewillig het om deel te neem aan die studie. Deelnemers het matig tot hoë vlakke van basiese MIV en Vigs kennis getoon. Daar was egter laer vlakke van kennis oor gepaardgaande risiko’s en effektiewe voorkoming strategieë ten opsigte van anale seks in vergelyking met dieselfde informasie oor vaginale en orale seks. Die studie het verder bevind dat deelnemers baie positiewe houdings gehad het teenoor MIV-toetsing, die gebruik van kondome en 'n nie-diskriminerende omgewing. Verder het hulle min vertroue getoon in beide die bestuur en studente leierskap se vermoë om sake wat verband hou met homofobie en/of diskriminasie teen die MSM studente bevolking, effektief te hanteer. Daar is gevind dat baie respondente seks het met mans en vroue en ook verskeie seksuele maats het. Self-gerapporteerde alkohol- en dwelmgebruik was relatief laag onder respondente met die meerderheid wat aangedui het hulle glad nie alkohol of dwelms gebruik nie. Deelnemers het ook rapporteer dat gesondheidsdienste vir hulle maklik toeganklik is. Respondente het ook gevoel dat MSM spesifieke informasie oor gesondheidsverwante regte en behoeftes tans ontbreek. Aanbevelings wat voortspruit uit hierdie studie sluit in die hersien van die huidige MIV en Vigs beleid, die skepping van MSM-vriendelike dienste, die implementering van MIV-voorkomingsprogramme soos Mpowerment en die bevordering van menseregte wat verband hou met MSM.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
HIV infections -- South Africa -- Western Cape, AIDS (Disease) -- South Africa -- Western Cape, Gay men -- Sexual behavior -- South Africa -- Western Cape, Unsafe sex -- South Africa -- Western Cape, Male college students -- Sexual behavior -- South Africa -- Western Cape, UCTD
Citation