The medical profession in a transforming South Africa society : ideals, values and role

Date
2000-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Medicine in our country is under severe stress, brought about by internal and external forces that need a response from the medical profession. The profession's attempts and response will fall short unless the profession itself is aligned with the new social ethos and the responses are based on the profession's inherent values. Problem Statement: Medical doctors have always been highly valued in society because of the duty they have when illness and disease set in. As individuals, doctors have fulfilled other important roles in the communities where they work. These include giving advice to young people on career choices, counseling on various matters and provision of material help where there is need. This profession has for a long time been shrouded in mystery, being a trade learnt by a few. All these factors contributed to their social standing increasing phenomenally. There is a view that this has also led to public perceptions that doctors are the rich untouchable elite who have no interest or are unconcerned about problems faced by society. The medical profession faces a challenge that is more significant because of the value placed on it by society. The numerous submissions by the victims of human rights abuses to the Truth and Reconciliation Commission have cast a shadow of doubt on the medical profession for its complicity in these acts. The present government has declared transformation of health care as one of its top priorities. The response of the medical profession to this initiative has so far not led to any significant changes of public perception that the profession is unwilling to participate in the transformation of our society. The challenge and subject of discussion in this thesis therefore is: "What is the ideal role of the medical profession in a transforming South African society?" The medical profession, being the nerve centre of health care, has a big responsibility in social transformation. Doctors stand accused as a collective for failing to protect the human rights of patients and not living up to the standards of ethics required of them when patients' rights were violated. The Truth and Reconciliation Commission record of the hearings into the role of the professional organisations in health is used in this thesis to illustrate how serious society views the medical profession's role in the human rights abuses of the past. Based on the T. R. C's report and the assumption that society traditionally places high value on the medical profession, I conducted a survey among South African doctors to test their attitudes towards a range of policy and transformational issues. The unit of analysis was the medical doctors who are in active practice in South Africa in whatever mode of practice. The survey sought to explore the awareness of the respondents about a range of transformation policy changes and invite their comments on the role that they envisage for the medical profession in the process of transformation of society. There is unfortunately scarcity or a lack of applicable South African literature on this topic thus limiting local material for referencing. The search of international literature only yielded the subject of the study of professional values and not necessarily the role of a medical profession in a transforming society. The medical profession has to re-visit its foundations, analyse its history and map out its future in the context of the South African realities. It must find a way of aligning itself with the new ethos and diverse cultures South Africa possesses. Medicine has its own traditional goals and values derived and adapted from society's diverse cultural value systems. With its national and international networks, the inherent knowledge and skills that it possesses, guided by an ethical code, the Hippocratic Oath that serves as a public promise, it influences policy on the country's health care system - a mechanism that government uses to provide a basic human need. The medical profession therefore has to be responsive to the needs of society as much as society needs to support the profession. This thesis explores the role that the profession should play in a transforming South African society. The argument is that this can only be done through the profession examining its values and aligning itself with broader societal value systems, the moral and social norms. It is further argued that visible realistic commitment by the profession to public health will lead to an improvement in its public image. It is the actions or non-actions of the majority that the public notices. The majority of respondents to the survey have indicated that they approve of the transformation policies in health but that they may differ in the way they were introduced.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die geneeskunde in ons land is onder geweldige druk as gevolg van interne en eksterne faktore en dit is nodig dat die mediese beroep reageer. Dit sal die beroep egter nie help om te reageer indien sy lede hulle nie met die nuwe maatskaplike etos vereenselwig nie en die reaksie op die inherente waardes van die mediese beroep geskoei word nie. Probleemstelling Mediese dokters is nog altyd baie hoog geag deur die gemeenskap as gevolg van die verpligting wat hulle het om na mense om te sien wanneer hulle siek word. In hulle individuele hoedanigheid het dokters ook ander belangrike bydraes tot hulle gemeenskappe gelewer. Dit sluit in: advies aan jong mense oor loopbaankeuses, berading en die verskaffing van finansiele hulp waar nodig. Die beroep as sulks was egter vir baie lank ietwat van 'n misterie omdat dit 'n vakrigting is waarin baie min mense hulle kon bekwaam. Al hierdie faktore het die maatskaplike aansien/waarde van dokters geweldig verhoog. Daar is ook diegene wat van mening is dat hierdie faktore aanleiding gegee het tot die openbare mening dat dokters 'n ryk en onaantasbare elite is en glad nie in die probleme van die gemeenskap belangstel nie. Die etlike voorleggings deur die slagoffers van menseregtevergrype aan die Waarheids- en Versoeningskommissie het ook vrae rondom die beroep se betrokkenheid by sodanige gevalle laat ontstaan. Die huidige regering het die transformasie van gesondheidsorg as een van sy grootste prioriteite verklaar. Die reaksie van die beroep hierop het tot dusver nie tot enige noemenswaardige veranderinge in die openbare mening dat dokters nie bereid is om aan die transformasie van ons gemeenskap deel te neem gelei nie. Wat is die ideale rol van die mediese beroep in die transformasie van die Suid- Afrikaanse gemeenskap? As die senusentrum van gesondheidsorg het die mediese beroep 'n groot verantwoordelikheid in maatskaplike transformasie. Dokters word kollektief beskuldig dat hulle nagelaat het om die menseregte van pasiente te beskerm en nie voldoen het aan die nodige etiese standaarde wat van hulle verwag word in die tyd toe pasienteregte geskend is nie. Die rekord van die verhore van die Waarheids- en Versoeningskommissie oor die rol van professionele gesondheidsorganisasies is vir die doeleindes van hierdie tesis gebruik om te illustreer hoe ernstig die gemeenskap voeloor die mediese beroep se rol in die menseregte vergrype van die verlede. Gegrond op die WVK-verslag en die aanname dat die gemeenskap die mediese beroep hoog ag, het ek 'n meningsopname onder 300 Suid-Afrikaanse dokters gedoen om hulle houding jeens 'n aantal beleids- en transformasiekwessies te toets. Die eenheid van analise was mediese dokters wat in die aktiewe praktyk staan, ongeag hulle praktykgebied. Die opname het gepoog om te bepaal wat die vlak van bewustheid by die respondente oor 'n aantal beleidsveranderinge gerig op transformasie is, en hulle uit te nooi om kommentaar te lewer op die rol wat hulle meen die mediese beroep behoort in die proses te speel. Ongelukkig is daar nie toepaslike Suid-Afrikaanse literatuur oor die onderwerp beskikbaar me. 'n Internasionale literatuursoektog het net studies rondom waardes opgelewer, en nie oor die rol van 'n mediese beroep in die transformasie van 'n gemeenskap nie. Die mediese beroep moet die grondslag van sy wese in oenskou neem, die geskiedenis analiseer en sy toekoms in die konteks van die Suid-Afrikaanse realiteite uitstippel. Die beroep moet 'n manier vind om homself met die nuwe etos en uiteenlopende kulture van Suid-Afrika te vereenselwig. Die geneeskunde het sy eie tradisionele doelwitte en waardes gekry en aangepas vanuit die uiteenlopende kulturele waardestelsels van die gemeenskap. Deur middel van sy nasionale en internasionale netwerke, inherente kennis en vaardighede, die leiding van 'n etiese kode, die Eed van Hippokrates wat as 'n belofte aan die publiek dien, beinvloed die mediese beroep die land se gesondheidsorgstelsel - 'n meganisme van die regering om in 'n basiese menslike behoefte te voorsien. Die mediese beroep moet daarom ingestel wees op die behoeftes van die gemeenskap in dieselfde mate as wat die gemeenskap die beroep behoort te ondersteun. Hierdie tesis ondersoek die rol wat die mediese beroep behoort te vervul in 'n Suid-Afrikaanse gemeenskap waar transformasie besig is om plaas te vind. Daar word geargumenteer dat dit net gedoen kan word indien die beroep sy waardes ondersoek en hom met die breer maatskaplike waardestelsels vereenselwig. Daar word verder geargumenteer dat 'n sigbare realistiese verbintenis van die mediese beroep tot openbare gesondheid tot die verbetering van sy openbare beeld sal lei. Dit is die optrede of nie-optrede van die meerderheid wat die publiek raaksien. Die meerderheid respondente in die meningsopname het aangedui dat hulle die transformasiebeleid vir gesondheid ondersteun, maar dat hulle verskil van die wyse waarop dit in werking gestel is.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2000.
Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy.
Keywords
Medicine -- South Africa, Medical care -- South Africa, Physicians -- South Africa, Medical ethics -- South Africa, Social medicine -- South Africa, Dissertations -- Economics
Citation