'n Taalkundige kyk na glossariums in literere vertaalprodukte

Date
2015-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
INLEIDING: Dit was heelwat makliker gesê as gedaan om die meer strukturele onderbou van die taalkunde te kombineer met die moderner bewegings in die vertaalteorie. Die taalkunde skakel ook nie noodwendig altyd naatloos met die vertaalteorie nie omdat ’n baie groot deel van die vertaalteorie deesdae literêre teorieë insluit. Nog ’n rede is dat daar ’n beweging weg van bronteksgeoriënteerde na doelteksgeoriënteerde vertaalteoretiese modelle was. Laasgenoemde tipe modelle het meestal ’n skerper fokus op die ontvangs van die vertaalde teks in die doelkultuur en die rede waarom die teks hoegenaamd vertaal is; die navorsing is met ander woorde sterker ideologie-krities van aard. Daarteenoor was die bronteksgeoriënteerde modelle veel meer gemoeid met die wyse waarop die teks vertaal is, byvoorbeeld tot watter mate wyk die doelteks van die bronteks af en hoe verskil die doeltaal van die brontaal. Ek wil nie een van hierdie benaderings gebruik nie, maar eerder kyk of die meer strukturele taalkundige benadering wel ’n bydrae kan lewer tot die vertaalpraktyk en vertaalteorie. Sodoende kan ek al drie velde betrek waarin ek navorsing doen en wat ek onderrig. Een aspek binne die vertaalteorie wat my deesdae veral interesseer, is probleme wat binne die veld ontstaan as gevolg van inkonsekwente, onduidelike en ongedefinieerde terminologie.
Description
CITATION: Feinauer, I. 2015. 'n Taalkundige kyk na glossariums in literêre vertaalprodukte, Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, April 2015.
Intreerede van Prof I. Feinauer, 30 April 2009, Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch.
Keywords
Translating and interpreting, Language and languages, Literature -- Translations
Citation