Dynamic model of a two-stage speed reducer gearbox for acc fans

Date
2022-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Gearboxes are used within large-scale air-cooled condensers (ACC) to reduce the speed of the motor to run the fan. The effect of the dynamic wind-loadings experienced by ACC fans is studied. The research develops a 12 degree of freedom model (DOF) using the lumped parameter model method to describe the internal movement of the gearbox’s components. The DOFs described by the model are of the six rotating bodies (four gears, driver and load) and the three shafts described through their horizontal and vertical movement. The use of AGMA 2101-D04 (AGMA, 2004) design standards determined the gearbox parameters and the necessary inertias of the gears and shafts. An experimental study of a simplified gear-set determined the dynamic interaction between the meshing gears. The mesh engagement stiffness is a significant contributor to the forces exerted by the gear teeth, simulation of which is a sinusoidal function controlled by the meshing frequency of the gears. Measurement of a full-scale facility at Stellenbosch University occurred to determine the fan’s inertia and the typical loads experienced during operation. Measurement of the facility showed that the forces experienced by the output shaft relative to the gearbox form an annular shape with a semi-constant radial value of 5.9 kN. The speed measurement’s periodogram provided a base to compare the periodogram of the simulated results. The meshing frequencies, displayed in both periodograms, highlight that the differences between the theoretical physical designs are the selected number of teeth. The effect of the annular load on the output shaft resulted in shaft movement that exceeded the specified centre-to-centre gear tolerances. The impact of which raises concerns regarding gear life.
AFRIKAANS OPSOMMING: Ratkaste word in grootskaalse lugverkoelde kondenseerders (ACC’s) gebruik om die spoed van die motor te verminder en die waaier te laat loop. Hierdie studie ondersoek die uitwerking van die dinamiese windladings waaraan ACCwaaiers onderwerp word. Die navorser het met behulp van die gekonsentreerde parametermetode ’n 12-vryheidsgraadmodel (DOF) ontwikkel om die interne beweging van die ratkasonderdele te beskryf. Die DOF’s wat deur die model beskryf word, is di´e van die ses draailiggame (vier ratte, aandrywer en belading) en die drie asse, waarvan sowel die horisontale as die vertikale beweging bestudeer word. Die ratkasparameters en die vereiste traagheid van die ratte en asse is aan die hand van AGMA 2101-D04-ontwerpstandaarde bepaal. ’n Eksperimentele studie van ’n vereenvoudigde ratstel het die dinamiese interaksie tussen die inkamratte bepaal. Die stewigheid waarmee die inkamratte inskakel, dra aansienlik by tot die kragte wat die rattande uitoefen, waarvan die simulasie ’n sinuso¨ıdale funksie is wat deur die inkamfrekwensie van die ratte beheer word. ’n Volskaalse fasiliteit is by die Universiteit Stellenbosch getoets om die traagheid van die waaier te bepaal, sowel as die kenmerkende ladings wanneer dit loop. D´ıt het aan die lig gebring dat die kragte op die leweringsas in verhouding tot die ratkas ’n ring vorm met ’n semikonstante radiale waarde van 5,9 kN. Die periodogram van die spoedmeting het as ’n basislyn gedien vir vergelyking met die periodogram van die gesimuleerde resultate. Die inkamfrekwensies in albei periodogramme dui daarop dat die gekose getal tande die verskil tussen die teoretiese fisiese ontwerpe maak. Die uitwerking van die ringvormige lading op die leweringsas het asbeweging veroorsaak wat die aangeduide rat-toleransies van middelpunt tot middelpunt oorskry. Die impak daarvan wek kommer oor ratlewensduur.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Gearbox model, Air-cooled condensers, Gearing, Spiral, Variable Mesh Engagement Stiffness, Fans (Machinery) -- Performance, UCTD
Citation