Inclusive education for learners with Down syndrome : the role of the educational psychologist

Date
2002-03
Authors
Newmark, Rona
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: no abstract available
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie bestudeer die rol wat die opvoedkundige sielkundige kan speel in die ondersteuning van leerders met Downsindroom tydens die insluiting tot hoofstroomonderwys. Die studie vind plaas in 'n tydperk waar postmoderne denke en demokratisering van onderwys in Suid-Afrika te voorskyn kom. Hierdie tipe studie is relevant. aangesien huidige beleidsdokumente klem Ie op die demokratisering van onderwys en die transformasie na inklusiewe onderwys. Die Universiteit van Pretoria het in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch 'n lootsprojek geinisieer waarin inklusiewe onderwys bestudeer is. Die projek het bestaan uit 'n gevallestudie van tien leerders met Downsindroom wat gedurende 1996 in verskillende hoofstroom kleuterskole geplaas is, waartydens hulle 'n leergereedheidsprogram gevolg het. Gedurende 1997 is die leerders in graad eenklasse in die hoofstroom geplaas. Die leerders se agtergrond was divers ten aansien van hul onderrig, maar die meeste van hulle was eers in spesiale skole. Die doel van die studie was om die leerders, ouers en onderwysers te ondersteun en verdere ondersteuning in a trans-disslplinere span te koordineer. Die waarneming en temas wat in hierdie studie na yore gekom het, beklemtoon dat diagnose, evaluasie en terapeutiese ondersteuning binne 'n ekosistemiese raamwerk belangrik is vir leerders met Downsindroom wat in die hoofstroom geplaas word. Die konsep van holistiese gesondheidsontwikkeling word beklemtoon in die transformasie van onderwys in Suid-Afrika. Opvoedkundige sielkundiges moet hulself dus ook strategies posisioneer. Gedurende die studie is die volgende rolle vir die opvoedkundige sielkundige ge"identifiseer: psigoterapeut, assessor/evalueerder, fasiliteerder, navorser/reflektiewe praktisyn, vakspesialis, konsultant, bestuurder en administratiewe rol en laastens die rol van ontwikkelingsfasiliteerder. Dit is ook belangrik dat die opvoedkundige sielkundige die rol as fasiliteerder van geestesgesondheid vertolk.
Description
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002.
Page ii of digitised copy missing due to the condition of the original hard copy.
Keywords
Inclusive education, Mainstreaming in education, Children with disabilities -- Education, Down syndrome -- Patients -- Education, Educational psychology, Dissertations -- Education, Theses -- Education
Citation