The impact of climate change on communal and small-scale livestock farming practices in the Knersvlakte – exploring adaptation strategies

Date
2022-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Climate change has, in recent times, become a topic enjoying increasing global concern because of alarming consequences for the planet. The impact of climate change is predicted to be detrimental for the Succulent Karoo and more so for the Knersvlakte, which identifies as a centre of endemism. Climate change has impacted small-scale farmers negatively, globally and even more so in the arid regions of South Africa where poor, rural and vulnerable populations suffer from already scarce resources. The impact of climate change on small-scale farmers is heavily under-researched in the Knersvlakte and adaptation measures need to be recorded to understand adaptation and to provide possible sustainable improvements by combining science and traditional knowledge. Livestock farming is an essential part of the livelihoods of inhabitants of the Knersvlakte and is part of their pastoral cultural practice and therefore adaptation is crucial to ensure resilience to climate change; however, adaptation can become expensive, especially for those who are already struggling financially. This study was conducted on the small-scale communal and private livestock farmers of the Knersvlakte in the Matzikama Municipal area. It was determined how they have experienced climate change and how they have adapted their farming practices. Firstly, a thorough review was compiled of available literature to establish the scientifically predicted impact of climate change on livestock farming in the Knersvlakte and then the impact of climate change was assessed through lived experiences by the small-scale farmers, using structured interviews. The interviews uncovered the adaptation mechanisms employed by the small-scale farmers to adapt their farming strategies, in response to the change in climatic conditions. The lived experiences were compared to the scientifically predicted impacts of climate change and it was discovered that they were aligned. It was found that the majority of the small-scale farmers experienced the impact of climate change such as an increase in temperatures, decrease in rainfall, an increase in irregularity of rainfall events and changes in wind direction and speed. The small-scale livestock farmers noted that they had no other option but to decrease their livestock numbers in response to the changing climatic conditions. Most of the livestock farmers also noted that they had changed their herd composition to consist of indigenous livestock breeds, moving away from exotic breeds. A vulnerability assessment was conducted based on the questionnaire indicators to establish the exposure and vulnerability of the small-scale farmers to climate change risks. The livestock farmers shared their traditional knowledge of livestock grazing methods to reduce the impact on the rangeland but indicated that they are unable to implement most of these methods due to the financial constraints. In the last section of this study, based on the research results, recommendations are made for small-scale farmers to adapt to climate change risks. These recommendations are focused on livestock management systems, which are discussed in the context of the Knersvlakte. In conclusion, recommendations are made especially for similar research to be conducted in the study area since this study is the first of its kind. Future research is required on the role of traditional knowledge in livestock grazing management and the social impacts of climate change because livestock grazing is an essential element of the local economy.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Klimaatsverandering het onlangs 'n onderwerp geword wat toenemende globale kommer geniet as gevolg van kommerwekkende gevolge vir die planeet. Daar word voorspel dat die impak van klimaatsverandering nadelig sal wees vir die Sukkulente Karoo en meer so vir die Knersvlakte wat as 'n sentrum van endemisme identifiseer. Klimaatsverandering het kleinskaalse boere wereldwyd negatief beinvloed, en meer so in die droe streke in Suid-Afrika waar arm, landelike en kwesbare bevolkings se hulpbronne alreeds skaars is. Die impak van klimaatsverandering op kleinskaalse boere is hoogs onder-nagevors in die Knersvlakte en aanpassingsmaatreels moet aangeteken word om aanpassing te verstaan en moontlike volhoubare verbeterings te bied deur wetenskap en tradisionele kennis te kombineer. Veeboerdery is 'n noodsaaklike deel van die lewensbestaan van inwoners van die Knersvlakte en en deel van hul pastorale kulturele praktyke en daarom is aanpassing van kardinale belang om weerstand teen klimaatsverandering te verseker; maar aanpassing kan duur word, veral vir diegene wat reeds finansieel sukkel. In hierdie tesis is daar 'n studie gedoen op die kleinskaalse kommunale en privaat veeboere van die Knersvlakte in die Matzikama Munisipale gebied. Daar is bepaal hoe hulle klimaatsverandering ervaar en hoe hulle hul boerderypraktyke aangepas het. Eerstens is 'n deeglike oorsig gedoen van die beskikbare literatuur, om die wetenskaplik voorspelde impak van klimaatsverandering op veeboerdery in die Knersvlakte vas te stel en daarna is die impak van klimaatsverandering wat die kleinskaalse boere ervaar, deur middel van gestruktureerde onderhoude, geassesseer. Die onderhoude het ook die aanpassingsmeganismes, wat deur die kleinskaalse boere toegepas word om hul boerderystrategiee aan te pas in reaksie op die verandering in klimaatstoestande, ontbloot. Die geleefde ervarings is vergelyk met die wetenskaplik voorspelde impak van klimaatsverandering en daar is ontdek dat dit in lyn is. Daar is ook bevind dat die meerderheid van die kleinskaalse boere die impak van klimaatsverandering ervaar het as 'n toename in temperature, afname in reenval, 'n toename in onreelmatigheid van reenvalgebeure en veranderinge in windrigting en spoed. Die kleinskaalse veeboere het opgemerk dat hulle geen ander opsie gehad het as om hul veegetalle te verminder, in reaksie op die veranderende klimaatstoestande. Die meeste veeboere het ook opgemerk dat hulle hul kuddesamestelling verander het na inheemse veerasse en dus wegbeweeg van eksotiese rasse. 'n Kwesbaarheids assessering was gedoen gebaseerd op die vraelys-aanwysers, om die blootstelling en kwesbaarheid van die kleinskaalse boere aan klimaatsveranderingrisiko's te bepaal. Die veeboere het hul tradisionele kennis van veeweidingsmetodes, om die impak op die veld te verminder, gedeel, maar het aangedui dat hulle meeste van hierdie metodes nie kan implementeer nie weens die finansiele beperkings. In die laaste gedeelte van hierdie studie, gebaseer op die navorsingsresultate, word aanbevelings gemaak vir kleinskaalse boere om tot klimaatsverandering risiko`s aan te pas. Hierdie aanbevelings is gefokus op veebestuurstelsels wat in die konteks van die Knersvlakte bespreek word. Ten slotte word aanbevelings gemaak, veral vir soortgelyke navorsing wat in die studiegebied uitgevoer kan word, aangesien hierdie huidige navorsing die eerste van sy soort is. Toekomstige navorsing word vereis oor die rol van tradisionele kennis in veeweidingbestuur en die sosiale impak van klimaatsverandering, omdat veeweiding 'n noodsaaklike element van die plaaslike ekonomie is.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Climatic changes -- Western Cape (South Africa), Livestock farms -- Western Cape (South Africa), Farms, Small -- Western Cape (South Africa), UCTD
Citation