Die geskiedenis van Afrikaanse sosiale klubs in Suid-Afrika met spesiale fokus op die Maria van Riebeeck-klub en Klub Here Sewentien

Date
2022-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study provides an in-depth view of the history and role of two selected Afrikaans social clubs in South Africa within the context of clubs as a social phenomenon. Social clubs are institutions that arouse the interest of the public. These clubs capture the attention of the public due to their exclusivity, as most traditional clubs were only accessible for the elite social classes. Traditional social clubs started in the 17th century in London as an exclusive social gathering place for the elites of society removed from the general public. The social club phenomenon has spread on a global level due to the expansion of the British Empire and general globalization. Social clubs, as they look today, only emerged in the middle of the 19th century in South Africa. South Africa has several well-known social clubs operating within the country, such as the Rand Club and the Durban Club. However, the global club model began to deteriorate during the early years of the 20th century due to the drastically changing socio-economic conditions and the growth of communication and transportation technologies that hampered the existence of social clubs. The purpose of this study was to investigate the role played by Afrikaans social clubs in South Africa, as well as the prospects for the club regarding their survival and the functions they fulfil and continue to fulfil within the context of wider society. This study focuses on two unique Afrikaans social clubs, namely the "Klub Here Sewentien", which was a social club for Afrikaners in Cape Town during the mid-20th century, and the "Maria van Riebeeck-klub", a social club for Afrikaans-speaking women in the Johannesburg area. The "Klub Here Sewentien" succumbed to drastic changes in the socio-economic conditions in Cape Town during the 1990s. The same factors that led to the demise of traditional clubs were identical to the factors that caused "Klub Here Sewentien" to disband. On the other hand, the "Maria van Riebeeck-klub" still exists since they were able to adapt to the changing socioeconomic conditions. Currently, the traditional club phenomenon does not have a place in modern society, and this will remain the case if they refuse to adapt to the changes in the socioeconomic and political climate. However, the formation of new social clubs promoting equality and diversity is surging. The formation of these clubs is becoming increasingly popular within society, while archaic traditional clubs are struggling to adapt to the ever-changing society.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie beoog om die geskiedenis en rol van twee geselekteerde Afrikaanse sosiale klubs in Suid-Afrika binne die konteks van klubs as ‘n sosiale verskynsel te bestudeer. Sosiale klubs is instellings wat die belangstelling van die algemene publiek wek. Dié klubs is ‘n aantrekkingskrag omdat die algemene publiek nie deel daarvan is, aangesien tradisionele sosiale klubs meerendeels vir die elite gedeelte van die samelewing voorsiening gemaak het. Die tradisionele sosiale klubs het tydens die 17de eeu in Londen tot stand gekom as ‘n sosiale bymekaarkomplek vir die elites van die samelewing weg van die algemene publiek. Die sosiale klubverskynsel het op ‘n globale vlak versprei tydens die van die uitbreiding van die Britse Ryk en die verskynsel is verder deur globalisering gestimuleer. Sosiale klubs, soos dit vandag daar uitsien, het eers teen die middel van die 19de eeu in Suid-Afrika begin posvat. Suid-Afrika het verskeie bekende sosiale klubs wat binne die land funksioneer, soos die Rand Club en die Durban Club. Die globale klubmodel het egter tydens die vroeë jare van die 20ste eeu begin taan weens die drastiese veranderende sosio-ekonomiese omstandighede en die groei van kommunikasie- en vervoertegnologieë wat die bestaan van sosiale klubs bemoeilik het. Die doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na die rol wat Afrikaanse sosiale klubs in Suid-Afrika gespeel het, asook die toekomsvooruitsigte vir die klubs met betrekking tot hul voortbestaan en die verdere funksies wat hulle vertolk of vertolk het binne die konteks van die breër samelewing. Die fokus is geplaas op twee unieke Afrikaanse sosiale klubs, naamlik die Klub Here Sewentien en die Maria van Riebeeck-klub. Eersgenoemde was ‘n sosiale klub vir Afrikaners in Kaapstad tydens die mid-20ste eeu. Laasgenoemde was ‘n sosiale klub vir Afrikaanssprekende vrouens van die Johannesburgse-omgewing. Die Klub Here Sewentien het weens die drastiese veranderende sosio-ekonomiese toestande van Kaapstad, begin ondergaan tydens die 1990’s. Dieselfde faktore wat die tradisionele klubs se ondergang beïnvloed het, het die van die Klub Here Sewentien beïnvloed. Terwyl die Maria van Riebeeck-klub steeds voortbestaan, weens die feit dat hul by die sosio-ekonomiese omstandighede kon aanpas. Die tradisionele klubverskynsel het nie meer ‘n plek in die moderne samelewing nie, oftewel nie terwyl hul weier om aan te pas nie. Nuwe vorme van sosiale klubs begin wel toeneem, dié klubs is gevorm op die basis van gelykheid en diversiteit. Dié vorm van klubs begin al hoe meer gewild raak onder die samelewing, terwyl die argaïese tradisionele klubs sukkel om aan te pas by die veranderende samelewing.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Maria van Riebeeck-club, Club Here Sewentien, Afrikaans social clubs, South Africa -- Societies and clubs -- History
Citation