Exploring the dynamics of inclusive innovation systems through event history analysis
Date
2022-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellebosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Innovation is commonly viewed as an important factor in stimulating economic growth. Despite the
positive effect of innovation, it is often focussed on high-income groups, excluding economically
marginalised individuals and groups. This results in a distancing of economic growth from the
marginalised groups and leads to inequality. In response, the Innovation for Inclusive Development
(I4ID) model has been introduced, which draws on the theory of the conventional Innovation Systems
(IS) perspective, to include the marginalised in the process or outcome of innovation. Many I4ID
projects have been implemented, but with limited success. In fact, the successful projects are
consistently outnumbered by the failed ones, particularly in developing countries. It is argued that
reasons for this are the weak understanding of the definition, nature and dynamics of I4ID, among
others. This research project addresses the weak understanding, by specifically focussing on
enhancing the understanding of the dynamics within I4ID.
The Event History Analysis (EHA) research method is used, together with feedback loops and causal
loop diagrams (CLDs) (methods from the System Dynamics domain), to formulate an analytical
approach to analyse three successful I4ID projects – identifying the core dynamics consisting of
causal relationships between the system functions of innovation that are present within each case.
The findings of each case are synthesised to identify five core dynamics across the three cases. Lastly,
these five dynamics are combined into one CLD that explains the development of the combined I4ID
system, with reference to the system functions.
The findings of each case are synthesised to identify five phases that translate to five core dynamics
across the three cases. There are: Pre-engagement Project Preparation (First Phase), Obtain Buy-in
from Target Audience (Second Phase), Training and First Usage (Third Phase), Routine Usage,
Feedback and Adjustment (Fourth Phase) and Project Disengagement and Handover (Fifth Phase).
Lastly, these five dynamics from the five phases are combined into one final CLD that explains the
development of the combined I4ID system, with reference to the system functions.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Innovasie word oor die algemeen beskou as ‘n belangrike stimulant van ekonomiese groei. Ten spyte van die positiewe gevolge van innovasie, is dit dikwels gefokus op hoër inkomstegroepe en in die proses word ekonomies gemarginaliseerde individue en gemeenskapsgroepe meestal uitgesluit. Dit veroorsaak dat die ekonomies gemarginaliseerde gemeenskappe nie deel het aan die ekonomiese groei nie, wat lei tot ongelykheid. Om hierdie negatiewe gevolge te oorbrug, is die model van Innovasie vir Inklusiewe Ontwikkeling (IVIO) in die onlangse verlede ontwikkel, wat die teoretiese beginsels en perspektief van die konvensionele Innovasie-Sisteem (IS) gebruik om gemarginaliseerde gemeenskappe te bevoordeel. Hierdeur word gepoog om die gemeenskappe óf te bevoordeel deur die eindproduk van die innovasieproses, óf om die gemeenskappe deel te maak van die innovasieproses. Heelwat IVIO-projekte is as gevolg hiervan geïmplementeer, maar ongelukkig met beperkte sukses - die meerderheid van hierdie projekte is onsuksesvol, veral in ontwikkelende lande. ‘n Verskeidenheid faktore is geïdentifiseer wat moontlik die groot aantal onsuksesvolle projekte kan verduidelik, onder andere ‘n swak begrip van die definisie, aard en dinamiek van IVIO-projekte. Hierdie navorsingsprojek spreek spesifiek die swak begrip van IVIO-projekte aan, deur te poog om die begrip van die dinamiek in hierdie projekte te verbeter. Die Historiese Gebeurtenis Analise-navorsingsmetode word saam met terugvoerlusse en kousale lusdiagramme (vanuit die gebied van sisteemdinamika) gebruik om ‘n analitiese metode te formuleer wat gebruik word in die analise van drie suksesvolle IVIO-projekte, om sodoende die kern-dinamiek in elk van die drie gevallestudies te identifiseer. Hierdie dinamieke bestaan uit die kousale verhouding tussen die funksies eie aan die IS-perspektief, en word saamgevat om uiteindelik vyf gemeenskaplike kern-dinamieke te identifiseer. Laastens word die vyf kern-dinamieke gekombineer binne een finale kousale lusdiagram, wat die ontwikkeling van die gekombineerde IVIO-sisteem verduidelik binne die konteks van die funksies.

Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
UCTD, System dynamics, Event history analysis, Innovation for inclusive development, Economic development, Innovations, Industrial