Ontwikkeling van 'n driedimensionele netwerkmodule vir optimale roetebepaling

Date
2001-12
Authors
Van Lill, S. W. P. (Schalk Willem Petrus)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A shortest or most economical route can easily be determined by using a geographical information system (GIS). Unfortunately, most systems compute distances in two dimensional space. As computer-technology moves towards three dimensional applications, it is essential that GIS keeps up with this trend. In this research, the network module of Arc View (using Avenue) is customized, so that topographical slope is considered in determining the shortest or most economical route. Two buttons were added to the normal Arc View interface. By doing it this way, the user has the full functionality of Arc View, as well as the use of the new application. One button initiates a dialogue for capturing the economic parameters (fuel efficiency, oil usage, tyre usage, maintenance costs and capital costs) of a vehicle. The other button selects a route network and uses a vehicle's economic parameters (as determined by the user) to calculate a most economical route. This thesis describes the procedure, logic and methodology followed in adding a most economical route-selection function to Arc View. It also demonstrates the importance of incorporating three dimensional space for determining a most economical route. The new function currently calculates a most economical route, based on vehicle running costs for Heavy Goods Vehicles (HGV's). The application performs satisfactorily, but there is scope for further development and refinement, both of the economical formulae for computing costs as well as of the graphic user interface (GUl). The flexibility of the system can be enhanced by providing for additional classes of vehicles.
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Kortste of mees ekonomiese ritroete kan maklik met behulp van 'n GIS (Geografiese Inligtingstelsel) vasgestel word, maar die meeste stelsels bereken afstande in 'n plat vlak (in twee-dimensionele ruimte). Soos die rekenaartegnologie ontwikkel, word meer drie-dimensionele ruimtelike toepassings geskep, dus moet GIS-tegnologie ook toenemend die derde dimensie inkorporeer. In hierdie navorsing is Arc View se netwerk module met Avenue aangepas dat dit topografiese helling outomaties inreken by die bepaling van 'n kortste of mees ekonomiese roete. Twee knoppies is tot die normale Arc View koppelvlak bygevoeg. Deur dit so te doen, het die gebruiker toegang tot die volle funksionaliteit van Arc View en dié van die nuwe funksie. Een knoppie inisieer die koppelvlak waarmee die ekonomiese parameters (brandstof verbruik, olie verbruik, band verbruik, kapitaal koste en onderhoudskoste) van 'n voertuig opgestel word. Die ander knoppie selekteer 'n padnetwerk en gebruik 'n voertuig se ekonomiese parameters (soos gedefinieer deur die gebruiker) om 'n mees ekonomiese roete vas te stel. Hierdie tesis beskryf die prosedures, logika en metodologie waarvolgens die nuwe roeteseleksie funksie by Arc View geïnkorporeer is. Dit het ook gedemonstreer dat dit noodsaaklik is om drie-dimensionele ruimte by die bepaling van 'n mees ekonomiese roete in te sluit. Die nuwe funksie bepaal tans 'n ekonomiese roete gebaseer op die voertuig-loopkoste van swaarvoertuie. Dit funksioneer bevredigend, maar daar is steeds moontlikhede vir verdere ontwikkeling en verfyning, beide van die ekonomiese kosteberekeningsformules en die gebruikers-koppelvlak. Deur ook vir ander klasse voertuie voorsiening te maak kan die plooibaarheid van die stelselook uitgebrei word.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
ArcView, Geographic information systems, Route choice -- Data processing, Dissertations -- Geography and environmental studies, Theses -- Geography and environmental studies
Citation