Perfecting poverty : a rhetorical investigation of poverty and masculinities intersecting in James

Date
2022-02-22
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this research project, the interaction of the multiple relationships between 1st-century CE masculinities, poverty, and perfection, as constructed in James 1-2, is investigated. The interplay between the three central themes, masculinities, poverty, and perfection, is depicted by the metaphor of a cord of three strands. The first cord of the cord of three strands, masculinities, is constructed in alignment with the ideal masculinity discourse of the 1st-century CE. The followers of Jesus are encouraged in James 1 to fulfil the ideal images of masculinity of the Greek and Roman world. James’ exhortations in James 1 to the followers of Jesus include: having self-control over their bodies and desires as well as those of others, showing endurance, showing steadfastness, competing in trials, and being perfect. The author of the Epistle of James encourages the Jesus followers to be perfect believers in ancient masculine terms. When these ideals were performed and lived in the ancient Greek and Roman world, the inhabitants were honoured in society, and high social and economic status was attributed to them. If the Jesus followers lived according to these exhortations in James 1, it would have given them the desired male honour in society. In contrast, the exhortations of the Jesus followers according to the second cord of the cord of three strands, poverty, is renegotiated by the author of the Epistle of James and reconsidered according to the ideals of the 1st-century CE Greek and Roman context. In James 2, the author broadens the idea of what he considers to be the perfect believers. A conflicting characteristic that the followers of Jesus should adhere to, when compared with the ancient Greek and Roman, is to avoid differentiating between members of the community in socio-economic terms. The author of the letter to James uses the example in Jas 2: 2-5 of the rich and poor men walking into the assembly (Jas 2:2). He makes it clear that the followers of Jesus must make no distinction between the rich and the poor. In terms of socio-economic status, the author goes against the grain of the ideals of the time. The depiction of the poor in the text, especially when the poor are described in the letter in terms of status and appearance, is reversed and the poor are associated with honour. As a result, the poor and vulnerable are given a new identity in terms of status, honour, and agency in the Jesus following community. The research project concludes with the last cord of the cord of three strands, perfection. The third cord of the research project examines the interplay and intersectionality between perfection and masculinity as well as perfection and poverty, as constructed in James 1-2. In the Letter of James, the perfect believer is described in terms of the 1st-century CE masculinity discourse. In contrast, the author of the James Epistle challenges the norms of society by elevating the poor in society and associating them with perfection. The author of James renegotiates the shame and lack of honour and status in the society of the poor and glorifies the poor and marginalised. In this regard, he goes against the norms of the ancient Greek and Roman society. The author pays tribute to the poor and vulnerable in society. It becomes clear that the author confirms and reconstructs the idea of perfection in terms of masculinity and poverty. As for masculinity, he exhorts the followers of Jesus to act in accordance with the ideals of the time and is thus drawn in by the gender ideals; however, he pushes against the grain of society by declaring that to be perfect believers is to glorify the poor in society, because the perfect male God glorifies and exalts the poor.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie navorsingsprojek word die wisselwerking van die meervoudige verhoudinge tussen 1ste-eeuse HJ- manlikhede, -armoede en -volmaaktheid, soos dit in Jakobus 1-2 gekonstrueer word, ondersoek. Die wisselwerking tussen die drie sentrale temas, manlikhede, armoede en volmaaktheid, word deur die metafoor van ʼn drie string-tou uitgebeeld. Die eerste string van die drie string-tou, manlikhede, word volgens die ideale manlikheidsdiskoers van die 1ste-eeu HJ gekonstrueer. Die volgelinge van Jesus word in Jakobus 1 aangemoedig om die ideale manlikheidsbeelde van die antieke Griekse- en Romeinse wereld na te kom. Die vermanings wat in Jakobus 1 teenoor die Jesus-volgelinge gemaak word, is onder meer: om selfbeheersing oor hul eie liggame en begeertes asook die van ander te he, uithouvermoe aan die dag te le, standvastigheid te he, mee te ding in beproewings en volmaak te wees. Die skrywer van die Jakobusbrief moedig die volgelinge van Jesus aan om in antieke manlike terme volmaakte gelowiges te wees. Wanneer hierdie ideale in die antieke Grieks- en Romeinse wereld uitgevoer en uitgeleef is, is hulle in die samelewing geeer en is ʼn hoe sosiale en ekonomiese status aan hulle toegeskryf. Indien die Jesusvolgelinge volgens die vermanings in Jakobus 1 geleef het, sou dit aan hulle die gewenste manlike eer in die samelewing gegee het. Daarteenoor word die vermaning van die Jesus-volgelinge volgens die tweede string van die drie string-tou, armoede, deur die skrywer van die Jakobusbrief heronderhandel en heroorweeg na gelang van die ideale van die 1ste-eeuse HJ- Grieks- en Romeinse konteks. In Jakobus 2 verbreed die skrywer die idee van wat hy as die volmaakte gelowiges beskou. ʼn Teenstrydige kenmerk met die antieke Grieks en Romeins waaraan die Jesus-volgelinge moet voldoen, is om nie in sosio-ekonomiese terme onderskeid te tref tussen lede van die gemeenskap nie. Die skrywer van die Jakobusbrief gebruik die voorbeeld in Jakobus 2:2-5 van die ryk en arm mans wat by die vergadering instap (Jak 2:2). Hy maak dit duidelik dat die volgelinge van Jesus geen onderskeid tussen die rykes en die armes moet tref nie. Wat sosio-ekonomiese status betref, gaan die skrywer teen die grein van die ideale van die tyd. Die uitbeelding van die armes in die teks, veral wanneer die armes in die brief in terme van status en voorkoms beskryf word, word omgekeer en die armes word met eer verbind. As gevolg hiervan word daar aan die armes en weerloses ʼn nuwe identiteit ten opsigte van status, eer en agentskap in die Jesus-volgelinggemeenskap gegee. Die navorsingsprojek word afgesluit deur die volmaaktheidstring van die drie string-tou aan die orde te stel. Die derde string van die navorsingsprojek ondersoek die wisselwerking tussen volmaaktheid en manlikhede asook volmaaktheid en armoede, soos dit in Jakobus 1-2 gekonstrueer word. In Jakobus word die volmaakte gelowige in terme van die 1ste-eeuse HJ-manlikheidsdiskoers beskryf. Daarteenoor daag die skrywer van die Jakobusbrief die norme van die samelewing uit deur die armes in die samelewing te verhef en hulle selfs eerder as geidealiseerde manlikheid met perfeksie te verbind. Die skrywer van Jakobus heronderhandel die skande, gebrek aan eer en status in die samelewing van die armes, en verheerlik die armes en weerloses. Op hierdie manier gaan hy teen die norme van die Griekse en Romeinse samelewing. Die skrywer bring hulde aan die armes en kwesbares in die samelewing. Dit word duidelik dat die skrywer die idee van volmaaktheid in terme van manlikheid en armoede bevestig en herkonstrueer. Wat manlikheid betref, vermaan hy die Jesus-volgelinge om op te tree na aanleiding van die ideale van die tyd en die samelewing, en word sodoende ingetrek deur die genderideale. Hy stoot egter teen die grein van die samelewing deur te verklaar dat om volmaakte gelowiges te wees, is om die armes in die samelewing te verheerlik omdat die manlike volmaakte God die armes verheerlik.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Thesis (PhD)--Vrije Universiteit Amsterdam, 2022.
Keywords
Masculinity -- Religious aspects -- Christianity, Poverty, Perfection, Bible. James -- Criticism, interpretation, etc., Bible. James -- Socio-rhetorical criticism, UCTD
Citation