Die familie-lewe van die Kleurling : met 'n noukeurige ondersoek van die Stellenbosche Kleurling familie

Date
1933
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Stel 'n persoon homself ten doel om een of ander aspek van die Kleurlingbevolking van Suid-Afrika te behandel, dan verrys die vraag al dadelik: wat moet in werklikheid onder die benaming "Kleurling" of "Kaapse Kleurling" verstaan word. Om 'n regte perspektief te kry oor 'n bepaalde aspek van die Kleurlinggemeenskap is dit nodig om eers vas te stel wat ons onder genoemde terme moet verstaan, en hiertoe is 'n oorsig van die vormingegeskiedenis van daardie geslag noodsaaklik. Met hierdie historiese oorsig van die ontstaan van die Kleurlingbevolking in Suid-Afrika as agtergrond sal ons daartoe kan oorgaan om die Kleurlingfamilie - die miniatuur van die gemeenskap - van nader te besien. In 1652 land Jan van Riebeeck en sy kleine geselskappie aan die Cabo de Bona Esperance om hier 'n halfwegstasie te stig. Voor hierdie tyd het drie inboorling rasse verstrooid gewoon oor die sub-kontinent van Afrika; met die koms van van Riebeeck maak die blanke Europeƫr sy permanente verskyning alhier as vierde ras.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1933.
Keywords
Families -- South Africa, Colored people (South Africa) -- South Africa -- Stellenbosch, Colored people (South Africa) -- Social life and customs, Dissertations -- Sociology, UCTD
Citation