Alternatiewe benaderings ten opsigte van feitelike kousaliteit in die deliktereg

Date
2013-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
In Lee v Minister of Correctional Services is die eiser tydens sy aanhouding in die Pollsmoorgevangenis met tuberkulose (TB) geïnfekteer. Hy beweer dat die verweerder se werknemers op nalatige wyse versuim het om die bestaande gesondheidsmaatreëls toe te pas, welke versuim op onregmatige wyse sy infeksie veroorsaak het, en hy stel gevolglik ’n skadevergoedingseis teen die verweerder in. Weens die besondere aard van ’n TB-infeksie is dit onmoontlik om die bron daarvan te identifiseer en bygevolg op oorwig van waarskynlikheid te bewys dat die nalatige versuim van die tronkowerhede die die feitelike oorsaak van die eiser se skade is. Tog bevind die verhoorhof en die konstitusionele hof dat daar wel ’n kousale verband tussen die eiser se skade en die verweerder se nalatige versuim was. Die konstitusionele hof bevind voorts dat al die elemente van ’n delik deur die eiser bewys is en stel die verweerder deliktueel aanspreeklik. Die feite van hierdie saak illustreer die kompleksiteit wat die kousaliteitsvraag soms kan binnedring asook die uitdagings wat die gemeenregtelike conditio sine qua non- of but for-toets vir feitelike kousaliteit in uitsonderlike feitegevalle moet trotseer.
Description
CITATION: Wessels, B. 2013. Alternatiewe benaderings ten opsigte van feitelike kousaliteit in die deliktereg. LitNet Akademies, 10(3):68-112.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Burden of proof, Torts -- South Africa, Causation (Criminal law) -- South Africa, Liability (Law) -- South Africa
Citation
Wessels, B. 2013. Alternatiewe benaderings ten opsigte van feitelike kousaliteit in die deliktereg. LitNet Akademies, 10(3):68-112.