Rekenaargesteunde instelling van gekoppelde-resoneerderfilters deur die gebruik van modelgebaseerde parameteronttrekking

Date
2002-03
Authors
Van der Colff, A. P. E.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The tuning of coupled-resonator filters is an essential part of its production. It is, however, a time consuming and expensive process. The use of model-based parameter extraction algorithms as a semi-automated tuning procedure is examined. This thesis describes the development of such a procedure. Different models for the filter are compared. The extraction algorithm is based on the least squares method. A more robust procedure is presented which makes the parameter extraction possible, without the availability of good starting values. The algorithm is evaluated using a fourth order single mode direct coupled cavity filter with a centre frequency of 10GHz. The algorithm produces good results and makes the tuning of this type of filter possible in an effective way. It also allows for the diagnosis of the filter, which is a great advantage over the more conventional direct tuning methods.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die instelling van gekoppelde-resoneerderfilters is ’n essensiele deel van die vervaardiging daarvan. Dit is egter ’n tydsame en duur proses. Die gebruik van modelgebaseerde parameteronttrekking as ’n semi-geoutomatiseerde instellingsproses is ondersoek. Hierdie tesis beskryf die ontwikkeling van so ’n prosedure. Verskillende modelle vir die filter is vergelyk. Die onttrekkingsalgoritme is gebaseer op die kleinste-kwadraatmetode. ’n Meer robuuste metode word voorgestel wat die parameteronttrekking moontlik maak, sonder dat daar goeie beginwaardes beskikbaar is. Die algoritme word geevalueer aan die hand van ’n vierde orde enkelmodus direkgekoppelderesoneerderfilter met ’n senterfrekwensie van 10GHz. Die algoritme lewer goeie resultate en maak die instelling van hierdie tipe filter moontlik op ’n effektiewe wyse. Die metode kan ook gebruik word vir die diagnose van die filter wat ’n groot voordeel is bo meer konvensionele direkte instellingsmetodes.
Description
Thesis (MEng) -- Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Microwave filters, Dissertations -- Electronic engineering, Coupled-resonator filters tuning
Citation