Navigating the threshold : an African-feminist reading of the Hagar narrative in Judaism, Christianity, and Islam
Date
2022-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the experiences of Hagar/Hajar, as depicted through the three
monotheistic traditions of Judaism, Christianity, and Islam. The scriptures from these traditions
locate her in remarkably different ways, bringing into conversation profound considerations of
who Hagar/Hajar is, not only concerning the specific faith traditions but what these varying
traditions can offer for interreligious dialogue and sense-making.
In this regard, the study first provides three vantage points, each couched in a monotheistic
milieu, and argues for reconsidering the Hagar/Hajar traditions. Secondly, and more
importantly, by focusing on Hagar/Hajar’s geopolitical positioning, the study adopts an
African-feminist perspective, which opens new possibilities for the significance of her story.
Finally, by emphasising her liminality, this bifocal framework lays bare Hagar/Hajar’s body as
a site of multiple oppressions and as hope and transcendence. As a slave woman gifted to the
monotheist Abraham, her body adopts an intersectional portrayal of oppression regarding
sexuality, gender, culture, race, class, and ethnicity. While centrally located across the three
Abrahamic traditions, her story reveals remarkably different contextually-bound
interpretations, opening rich deliberations and debates for the position and positioning of
women along a historical trajectory.
Subsequently, this research aims to create a critical space within which the multiple
oppressions exerted on black women in South Africa can be articulated. The study also reveals
the structures that continue to oppress and subjugate black women. Hagar/Hajar’s memory is
kept alive through the liminal identities of South African women who share similarities with
her experience. Therefore, in telling their story through Hagar/Hajar as an African matriarch,
her story offers new modes of survival and resistance for South African black women.
Consequently, the story of Hagar/Hajar becomes an excellent “threshold” or “third space”
where authentic engagement within the three religious traditions can also occur. The study
constitutes an attempt to create a conversational space where all three Abrahamic traditions
could potentially act as each other’s reflective space. Here they could hold one another
accountable through the Hagar/Hajar story and together identify the life-giving or life-denying
modes that their respective Hagar/Hajar narratives have established in their worlds of origin.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die ervarings van Hagar/Hajar, soos uitgebeeld deur die drie monoteïstiese tradisies van Judaïsme, die Christendom en Islam. Die geskrifte uit hierdie tradisies stel haar op merkwaardig-verskillende maniere voor. Dit vra vir diepgaande oorweging oor wie Hagar/Hajar is, nie net met betrekking tot die spesifieke geloofstradisies nie, maar ook wat hierdie verskillende tradisies vir inter-godsdienstige dialoog en singewing kan bied. In hierdie verband bied die studie eerstens drie perspektiewe, elk in 'n spesifieke monoteïstiese milieu, en dit pleit vir ’n heroorweging van die Hagar/Hajar-tradisies. Tweedens, en nog belangriker, deur te fokus op Hagar/Hajar se geopolitiese posisionering, neem die studie ’n Afrika-feministiese perspektief aan wat nuwe moontlikhede vir die betekenis van haar verhaal open. Deur haar liminaliteit te beklemtoon, stel hierdie bifokale raamwerk Hagar/Hajar se liggaamlikheid voor as ’n veelkantige plek van onderdrukking, maar ook van hoop en transendensie. As ’n slavin wat geskenk is aan die monoteïstiese Abraham, weerspieël haar liggaamlikheid die interseksionele onderdrukking in terme van seksualiteit, geslag, kultuur, ras, klas en etnisiteit waaraan sy onderwerp is. Alhoewel haar verhaal sentraal staan in aldrie Abrahamitiese tradisies, bring haar verhaal merkwaardig-verskillende kontekstueel-gebonde interpretasies na vore. Deur hierdie interpretasies met behulp van ’n historiese trajek met mekaar in verband te bring, skep dit die moontlikheid om debatte oor die posisie van vroue aansienlik te verryk. Vervolgens het hierdie navorsing ten doel om ’n kritiese ruimte te skep waarbinne die veelkantige onderdrukking van swart vroue in Suid-Afrika verwoord kan word. Die studie dien ook om die strukture bloot te lê wat steeds swart vroue onderdruk en onderwerp. Die herinnering aan Hagar/Hajar word lewend gehou deur die liminale identiteite van Suid- Afrikaanse vroue wie se lewens ooreenkomste met haar ervarings toon. Daarom, deur hul storie via die herinnering aan Hagar/Hajar as ’n Afrika-matriarg te vertel, bied haar verhaal nuwe maniere van oorlewing en weerstand vir Suid-Afrikaanse swart vroue. Gevolglik word die verhaal van Hagar/Hajar ook ’n uitstekende “drumpel” of “derde ruimte” waar outentieke interaksie binne en tussen die drie godsdienstige tradisies kan plaasvind. Die studie is ’n poging om ’n gespreksruimte te skep waar al drie Abrahamitiese tradisies reflekterend op mekaar kan inspeel, mekaar deur die Hagar/Hajar-verhaal aanspreeklik kan hou, en saam met mekaar kan kyk na die lewegewende of lewensverloënende moontlikhede wat hul onderskeie Hagar/Hajar-narratiewe in hul onderskeie wêrelde van oorsprong gevestig het.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Hagar (Biblical figure), Feminism, Islam -- Relations -- Christianity, Christianity and other religions -- Islam, Bible. Galatians, IV, 4:21‐31 - Criticism, interpretation, etc., Hadith, Bible. Genesis, XVI -- Criticism, interpretation, etc., Bible. Genesis, XXI -- Criticism, interpretation, etc., UCTD