Evaluating the effectiveness of eia process in promoting sustainable development objectives (social aspects) : the case of transnet soc
Date
2021-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : This study evaluates the effectiveness of Environmental Impact Assessment (EIA) practice by Transnet (Ltd), a state-owned company in the South African rail transportation sector, against criteria that were developed by the researcher to determine the extent to which EIA, as a tool, contributes towards promotion of sustainable development objectives (social aspects, in particular).
A questionnaire survey was conducted to collect data on EIAs done by Transnet. In addition, a sample of EIA reports was reviewed against modified selected sustainable development goals (SDGs), related to social performance indicators, and their quality graded according to Lee and Colley (1992)’s review package about grading symbols.
The study revealed some areas of improvements and strengths of the EIA system in Transnet.
Weaknesses include poor incorporation of social aspects into EIA reports due to social impact assessment (SIA) not being conducted, or where SIA was conducted, but the quality performance was poor; there was exclusion of corporate social responsibility initiatives during the EIA process; and a lack of participation with the communities involved in the early stages of the project initiation and planning phase.
The strengths include effective public participation methods, such as meetings held in accessible venues, and the appointment of professional EAPs (Environmental Assessment Practitioners) to conduct the EIA process. The quality of the sample of EIA reports was found to be “just unsatisfactory”, that is, “tasks attempted, but with significant omissions”.
The weaknesses that constrain EIA from reaching its intended objectives of promoting sustainable development include the fact that it does not fully consider social aspects of developments, because the SIA is – in most cases – a subsidiary study to EIA with no statutory legal requirements. This leads to social impacts not being given the same attention as that given to ecological impacts, so that social cumulative impacts are not adequately considered when the EIA reports are assessed for decision-making. The decisions on environmental authorization will then mainly be guided by ecological sensitiveness of the receiving environment, with assessments undertaken by professionals with natural science contextual backgrounds. Based on the above, this study therefore concludes that EIA, as a tool, is poor at promoting social aspects for sustainable development.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Hierdie studie evalueer die doeltreffendheid van die omgewingsimpakassessering (EIA) deur Transnet (Bpk), 'n staatsonderneming in die Suid-Afrikaanse spoorvervoersektor, aan die hand van kriteria wat deur die navorser ontwikkel is om te bepaal in watter mate die EIA, as hulpmiddel, bydra tot die bevordering van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (veral sosiale aspekte). 'n Vraelysopname is gedoen om data te versamel oor EIAs wat deur Transnet gedoen is. Daarbenewens is 'n steekproef van EIA-verslae hersien teenoor gewysigde geselekteerde doelwitte vir volhoubare ontwikkeling (SDGs), wat verband hou met maatskaplike prestasie-aanwysers, en die gehalte daarvan is volgens Lee en Colley (1992) se beoordelingspakket met betrekking tot graderingsimbole gegradeer. Die studie het 'n aantal verbeterings en sterkpunte van die EIA-stelsel in Transnet aan die lig gebring. Swakhede sluit in die swak inkorporering van sosiale aspekte in EIA-verslae omrede die assessering van sosiale impak (SIA) nie uitgevoer is nie, of waar SIA uitgevoer is, was die gehalteprestasie swak; daar was uitsluiting van maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatiewe tydens die EIA-proses; en 'n gebrek aan deelname met gemeenskappe wat in die vroeë stadiums van die projekinisiërings- en beplanningsfase geraak is. Die sterkpunte sluit in doeltreffende metodes vir openbare deelname, soos vergaderings wat op toeganklike plekke gehou word, en die aanstelling van professionele EAPs (“Environmental Assessment Practitioners”) om die EIA-proses uit te voer. Daar is bevind dat die gehalte van die monster EIA-verslae “gewoon onbevredigend” is, dit wil sê, “take aangepak, maar met beduidende weglatings.” Die swakhede, wat die EIA belemmer om sy beoogde doelwitte te bereik om volhoubare ontwikkeling te bevorder, sluit in die feit dat dit nie die sosiale aspekte van ontwikkelinge in ag neem nie, omrede die SIA – in die meeste gevalle – 'n hulpstudie vir EIA is sonder wettige wetlike vereistes. Dit gee aanleiding daartoe dat nie aan sosiale impakte dieselfde aandag verleen word as wat aan ekologiese impakte gegee word nie, sodat sosiale en kumulatiewe impakte nie voldoende oorweeg word wanneer die EIA-verslae vir besluitneming beoordeel word nie. Die besluite oor omgewingsmagtiging sal dan hoofsaaklik gelei word deur die ekologiese sensitiwiteit van die ontvangende omgewing, met assesserings wat deur professionele persone met kontekstuele agtergrond in die natuurwetenskap gedoen word. Op grond van bovermelde, kom daar derhalwe met dié studie tot die gevolgtrekking dat EIA, as instrument, onvoldoende is om sosiale aspekte vir volhoubare ontwikkeling te bevorder.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Environmental impact analysis -- Effectiveness, Environmental impact analysis -- Social aspects, Sustainable Development Goals, Sustainable development, Transnet (Firm), UCTD