Development and evaluation of a demands-resources model for working mothers

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Dramatic changes in the nature of the workforce and the family dynamics of traditional families have led to the alteration of organisations. Women are increasingly entering the job market and playing more prominent roles in many organisations, which is subsequently resulting in dual-career couples. This is disturbing the balance of work environments that are moving faster every day. Companies are expecting more from their employees in terms of increased focus, higher efficiency, and greater effectiveness. Subsequently, these expectations are putting pressure on the work-life balance of working mothers, and their ability to successfully balance multiple roles. Consequently, this trend drew the researcher’s attention to the sample of working mothers. The research initiating question asked why there is variance in work engagement, burnout and intention to quit amongst working mothers in South Africa. In an attempt to answer the research initiating question the main objective of this study was to develop and empirically test a structural model that explains the antecedents of variance in work engagement, burnout, and intention to quit amongst working mothers (based on the Job Demands-Resources (JD-R) Model). This study aimed to identify the most significant antecedents of variance in work engagement, burnout, and intention to quit amongst working mothers. Additionally, it aimed to highlight the results and managerial implications of the research findings and recommend practical intervention strategies that can be implemented by organisations to increase work engagement, decrease the level of burnout, and decrease intention to quit amongst working mothers. Substantive hypotheses were formulated in an attempt to evaluate the validity of the arguments put forward in the literature review. An ex post facto correlational design was used to test the substantive hypotheses. Non-probability convenience sampling was used to obtain the sample, which included 147 working mothers in South Africa. The variables in the proposed structural model were measured through an electronic questionnaire that contained a number of measurement instruments (Utrecht Work Engagement Scale 9-item version (UWES-9); Revised Job Diagnostic Survey (JDS); Psychological Capital Questionnaire Self-Rated Version (PCQ-24); Copenhagen Burnout Inventory (CBI); Survey Work-Home Interaction – Nijmegen (SWING); Role Overload Scale (ROS); Turnover Intention Scale (TIS-3) and was distributed on social media platforms such as Facebook and LinkedIn. Biographical information (age, province of current residence, marital status, highest level of education and number of dependents) was also obtained in the questionnaire. Fifteen proposed hypotheses were tested and reported on through item analysis and partial least squares analysis (PLS). From the 15 hypotheses formulated, only eight were discovered to be statistically significant: specifically the relationship between burnout and work engagement; burnout and intention to quit; work engagement and intention to quit; role overload and burnout; negative Work-Home (WH)/Home-Work (HW) interaction and burnout; psychological capital and work engagement; job characteristics and work engagement; and the moderation effect of psychological capital on role overload and burnout. Of the seven statistically non-significant paths, six were moderating effects. The findings of this research highlighted a number of aspects that influence work engagement, burnout and intention to quit. Based on the results obtained, potential interventions are suggested for human resource managers and industrial psychologists in an attempt to reduce the levels of burnout, increase work engagement, and lower working mothers' intention to quit their jobs.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Dramatiese veranderinge in die aard van die arbeidsmag en die gesinsdinamika van tradisionele gesinne het tot die verandering van organisasies gelei . Vroue betree die arbeidsmark toenemend en speel meer prominente rolle in baie organisasies, wat tweeloopbaanpare tot gevolg het. Dit versteur die balans van werksomgewings wat elke dag vinniger voortbeweeg. Maatskappye verwag meer van hul werknemers in terme van verhoogde fokus, hoër en groter doeltreffendheid. Hierdie verwagtinge plaas gevolglik druk op die werk-lewe-balans van werkende moeders en hul vermoë om verskeie rolle suksesvol te balanseer. Hierdie tendens het die navorser se aandag op ‘n steekproef van werkende moeders gevestig. Die navorsing se inisieringsvraag het gevra waarom daar verskille onder werkende moeders in Suid-Afrika is wat werkbetrokkenheid, uitbranding en voorneme om op te hou werk betref. In die poging om die navorsingsvraag te beantwoord, was die hoofdoel van hierdie studie om 'n strukturele model te ontwikkel en empiries te toets om die aanleidig tot verskille onder werkende moeders in werksbetrokkenheid, uitbranding en voorneme om op te hou werk, te verduidelik (gebaseer op die Werk Eise-Hulpbronne Model (JD-R Model). Die doel van die studie was dus om die belangrikste aanleiding tot die wisseling in werksbetrokkenheid, uitbranding en voorneme om op te hou onder werkende moeders te identifiseer. Daarbenewens het dit ten doel gehad om die resultate en bestuursimplikasies van die navorsingsbevindinge uit te lig en praktiese ingrypingstrategieë aan te beveel wat deur organisasies geïmplementeer kan word om werkende moeders se werksbetrokkenheid te verhoog, en die vlak van uitbranding en voorneme om op te hou werk, te verminder. Substansiewe hipoteses is geformuleer in 'n poging om die geldigheid van die argumente wat in die literatuuroorsig aangevoer is, te evalueer. 'n Ex post facto korrelasie-ontwerp is gebruik om die substantiewe hipoteses te toets. Nie-waarskynlikheidsgeriefsteekproefneming is gebruik om ‘n steekproef van 147 werkende moeders in Suid-Afrika te verkry. Die veranderlikes in die voorgestelde strukturele model is gemeet deur middel van 'n elektroniese vraelys wat 'n aantal meetinstrumente ingesluit het (die Utrecht Werkbetrokkenheidskaal 9-item weergawe (UWES-9); die Hersiene werksdiagnostiese opname (JDS); die Sielkundige Kapitaal Vraelys se Self-gegradeerde Weergawe (PCQ-24); die Kopenhagen Uitbrandingsvoorraad (CBI); Opname Werk-Huis Interaksie – Nijmegen (SWING); die Roloorladingskaal (ROS) en die Omset Intensie Skaal (TIS-3). Dit is op sosialemediaplatforms soos Facebook en LinkedIn versprei. Biografiese inligting (ouderdom, provinsie van huidige woning, huwelikstatus, hoogste opleiddingsvlak en aantal afhanklikes) is ook deur die vraelys verkry. Vyftien voorgestelde hipoteses is getoets en oor verslag gedoen deur middel van item-analise en gedeeltelike kleinste-kwadrate-analise (PLS). Slegs agt uit die 15 hipoteses wat geformuleer is, is statisties betekenisvol gevind. Dit het die verband tussen uitbranding en werksbetrokkenheid; uitbranding en voorneme om op te hou; werksbetrokkenheid en voorneme om op te hou; roloorlading en uitbranding; negatiewe Werk-Huis (WH)/Huis-Werk (HW) interaksie en uitbranding; sielkundige kapitaal en werksbetrokkenheid; werkseienskappe en werksbetrokkenheid; en die modereringseffek van sielkundige kapitaal op roloorlading en uitbranding ingesluit. Ses van die sewe statisties nie-beduidende paaie, was modererende effekte. Die bevindinge van hierdie navorsing het 'n aantal aspekte uitgelig wat werksbetrokkenheid, uitbranding en voorneme om op te hou beïnvloed. Gebaseer op die resultate wat verkry is, word potensiële ingrypings vir menslike hulpbronbestuurders en bedryfsielkundiges voorgestel in 'n poging om die vlakke van uitbranding te verminder, werksbetrokkenheid te verhoog en werkende moeders se voorneme om hul werk te bedank, te verlaag.
Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Working mothers -- Psychological aspects, Work-life balance, Burn out (Psychology), Psychological Well-being, Work environment -- Psychological aspects, UCTD
Citation