'n Leksikografiese model vir 'n elektroniese tweetalige grondslagfasewoordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans

Date
2013-03
Authors
Fourie, Hanelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study proposes a concept model for an electronic bilingual dictionary of sign language and Afrikaans (or English, or any other spoken language) that can be applied in practice by the De la Bat School for the Deaf in Worcester – or any school of similar organisation – to compile a bilingual dictionary in which it is not only possible to look up a sign via a written word but also to look up a sign even if the user does not necessarily know the written equivalent. This is important as it will mean that, for the first time in South Africa, a Deaf user would not have to be literate in any written language to use a dictionary in his or her own language. At the same time a hearing user would be able to look up a sign of which the meaning is unknown, for example when a sign is noticed in a conversation or an unknown context. The sign language dictionaries currently available in South Africa are little more than alphabetically arranged (or sometimes thematically arranged) lists in which the written language offers the only access to the content. As per introduction the first four chapters provide general discussions of sign language, the Deaf in South Africa, lexicography and sign language dictionaries. The discussions which follow in the remaining chapters focus on the decisions which have to be made in terms of the proposed dictionary’s content and design. These chapters contain recommendations regarding equivalent relations between sign language and Afrikaans, several outer texts which could be included in the frame structure, the characteristics of the electronic database from which the dictionary will be generated, as well as decisions that have to be made about the microstructure. In the last chapter the lexicographic model for an electronic bilingual Foundation Phase dictionary of South African Sign Language and Afrikaans is provided with complete examples.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie stel 'n konsepmodel voor vir 'n elektroniese tweetalige woordeboek van gebaretaal en Afrikaans (of Engels, of enige ander gesproke taal) wat deur die De la Bat Skool vir Dowes in Worcester – of enige ander skool of soortgelyke instansie – in die praktyk aangewend sou kon word om 'n tweetalige woordeboek saam te stel waarin dit nie slegs moontlik is om 'n gebaar via 'n geskrewe woord op te soek nie, maar ook om 'n gebaar op te soek sonder dat die gebruiker noodwendig die geskrewe ekwivalent ken. Dit is belangrik aangesien dit die eerste keer in Suid- Afrika sal beteken dat 'n Dowe gebruiker nie in enige geskrewe taal geletterd hoef te wees om 'n woordeboek in sy of haar eie taal te gebruik nie. Terselfdertyd sal 'n horende gebruiker wat gebaretaal leer in staat wees om 'n gebaar op te soek waarvan die betekenis onbekend is, soos wanneer 'n gebaar in 'n gesprek of onbekende konteks opgemerk word. Die gebaretaalwoordeboeke wat op die oomblik in Suid-Afrika bestaan, is weinig meer as alfabetiese (of soms tematiese) lyste waarin die geskrewe taal die enigste toegang tot die inhoud bied. Ter inleiding word algemene besprekings van gebaretaal, Dowes in Suid-Afrika, leksikografie en gebaretaalwoordeboeke in die eerste vier hoofstukke verskaf. Die besprekings wat in die hoofstukke daarop volg, fokus in meer besonderhede op die besluite wat t.o.v. die voorgestelde woordeboek se inhoud en ontwerp gemaak moet word. Dié hoofstukke bevat aanbevelings rakende ekwivalentverhoudings tussen gebaretaal en Afrikaans, verskeie buitetekste wat in die raamstruktuur gebruik sou kon word, die eienskappe van die elektroniese databasis waaruit die woordeboek gegenereer word asook besluite wat oor die mikrostruktuur geneem moet word. In die laaste hoofstuk word die leksikografiese model vir 'n elektroniese tweetalige grondslagfasewoordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans met volledige voorbeelde uiteengesit.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Lexicography, Sign language -- Dictionaries, Electronic dictionaries, Sign language and Afrikaans, Dissertations -- Translation studies, Theses -- Translation studies
Citation