Verantwoordelike misdaadverslaggewing : op soek na etiese riglyne
Date
2004-04
Authors
Van Niekerk, Petrus
Van Niekerk, Piet
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Crime reporting creates a set of unique challenges within journalism in general.
Generally inexperienced journalists are assigned to the crime beat in South African
newsrooms. A lack of knowledge and absence of codes of ethical conduct create a reality
wherein crime reporting more than often causes more harm than good.
Within the existing media ethical debate, ethical reflections about responsible crime
reporting will go a long way to stimulate thought on responsible crime reporting and help
to formulate guidelines for ethical crime reporting in the future.
In this project the debate on responsible crime reporting starts by illuminating where
crime-reporting slots into the traditional philosophical ethical debate before a distinction
is made between law and ethics. The way laws influence ethical crime reporting - if at all
- is analysed.
The crime reporter's relationship towards his employer, his community, the state and
victims of crime creates a complex maze of responsibilities. After analysing these
complex relationships, existing codes of conduct and the unique challenges within the
South African context are evaluated.
A set of case studies creates the opportunity to list factors needed to be taken into
account, before proposing guidelines that will create a positive atmosphere for pro
AFRIKAANSE OPSOMMING: Midsdaadverslaggewing stel unieke uitdagings aan verslaggewers. Onervare joernaliste word in Suid-Afrikaanse nuuskantore met die misdaad-rondte opgesaal. Uit onkunde en weens 'n algemene gebrek aan etiese riglyne word misdaadverslaggewing dikwels op só 'n manier bedryf dat dit eerder skade as goed berokken. Binne die breër media-etiese debat kan 'n etiese besinning oor misdaadverslaggewing 'n bydrae lewer tot nadenke oor verantwoordelike misdaadverslaggewing, sowel as tot die ontwikkeling van riglyne wat verantwoordelike misdaadverslaggewing vir die toekoms kan kweek. Die debat oor verantwoordelike misdaadverslaggewing begin in dié werkstuk deur misdaadverslaggewing te beskou binne die tradisionele filosofiese debat oor etiek. Daarna word gekyk na die verband tussen wette en etiek en watter- indien enigeinvloed wette op verantwoordelike misdaadverslaggewing het. Die misdaadverslaggewer se verhouding tot sy werkgewer, sy gemeenskap, die staat en slagoffers van misdaad plaas hom in 'n komplekse posisie wat betref sy verantwoordelikhede. Nadat hierdie verantwoordelikheidsvelde uitgespel is, word gekyk na bestaande riglyne en die unieke komplikasies in Suid-Afrika op soek na riglyne vir verantwoordelike misdaadverslaggewing. Nadat enkele gevallestudies ontleed is, word voorstelle gedoen oor die faktore wat in ag geneem behoort te word ten opsigte van verantwoordelike misdaadverslaggewing. Dit bring die werkstuk tot uiteindelike voorstelle oor hoe 'n gunstige milieu in Suid- Afrikaanse nuuskantore geskep kan word vir die kweek van verantwoordelike misdaadverslaggewing.

Description
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2004.
Keywords
Violence -- Press coverage -- South Africa, Crime -- Press coverage -- South Africa, Journalistic ethics, Dissertations -- Journalism