Gendered energy transition in Mozambican urban households
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The demand in urban environments for solid fuels is responsible for the unprecedented forest degradation in developing countries. Not surprisingly, solid fuels comprise the bulk of urban energy demand, and a marginal number of urban households use clean energy sources for their most energy-intensive services. Evidence shows that biomass consumption has a disproportional effect on women. However, mainstream energy transition scholars are arguably circumscribed by the Developed countries, where access to modern energy sources is no longer the subject of debate. Instead, the energy transition debates are driven mainly by the climate change paradox. Three objectives guided this study: (1) to develop a theoretical framework for a gendered energy transition for urban households; (2) to assess gendered energy profiles and energy services in urban households in Mozambique; and (3) to examine pathways to gendered urban energy transitions in Mozambique at the household level (Figure 4.1 depicts the detailed avenues that were followed). The first objective was accomplished using a systematic integrative literature review. The findings revealed that the existing energy transition frameworks lack a gender perspective. With this narrative, the study augmented and illustrated the theoretical framework for the gendered energy transition in urban developing households. This led to one of this study’s arguments, which is the need for a localised and contextual analysis approach to better inform decision-makers for developing suitable gendered energy policies and strategies. For that, the study used Mozambique as a case study and surveyed 381 families in Maputo city. The results show that energy consumption patterns within households are deeply gendered. Also, the households are mainly male-headed, and there is an inverted direction between who uses the fuel and the gender who pays for it. The gender of the household head did not influence decisions on fuel choice; rather, it was the educational level of the household heads that influenced their fuel choices. Women are responsible for most of the household’s energy services, especially cooking and washing clothes and dishes. Through a deductive-inductive approach, informed by the theoretical framework, exploratory interviews and the survey results, the study developed gendered energy transition pathways. The study suggests the need to implement gender-sound strategies based on a local assessment of gendered energy services. This requires interaction between the market, government and civil society. Finally, the study recommends further analysis of fuel prices and households’ purchasing power to evaluate other factors contributing to traditional fuel-stacking. There is also a need to debate the efficacy of the existing gender strategy through gender audit research.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vraag van stedelike omgewings na vaste brandstowwe is verantwoordelik vir ongekende agteruitgang in bosse en woude in die Globale Suide. Dit is nie verbasend nie, want vaste brandstowwe behels die meerderheid van die stedelike vraag na energie en slegs ’n marginale aantal stedelike huishoudings gebruik skoon energiebronne vir hulle energie-intensiefste dienste. Daar is bewys dat biomassaverbruik ’n disproporsionele effek op vroue het. Hoofstroom kenners van die energie-oorgang vakgebied word deur die Globale Noorde omskryf, waar toegang tot moderne energiebronne nie meer ’n kwessie van debat is nie. Daar word die energie-oorgangsdebatte hoofsaaklik gedryf deur die klimaatsverandering paradoks. Drie doelwitte het hierdie studie gedryf: (1) om ’n teoretiese raamwerk vir ’n geslagtelike energie-oorgang vir stedelike huishoudings te ontwikkel; (2) om die geslagtelike energie-profiele en energiedienste in stedelike huishoudings in Mosambiek te assesseer; en (3) om ondersoek in te stel na paaie na geslagtelike energie-oorgange op die huishoudelike vlak in Mosambiek (Figure 4.1 verskaf ’n gedetailleerde voorstelling van die weë wat gevolg is). Die eerste doelwit is deur middel van ’n sistematiese integrerende literatuuroorsig bereik. Die bevindinge het getoon dat die bestaande energie-oorgangsraamwerke nie ’n geslagsperspektief bevat nie. Op grond hiervan het die studie die teoretiese raamwerk vir geslagtelike energie-oorgang in stedelike huishoudings in ’n ontwikkelende konteks aangevul en geillustreer. Dit het gelei tot een van die studie se argumente, naamlik dat daar ’n behoefte is aan ’n gelokaliseerde en kontekstuele analise om besluitnemers beter in te lig oor die ontwikkeling van toepaslik geslagtelike energiebeleide en strategiee. Hiervoor het die studie Mosambiek as ’n gevallestudie gebruik en is onderhoude met 381 gesinne in Maputo gevoer. Die resultate toon dat energieverbruikspatrone in huishoudings diep geslagtelik is. Die hoofde van die huishoudings is ook hoofsaaklik mans en daar was ’n omgekeerde rigting tussen wie die brandstof gebruik en die geslag wat daarvoor betaal. Die geslag van die hoof van die huishouding het nie die besluite oor brandstofkeuse beinvloed nie; dit was eerder die opvoedkundige vlak van die hoofde wat dit beinvloed het. Vroue is verantwoordelik vir die meeste van die huishouding se energiedienste, veral kook en die was van klere en skottelgoed. Deur ’n deduktief-induktiewe benadering wat deur die teoretiese raamwerk, verkennende onderhoude en die resultate van die opname geinformeer is, het die studie geslagtelike energie-oorgangspaaie ontwikkel. Die studie stel voor dat geslagsgegronde strategiee geimplementeer moet word op grond van ’n plaaslike assessering van geslagtelike energiedienste. Dít vereis interaksie tussen die mark, die regering en die burgerlike samelewing. Laastens beveel die studie aan dat ’n verdere analise van brandstofpryse en huishoudings se koopkrag onderneem word om ander faktore wat tot tradisionele brandstof-stapeling bydra, te evalueer. Daar is ook ’n behoefte om die doeltreffendheid van die bestaande geslagstrategie deur geslagsoudit-navorsing te debatteer.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Energy development -- Environmental aspects -- Mozambique, Energy consumption -- Mozambique, Renewable energy sources -- Mozambique, UCTD