Voices of social workers on their perceived roles in social protest actions
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: From its infancy and throughout its historical development, social work has always been synonymous with the pursuit of human rights and social justice for the most vulnerable. Human rights and social justice are complex and discursive concepts, however, and their interpretation is seldom uniform. Indeed, historically as at present, contention between problem solving and broader social activism persists in the social work arena. This split is best characterised by those who view social work as technical and apolitical, and those who engage with contextual questions.
Radical perspectives in social work, unlike conservatives, suggest that social issues should be viewed together within social, political, economic and historical contexts. Proponents of radical social work endorse the development of a critical consciousness that allows for the perception of social and political contradictions. Critical analysis considers social problems experienced by the poor to be a product of unresponsive structures and discriminatory systems. The Global definition of social work acknowledges this, and mandates social workers to engage in social action to attain social change for the vulnerable.
Social workers across the globe have been engaging in collective action to defend welfare states for the vulnerable. In South Africa, despite being dubbed the world’s protest capital, and being host to extreme inequality and poverty amongst the poor majority, similar actions by social workers have been scant, if undertaken at all. This has raised serious questions regarding the perceptions of social workers on their roles in social protest actions within South Africa’s social development context.
A qualitative research approach was followed to gain an informed understanding of the opinions of social workers regarding their roles in social protest actions. Descriptive, exploratory and instrumental case study research designs were implemented to elicit invaluable reflections from participants. Snowball and purposive sampling was utilised to recruit 27 participants from four sampling cohorts, who were interviewed via semi-structured online and telephonic interviews. Reflexive thematic analysis was utilised to examine the collected data that is presented under three key themes. Notwithstanding the progress that social work has achieved to date in South Africa, the study highlights the need for more and far reaching social work interventions for the poor majority. Macro interventions aimed at untangling the systemic and structural sources of social problems are key to attain social transformation in South Africa. For authentic engagement in social activism for social change, the relationship between social work and the state needs to be reconsidered. Further, because of the inevitability of conflict in efforts towards change, social work institutions need to provide clear protection and support systems that promote the legal and ethical mandate for social workers to engage in activism for the poor majority’s human rights and social justice.
Key conclusions and implications for practice suggest that, in determining an informed course of action and role of social workers in social protest actions, they must critically and continually engage with the contextual realities of the poor and vulnerable, the discursive concepts of human rights and social justice, and social work ethics.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Vanaf die beginstadiums en deur die geskiedkundige ontwikkeling heen, was maatskaplike werk altyd sinoniem met die strewe na menseregte en maatskaplike geregtigheid vir die mees kwesbare mense. Menseregte en maatskaplike ontwikkeling is egter komplekse en diskursiewe konsepte en die interpretasie daarvan is selde uniform. In die verlede, soos tans, is daar inderdaad spanning tussen probleemoplossing en bree aktivisme in die maatskaplikewerkterrein. Hierdie verdeeldheid word die beste uitgebeeld deur die wat maatskaplike werk as tegnies en apolities beskou, en die wat omgaan met kontekstuele vrae. Anders as konserwatiewe perspektiewe, stel radikale perspektiewe voor dat maatskaplike kwessies tesame met sosiale, politieke, ekonomiese en historiese kontekste beskou word. Voorstanders van radikale maatskaplike werk onderskryf die ontwikkeling van ʼn kritiese bewussyn, wat ʼn persepsie van maatskaplike en politieke teenstrydighede toelaat. ʼn Kritiese ontleding oorweeg maatskaplike probleme wat deur armes beleef word as die onresponsiewe produk van strukture en diskriminerende sisteme. Die globale definisie van maatskaplike werk erken dit, en gee aan maatskaplike werkers die mandaat om by maatskaplike aksie betrokke te raak om maatskaplike verandering vir kwesbare mense te bewerkstellig. Maatskaplike werkers oor die wereld heen is betrokke by kollektiewe aksie om welsynstate vir kwesbare mense te verdedig. In Suid-Afrika, wat as die land met van die meeste protesaksies beskou word, en wat deur uiterste ongelykheid en armoede onder die meerderheid van die land se mense gekenmerk word, is protesaksies deur maatskaplike werkers relatief min en onbeduidend. Dit bring ernstige vrae na vore ten opsigte van die persepsies van maatskaplike werkers oor hulle rolle in maatskaplike protesaksies binne die Suid-Afrikaanse ontwikkelingsgerigte konteks. ʼn Kwantitatiewe navorsingsbenadering is gevolg om ʼn ingeligte begrip van die opinies van maatskaplike werkers oor hulle rolle in maatskaplike protesaksies te verkry. Beskrywende, verkennende en instrumentele gevallestudie is as navorsingsontwerpe geïmplementeer om waardevolle nadenke van deelnemers te genereer. Sneeubal- en doelbewuste steekproefneming is benut vir die werwing van 27 deelnemers vir vier steekproefkohorte met wie onderhoude deur middel van semi-gestruktureerde aanlyn- telefoononderhoude gevoer is. Reflektiewe tematiese ontleding is benut om die versamelde inligting deur middel van drie hooftemas aan te bied. Nieteenstaande die vordering van maatskaplike werk in Suid-Afrika, het die studie die behoefte vir meer en verrykende maatskaplikewerkintervensie vir die meerderheid arm mense beklemtoon. Makro-intervensies gerig op die ontknoping van sistemiese en strukturele bronne van maatskaplike probleme is die sleutel tot die bereiking van maatskaplike transformasie in Suid-Afrika. Om op ʼn oorspronklike manier by maatskaplike aktivisme vir maatskaplike verandering betrokke te raak, moet die verhouding tussen maatskaplike werk en die staat egter heroorweeg word. Verder, vanwee die onvermydelikheid van konflik in veranderingspogings, moet maatskaplikewerkinstellings duidelike beskerming- en ondersteuningsisteme bied om wetlike en etiese mandate vir maatskaplike werkers in hulle betrokkenheid by aktivisme vir die meerderheid arm mense se menseregte en maatskaplike geregtigheid te bevorder. Sleutelgevolgtrekkings en implikasies vir die praktyk dui daarop dat, in die bepaling van ʼn ingeligte keuse oor die aksie en rol van maatskaplike werkers in maatskaplike protesaksies, hulle krities en deurlopend met die kontekstuele realiteite van arm en kwesbare mense, die diskursiewe konsepte van menseregte en maatskaplike geregtigheid, en maatskaplikewerketiek moet omgaan.

Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Social workers, Protest movements, Human rights, UCTD