Job evaluation in the provincial government of the Western Cape

Date
2010-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The democratisation of South Africa on 27 April 1994 marked the beginning of a new era for South Africans in all spheres of society. The new democratic Government of the Republic of South Africa faced numerous challenges, including the transformation of the South African Public Service into a non-discriminatory organisation for both citizens and employees. The pre-1994 South African Public Service functioned as a centralised driven system that negatively discriminated against non-white employees in terms of financial rewards resulting in salary differences between white and non-white employees. The promulgation of the new legislative framework of deconcentration had resulted in the centralised driven South African Public Service system becoming obsolete as it was incompatible with the democratic Government’s vision. The transformation of the South African Public Service was supported through legislation and various directives simultaneously focusing on service delivery improvement as well as implementing new internal systems to address discriminatory practices. The implementation of the EQUATE job evaluation programme within the new legislative framework of deconcentration marked the beginning of a new era of grading post in the Public Service. It had brought an end to the unfair salary differentiation in the Public Service. To render public services effectively and efficiently is a legislative requirement. Political and administrative leaders are responsible for ensuring that both external and internal services are rendered optimally through improvement interventions. In the Provincial Government of the Western Cape (PGWC), the Department of the Premier renders a job evaluation service to all provincial departments to ensure internal consistency in terms of grading of posts. The purpose of this study is to evaluate the current process of evaluating posts in the PGWC and subsequently to formulate recommendations to improve the process. The study concludes with a set of recommendations which include amongst others the following: • The devolvement of the job evaluation function to the provincial departments enabling them to conduct their own departmental job evaluations. • The creation of a Job Evaluation Unit in every provincial department. • That the proposed Process Model of evaluating posts in the provincial departments be considered. • It is the responsibility of the Directorate Organisation Development Interventions in the Department of the Premier to co-ordinate the job evaluation process in the Provincial Government of the Western Cape.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die demokratisering van Suid-Afrika op 27 April 1994 was die begin van ‘n nuwe era vir Suid-Afrikaners op alle vlakke van die samelewing. Die demokratiese Regering van die Republiek van Suid-Afrika het verskeie probleme in die gesig gestaar wat onder andere die transformasie van die Suid-Afrikaanse Staatsdiens ingesluit het. Die Staatsdiens moes verander word na ‘n diens wat nie diskrimineer teen nie-blanke burgers of werknemers nie. Die Suid-Afrikaanse Staatsdiens voor 1994 het gefunksioneer as ‘n gesentraliseerde sisteem en het negatief gediskrimineer teen nie-blanke werknemers in terme van besoldigingspakkette wat aanleiding gegee het tot verskille in besoldigingsvlakke. Die promulgering van die nuwe regulatoriese raamwerk van dekonsentrasie het meegebring dat die gesentraliseerde benadering in onbruik verval het, omdat dit teenstrydig was met die visie van ‘n demokratiese Regering. Die transformasie van die Suid-Afrikaanse Staatsdiens is ondersteun deur verskeie wetgewing en mandate wat gefokus het op sowel die verbetering van dienslewering aan burgers as die implementering van nuwe interne sisteme om diskriminerende praktyke aan te spreek. Die implementering van die EQUATE posevalueringsprogram binne die nuwe regulatoriese raamwerk van dekonsentrasie was die begin van ‘n nuwe era van posgradering in die Staatsdiens. Dit het ‘n einde gebring aan die onregverdige besoldigingsvlakke in die Staatsdiens. Die lewering van doelmatige en doeltreffende openbare dienste is ‘n wetlike vereiste. Politieke en administratiewe hoofde is daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat alle dienste, intern en ekstern, optimaal gelewer word deur gebruik te maak van verskeie verbeteringsintervensies. Die Departement van die Premier in die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap (PRWK) is verantwoordelik vir die lewering van die posevalueringsdiens aan alle provinsiale departemente ten einde konsekwentheid in terme van posgradering te verseker. Die oogmerk van die studie is om die huidige posevalueringsproses in die PRWK te evalueer om sodoende aanbevelings te doen om die proses te verbeter. Die studie is saamgevat met aanbevelings wat onder andere die volgende insluit: • Die afwenteling van die posevalueringsfunksie na elke provinsiale departement; sodat elke departement self verantwoordelik is vir departementele posevaluering. • Die skepping van ‘n Posevaluering Eenheid binne elke provinsiale departement. • Die voorgestelde Proses Model vir die evaluering van poste binne provinsiale departemente oorweeg word. • Die verantwoordelikheid van die Direktoraat Organisasie Ontwikkeling Intervensies in die Departement van die Premier vir die koördinering van die posevalueringsproses binne die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap.
Description
Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Job-evaluation -- South Africa -- Western Cape, Local government employees -- South Africa -- Western Cape -- Rating of, Civil service -- Personnel management -- South Africa -- Western Cape, Dissertations -- Public management and planning, Theses -- Public management and planning
Citation