Die geskiedenis van houtvoorsiening aan die Kaap, 1652-1795

Appel, A. (1966-03)

Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 1966.

Thesis

INHOUD: Die inheemse bosse van die teenswoordige Kaapkolonie was die beste ontwikkel gedurende die prehistoriese tyd. Die primitiewe lewenswyse van die Hottentotte en ander inheemse bevolkingsgroepe hat min eise aan die bosse gestel. Die bevolking was ook in verhouding klein. Die enigste skade wat aangerig is, was deur bosbrande veroorsaak. In vergelyking met hierdie eenvoudige behoeftes, het 'n snelle en onoordeelkundige ontginning sedert 1652 plaasgevind.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/17408
This item appears in the following collections: