'n Ondersoek na die persoonlikheidstipes van 'n groep jeugleiers

Date
2000-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In South Africa effective leadership is an important priority in all walks of life. With the implementation of Curriculum 2005, greater emphasis is placed on the development of leadership skills to prepare learners for leadership demands in adult life. In order to do this one must firstly create leadership opportunities. Secondly it is important to convey the knowledge and skills necessary for the optimum fulfillment of their roles as leaders. Personality types and preferences as well as the strengths and weaknesses of the leader and other group members can be utilized to enhance teamwork and improve leadership. The empirical investigation comprised the determination of the personality types of the research group as well as leadership positions held by them during their school careers, and the leadership skills perceived as important by them. Fifty youth leaders, representative of head boys and head girls in former model C schools, who attended the conference for youth leaders annually hosted by Die Burger, were used as the investigation group. For the purpose of this research the Myers-Briggs Type Indicator (MBTI®), Form G, was used. The MBTI® is based on Carl Jung's theory of personality types. The most important findings of the study are that trends exist in the personality types that were reported by the youth leaders. The dominant personality type preference of the youth leaders was ESTJ. This shows a preference for extroversion (E), sensing (S), thinking (T) and judging (J). Good interpersonal relationships, listening skills and high moral values were identified as the most important characteristics for effective leadership. The implications for leadership development, emanating from the knowledge of the personality types and preferences of the youth leaders, are discussed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika is effektiewe leierskap op alle vlakke van die samelewing 'n belangrike prioriteit. Ook in die opvoedingsituasie word daar met die implementering van Kurrikulum 2005 groter klem geplaas op die ontwikkeling van leierskapsvaardighede om leerders voor te berei vir leierskapseise wat in hulle volwasse leeftyd gestel gaan word. Om dit te kan doen moet daar in die eerste plek geleenthede geskep word waartydens die leerders leierskap kan beoefen en tweedens is dit belangrik dat kennis en vaardighede wat die leerder kan help om sy rol as leier so suksesvol moontlik te vervul, aan hom oorgedra word. Kennis oor die leier en ander groeplede se persoonlikheidstipes en voorkeure asook elkeen se sterkpunte en leemtes kan suksesvol benut word om groepsamewerking te verbeter en sodoende suksesvolle leierskap te bevorder. Die empiriese gedeelte van die ondersoek het die vasstelling van die ondersoekgroep se persoonlikheidstipes, die leierskapsposisies wat deur hulle beklee is gedurende hulle skoolloopbaan asook die leierskapseienskappe wat deur die betrokke leerders as belangrik geag is, behels. 'n Ondersoekgroep van 50 jeugleiers, bestaande uit 'n seleksie van hoofseuns en -meisies in die vorige Model C skole wat Die Burger se jaarlikse jeugleierskonferensie bygewoon het, word by hierdie navorsing betrek. Vir die doel van hierdie ondersoek word gebruik gemaak van die Myers-Briggs Type Indicator (MBTI®), vorm G. Die MBTI® is gebaseer op Carl Jung se persoonlikheidsteorie. Die belangrikste bevindinge van die ondersoek is dat daar tendense bestaan in die persoonlikheidstipes wat meer algemeen by jeugleiers voorkom. Die oorwegende persoonlikheidstipevoorkeur wat by die jeugleiers voorgekom het, was ESTJ. Dit dui 'n voorkeur vir ekstroversie(E); sintuiglike waarneming (S); denke (T) en beoordeling (J) aan. Goeie luistervaardighede en hoë morele waardes is as die belangrikste eienskappe vir effektiewe leierskap geïdentifiseer. Die implikasies vir die leierskapsontwikkeling van leerders wat voortspruit uit die kennis van leiers se persoonlikheidstipe en -voorkeure, word bespreek.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Typology (Psychology), Personality, Myers-Briggs Type Indicator, Dissertations -- Education
Citation