Trauma and emergency nurse specialists’ perceptions of factors that hinder and facilitate the implementation of specialised skills in their practice within the public health sector in the Western Cape Province
Date
2021-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Background: Any investment in the training of trauma and emergency nurse specialists needs to be justified in terms of their contribution as specialist nurse practitioners to the actual delivery of trauma and emergency care. The utilisation of these specialists to the full extent of their education and training will optimise the value of their contributions within the multi-disciplinary emergency team. However, factors that enable or act as barriers to the implementation of specialised skills of trauma and emergency nurse specialists in their practice are not well understood and these factors need further investigation in the South African context. An understanding of these factors can provide the foundation to guide future empowerment of their role and optimal utilisation of their specialised skills.
Methods: This research used an exploratory-descriptive qualitative design with a purposive and maximum variation sampling technique. WhatsApp video calling facilitated the use of a semi-structured interview guide to assemble data. Data was thematically analysed as described by the six steps of Braun and Clarke.
Results: Analysis of the research data revealed four themes that capture specialised practice barriers and facilitators: these were individualistic influences, organisational context, role adversity and role ambiguity. The findings of the study suggest that the skills of trauma and emergency nurses are not used optimally in their practice settings because of barriers within the organisational context and practice environment. Moreover, a lack of awareness of specialised skills and the specific role functions of trauma and emergency nurse specialists led to strains in inter-professional relations and in multi-disciplinary teamwork. This research also revealed the possibility that perceived Scope of Practice restrictions and loss of confidence in specialised skills, because of very few practice opportunities, hinder the optimal implementation of specialised skills. Conversely, implementation of specialised skills was facilitated by individual motivation, patient advocacy, supportive unit managers and expert role models.
Conclusion: The findings of this study articulated a concern for issues of implementing the skills of trauma and emergency nurse specialists in their practice. Their potential is not being optimised to ensure the productivity and sustainability of the specialist role, regardless of their confidence and competence in their specialised skills and enabling influences. Factors that were identified in hindering implementation of their specialised skills could support recommendations; this was evident from the need to address modifiable practice barriers.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Agtergrond: Die belegging in die opleiding van trauma- en noodverpleegspesialiste behoort geregverdig te word aan die hand van die bydraes wat hulle as spesialis-verpleegpraktisyns tot werklike trauma- en noodsorg lewer. Deur hierdie spesialiste ten volle volgens hulle kwalifikasies en opleiding aan te wend, word die waarde van hul bydraes binne die multidissiplinêre noodspan geoptimaliseer. Faktore wat hindernisse by die implementering van trauma- en noodverpleegkundiges se spesialisvaardighede in die praktyk aanbring of skep, word egter nie behoorlik begryp nie en behoort verder binne die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek te word. Insig in hierdie faktore kan die grondslag bied vir rigtinggewing oor die toekomstige bemagtiging van hulle rol en die optimale benutting van hul spesialisvaardighede. Metode: ’n Verkennend-beskrywende kwalitatiewe ontwerp met ’n doelgerigte en maksimumvariasie-monsternemingstegniek word gebruik. WhatsApp-video-oproepe het die gebruik van ’n semi-gestruktureerde onderhoudsgids vir die versameling van data vergemaklik. Data is tematies ontleed, soos uiteengesit in die ses stappe van Braun en Clarke. Resultate: Vier temas is in die navorsingsdata uitgewys wat hindernisse en fasiliteerders vir die spesialispraktyk saamvat: Individualistiese invloede, organisasiekonteks, rolprobleme, en rolonduidelikheid. Studiebevindings dui daarop dat trauma- en noodverpleegkundiges se vaardighede vanweë hindernisse binne die organisasiekonteks en praktykomgewing nie optimaal in hul praktykopset benut word nie. Verder veroorsaak ’n gebrek aan bewustheid oor spesialisvaardighede en die spesifieke rolfunksies van trauma- en noodverpleegspesialiste gespanne interprofessionele verhoudings en multidissiplinêre spanwerk. Hierdie navorsing identifiseer verder die moontlikheid dat waargenome praktykomvang-beperkings en die verlies van vertroue in spesialisvaardighede vanweë beperkte geleenthede in die praktyk die optimale implementering van spesialisvaardighede belemmer. Daarenteen word die implementering van spesialisvaardighede deur individuele motivering, pasiëntvoorspraak, ondersteunende eenheidsbestuurders en kundige rolmodelle vergemaklik. Gevolgtrekking: In die studiebevindings word daar kommer uitgespreek oor implementeringskwessies wat trauma- en noodverpleegspesialiste se vaardighede in hul praktyk belemmer. Hierdie spesialiste se potensiaal om produktiwiteit en volhoubaarheid ten opsigte van hul spesialisrol te verseker word nie geoptimaliseer nie, ongeag die vertroue in en bedrewenheid van hul spesialisvaardighede en die bemagtigende invloede. Die faktore wat as belemmerend by die implementering van hul spesialisvaardighede uitgewys is, kan die aanbevelings rugsteun, soos blyk uit die behoefte om veranderbare praktykhindernisse aan te pak.

Description
Thesis (MNur)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Emergency nursing -- Study and teaching -- South African, Emergency nursing -- Practice -- South African, Nurses -- Attitudes, Nurses -- Knowledge and learning, Nurses -- Training, UCTD