Hou aan hernuwe
(2013-10)
Article
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die USB PhD-alumnus dr Ferdie Lochner is ’n voorstander van tegnologiebestuur en innovasie. As hoof: IT-finansies en innovasieleier by die Stad Kaapstad help hy ook om innovasie regoor die stadsadministrasie en die stadsgemeenskap te bevorder. Na-ure doen hy pro bono-werk, help met sake-opleiding en lewer tegnologiebestuurdienste. Hy het ’n tydjie afgeknyp om met Cherice Smith te gesels.