Die ontstaan van die metaforiese perspektief op kuns, waarheid en betekenis : 'n herwaardering van die moderne artistieke praktyk

Date
1999-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: This study is a re-appreciation of modem artistic practice. The motivation for this is, however, more deep-seated than merely nostalgia for modem art. On the one hand, it is founded in the conviction that the way we construct and appreciate the past fundamentally affects our future and, on the other, it is seated in the belief that there is something seriously wrong with the popular argument that modem artistic practice was totalizing. It is my view that representatives of this argument tend to forget the accomplishments of modem artistic practice. How it created free space for experimental, imaginative, future-orientated dissident metaphoric creation. How it placed emphasis on aesthetic joy, and how it created space for self-development. My primary motivation for a re-appreciation of modem artistic practice was to keep this joyful, detotalizing, metaphoric field open and to open it even further. To accomplish this I had to take the risk of philosophically analysing the argument of whether modem artistic practices had a totalizing social effect or not. A critical study of the philosophical texts of Kant, Hegel, Nietzsche, Heidegger and Derrida that has as subject art, artistic criticism and the relationship between art and society was undertaken. One of the'ยท leading questions was if and how art fulfils a role in changing perceptions pertaining to truth and meaning. The most important philosophical question was thus the ground, limits and conditions of the claims we make about art, truth and meaning. In an effort to accomplish this, my study worked in the area of the so-called modern/post-modem debate. Here the specific question asked was whether the "post-modem" view that modem art was totalizing and inhibiting is tenable. The most significant conclusion of this study is that art, through the use of metaphor, fulfils a fundamental role in bringing about truth and meaning. What is also of importance, however, is that this metaphorical perspective on art, truth and meaning is in fact an accomplishment of modernity. Contrary to the popular view that modernity held only a totalizing, correspondence view of art, it is thus shown how modernity in fact set forth a metaphorical perspective. From the work done in this thesis, I come to the conclusion that modem artistic practice did not have a totalizing social effect and that it should receive appreciation for the current detotalizing, metaphorical perspective on truth and meaning.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit gaan in hierdie studie om In herwaardering van die modeme artistieke praktyk. Die motivering hiervoor is egter ge1ee in veel meer as net 'n oppervlakkige nostalgie vir modemiteit. Dit grond enersyds in die uitgangspunt dat die wyse waarop ons die verlede konstrueer en waardeer van fundamentele be lang is vir die toekoms wat ons vir onsself voorsien, en andersyds in my aanvoeling dat iets emstigs haper aan die populere argument dat die modeme artistieke praktyk totaliserend was. Myns insiens vergeet die woordvoerders van hierdie argument van die winste van die modeme kunspraktyk: van die vrye ruimte wat dit vir eksperimentele, verbeeldingryke en toekomsgerigte dissidente metaforiese uitdrukking geskep het, van die klem wat dit op estetiese genot geplaas het, en van die ruimte wat dit vir selfontplooing geskep het. My belangrikste motivering vir In herwaardering van die modeme artistieke praktyk was dus om hierdie genotvolle, detotaliserende, metaforiese speelveld te probeer oophou, en verder oop te maak. Om dit te vermag, moes ek In risiko loop, naamlik om die argument dat die modeme artistieke praktyk 'n totaliserende sosiale uitwerking gehad het, aan filosofiese analise te onderwerp. 'n Kritiese literatuurstudie van die filosofiese tekste van Kant, Hegel, Nietzsche, Heidegger en Derrida wat handel oor kuns, kunskritiek en die wisselwerking tussen die kuns en die samelewing, is in hierdie verband gedoen. Een van die leidende vrae was of en hoe die kuns 'n rol in veranderende persepsies aangaande waarheid en betekenis speel. Die belangrikste filosofiese probleem wat dus ondersoek is, is die grond, grense en voorwaardes van die aansprake wat ons ten opsigte van kuns, waarheid en betekenis kan maak. Om hierdie taak te vermag, is daar in hierdie studie oorwegend in die kader van die modeme/postmodeme debat gewerk. In die besonder was die vraag wat aan die orde gestel is, of die "postmodeme" opvatting dat die modeme kuns totaliserend en afsluitend was, billik is al dan nie. Die belangrikste gevolgtrekking van hierdie studie is dat die wyse waarop die kuns 'n aandeel aan waarheid en betekenis het, radikaal metafories van aard is. Wat egter ook van belang is, is dat hierdie metaforiese perspektief op kuns, waarheid en betekenis reeds in modemiteit aan die orde gestel was. Trouens, in hierdie studie word aangetoon dat modemiteit nie slegs, soos dikwels geglo word, 'n totaliserende korrespondensieopvatting van die kuns gekoester het nie, maar dat modemiteit ook 'n metaforiese perspektief aan die orde gestel het. Uit die werk wat in hierdie tesis gedoen is, kom ek tot die gevolgtrekking dat die modeme artistieke praktyk nie In totaliserende sosiale uitwerking gehad het nie, en dat dit waardering behoort te ontvang vir 'n aandeel aan die opkoms van 'n detotaliserende, talige, metaforiese perspektief op waarheid en betekenis.
Description
Thesis (D.Phil.) -- University of Stellenbosch, 1999.
Keywords
Art -- Philosophy, Dissertations -- Philosophy
Citation