Towards an alternative development ethic for the fishing sector of Ukerewe District, Tanzania

Date
2015-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study was prompted by the increasing vulnerability and impoverishment of local fishing folk in Ukerewe District in Tanzania in the midst of the potential of the fishing sector to generate wealth and the many capable actors and stakeholders who can provide essential services and opportunities that can help the fishing folk to overcome their challenges and improve their lot in generating wealth. Taking the view that some forms of poverty have their roots in the moral system of the people, institutions and organisations involved, and considering the call made by Tanzania’s Second National Strategy for Growth and Poverty Reduction to key actors and stakeholders to design and implement interventions that would improve the chances of poor actors to generate wealth, this study aimed to discover what would motivate capable actors and stakeholders in the fishing sector of Ukerewe District to do so. The study asked whether there are ethical values and principles that have the potential to inspire and guide capable actors and stakeholders to reconsider the fate of constrained local actors, and to make a responsible commitment to address their constraining conditions, as well as to determine how these ethical ideas, if any, can be explicated, formulated and implemented. Empirical research was undertaken in Ukerewe District from October 2012 to March 2013. It followed an applied ethics case study methodology, combined with focus groups, life narratives and in-depth individual interviews. Three hundred and ten local actors and stakeholders in the fishing sector of Ukerewe were engaged in progressive stages of critical self-reflection and dialogue within and between particular stakeholder groups. These 310 participants reflected and deliberated on what constituted the poverty of local actors, what it would take to overcome that poverty and what would motivate capable actors and stakeholders to combat that poverty. The collected evidence led to the establishment of the following: First, the fishing sector offers adequate opportunities to invest in and work to generate income and goods to improve socio-economic conditions. Second, local fishing folk fall into poverty because they are constrained from generating wealth. Third, the local fishing folk could improve their capacities to generate wealth and overcome their poverty through expanded opportunities to acquire and use the relevant competence, efficient productive forces and fisheries infrastructure, formal financial credit and insurance services. Fourth, fulfilling institutional and professional obligations, contributing to possible good consequences and preventing possible bad consequences in the life of the local fishing folk, the fishing sector, their own organisations and society, and showing care for, respect to and solidarity with local fishing folk would motivate most capable actors and stakeholders to undertake pro-poor actions in the fisheries sections. Based on what the respondents revealed to value and what they wanted to achieve in their fishing sector, an alternative development ethic, namely the Sufficient Capabilities and Wealth Ethic (SUCAWE), was constructed. The SUCAWE offers insightful and empowering moral resources for self-management and for the management of multiple actors and stakeholders in wealth creation and the combating of poverty.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het ontstaan uit die toenemende weerloosheid en verarming van die plaaslike vissersgemeenskap van die Ukerewe Distrik in Tanzania te midde van die potensiaal van die visserysektor om welvaart te skep, en die vele agente en belanghebbendes wat in staat is daartoe om noodsaaklike dienste en geleenthede te voorsien wat kan help dat die visserygemeenskap hulle uitdagings oorkom en hulle lot verbeter deur welvaart te skep. Uitgaande van die standpunt dat sekere vorme van armoede wortel in die morele sisteem van die mense, instellings en organisasies betrokke, en met in ag neming van die oproep wat aan sleutelagente en belanghebbendes gerig is met Tanzania se Second National Strategy for Growth and Poverty Reduction om ingrepe te ontwerp en te implementeer wat die kanse sal verbeter van armes om welvaart te skep, het hierdie studie beoog om dit bloot te lê wat vermoënde agente en belanghebbendes in die visserysektor van die Ukerewe Distrik sou motiveer om dit te doen. Hierdie studie het die vraag gestel of daar etiese waardes en beginsels is met die potensiaal om vermoënde agente en belanghebbendes te inspireer en daartoe te lei om die lot van plaaslike agente wat deur armoede beperk word, in heroorweging te neem, en 'n verantwoordelike verbintenis aan te gaan om hierdie beperkende omstandighede aan te spreek, en het ook gepoog om te bepaal hoe hierdie etiese idees, indien enige, blootgelê, geformuleer en geïmplementeer kan word. Empiriese navorsing is onderneem in die Ukerewe Distrik vanaf Oktober 2012 to Maart 2013. Hierin is die metodologie van 'n gevallestudie in toegepaste etiek gevolg, gekombineer met fokusgroepbesprekings, lewensverhale en in-diepte individuele onderhoude. Driehonderd en tien plaaslike agente en belanghebbendes in die visserysektor van Ukerewe is betrek in progressiewe fases van kritiese self-refleksie en dialoog in en tussen spesifieke groepe van belanghebbendes. Hierdie 310 deelnemers het dit wat die armoede van plaaslike agente meebring, ontleed en oorweeg, asook wat dit sou behels om hierdie armoede te oorkom, en wat vermoënde agente en belanghebbendes sou kon motiveer om hierdie armoede te beveg. Op grond van die inligting wat versamel is, kon die volgende bepaal word: Eerstens, die visserysektor bied voldoende geleenthede vir beleggings en werk waardeur inkomste en goedere tot stand kan kom waardeur sosio-ekonomiese omstandighede verbeter kan word. Tweedens, plaaslike vissers verval in armoede omdat hulle beperk word om welvaart te skep. Derdens, plaaslike vissers kan hulle vermoë om welvaart te skep om armoede te oorkom, verbeter deur die geleenthede uit te brei vir hulle om relevante vaardighede, doeltreffende produksiekragte en vissery-infrastruktuur, formele finansiële krediet en versekeringsdienste te bekom en te gebruik. Vierdens, die meeste vermoënde agente en belanghebbendes wat in staat is tot pro-arm optrede in die visserysektor sou daartoe gemotiveer kon word deur institusionele en professionele verpligtinge na te kom, deur by te dra tot moontlike goeie gevolge en moontlike slegte gevolge in die lewe van plaaslike vissers, die visserysektor, hulle eie organisasies en die samelewing te voorkom, en deur sorgsaamheid vir, respek teenoor en solidariteit met die plaaslike vissersgemeenskap te openbaar. Op grond van wat die deelnemers openbaar het oor dit waaraan hulle waarde heg, asook wat hulle graag sou wou bereik in die deel van die visserysektor waarby hulle betrokke is, is 'n alternatiewe ontwikkelingsetiek geformuleer, te wete die Sufficient Capabilities and Wealth Ethic (SUCAWE). Die SUCAWE bied insiggewende en bemagtigende morele hulpbronne vir self-bestuur, asook vir die bestuur van 'n verskeidenheid van agente en belanghebbendes betrokke by die skepping van welvaart en die bekamping van armoede.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Ukerewe District (Tanzania), Ukerewe District (Tanzania) -- Fishing sector, Applied ethics methodology -- Ukerewe District (Tanzania) -- Case study, UCTD
Citation