Multilingual acquisition of determiner phrases in L2 English and L3 French by L1 Swahili speakers in Tanzania

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study examined the concurrent multilingual acquisition of second language (L2) English and third language (L3) French Determiner Phrases (DPs) headed by articles, by Tanzanian first language (L1) Swahili speakers. The participants recruited for this study were learning L3 French side by side with L2 English, having started learning English prior to starting to learn French, but before attaining a high level of competency in the L2 English. Therefore, this study is taken as a concurrent multilingual acquisition study as opposed to consecutive multilingual acquisition. In so doing, the study addressed three issues: the effect of the concurrent multilingual acquisition on (in)definiteness marking in L2 English and L3 French, number marking transfer and L3 French interlanguage characteristics of learners who learn English and French concurrently. Regarding the assumptions of the Fluctuation Hypothesis (FH), the prediction was that learners who learn both English and French would not face difficulties in L3 acquisition of DPs headed by articles since L2 English can transfer positively to L3 French as these languages (unlikethe L1,Swahili) both have articles. On the contrary, it was predicted that these learners would fluctuate in the use of definite and indefinite articles in the same fashion in both L2 English and L3 French, as the two languages are being acquired side by side. Moreover, transfer of L3 number marking structures were expected to be non-facilitative either from L1 Swahili, L2 English or both. In addition, the L3 French interlanguage was expected to reveal a number of complex characteristics given the presupposed difficulty entailed in multilingual acquisition. 120 L1 Swahili speaker participants from three secondary and advanced public schools in Tanzania were recruited. These participants were distributed in four groups as follows: 30 form five learners of both L2 English and L3 French,30 form three learners of both L2 English and L3 French, 30 form two learners of L2 English and L3 French and 30 form two learners of L2 English only. Participants completed an elicitation test composed of cloze, truth value judgement and picture description tasks. The test was composed in both English and French in the same format, although these were not a direct translation of each other. Form two learners who were learning both English and French did both versions. Through a mirror image method, the form two, L2 group (those who were learning only English) and the L3 group (those who were learning both L2 English and L3 French) were compared using statistical methods. In addition, a cross-sectional analysis across the L3 groups (form two, three and five) was done to determine the role of the year of instruction and the L3 French interlanguage characteristics. Results revealed that the L2 group (learners who acquire only the L2 English) were more accurate in the use of definite and indefinite articles than the L3 group (those who acquire the L2 English and the L3 French concurrently). Moreover, the L3 group performed in the same fashion in the use of both L2 English and L3 French definite and indefinite articles. In the analysis of number marking transfer, L2 English did not show any privileged positive transfer. Instead, there was evidence of negative transfer from the L1 Swahili on both the L2 English and the L3 French interlanguages, from both the L1 Swahili and L2 English on the L3 French interlanguage, and the L2 English and the L3 French on each other. Finally, the L3 French interlanguage characteristics revealed the over use of the zero article and indefinite articles in places where the definite article was obligatory. However, these characteristics were shown to reduce as years of exposure increased. In addition, in the lower levels, the use of other forms and omission were also revealed as part of the L3 interlanguage characteristics of a multilingual learner. These results were interpreted as the effect of concurrent multilingual acquisition of two foreign languages. Thus, apart from the linguistic and other external factors, the type of multilingual acquisition process, in terms of the number of languages involved,can also determine the type of interlanguage produced by a multilingual learner. In addition, the current results have shown that transfer in multilingual acquisition is not necessarily facilitative in cases where there are two or more target languages involved in the multilingual acquisition process.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het ondersoek ingestel rakende die gelyktydige veeltalige verwerwing van tweedetaal (L2)-Engels en derdetaal (L3)-Frans Determineerder Frases (DP’s) met lidwoorde as hoof, deur Tanzaniese eerstetaal (L1)-Swahili sprekers. Die deelnemers wat gewerf is vir die studie het L3 Frans tesame met L2 Engels geleer; hulle het Engels begin leer voordat hulle Frans begin leer het, maar voordat hulle ’n hoë bevoegdheidsvlak in die L2-Engels verwerf het. Hierdie studie is dus ’n gelyktydige veeltalige verwerwingstudie, in kontras met opeenvolgende veeltalige verwerwing. Hierdeur ondersoek die studie drie kwessies: die gevolg van die gelyktydige veeltalige verwerwing op die aanduiding van (on)bepaaldheid in L2-Engels en L3-Frans, die oordrag van getal-aanduiding, en L3-Frans intertalige eienskappe van leerders wat Engels en Frans gelyktydig aanleer. Wat die aannames van die Fluktuasie-Hipotese (FH) betref, was die voorspelling dat die leerders wat beide Engels en Frans aanleer, nie probleme sou ondervind in L3-verwerwing van DP’s met lidwoorde as hoof nie, omdat L2-Engels positief oorgedra kan word na L3-Frans, aangesien hierdie tale (in teenstelling met die L1, Swahili) albei lidwoorde het. Inteendeel, daar is voorspel dat hierdie leerders sou fluktureer in die gebruik van bepaalde en onbepaalde lidwoorde op dieselfde manier in beide L2-Engels en L3-Frans, aangesien die twee tale gelyktydig verwerf word. Verder is daar verwag dat oordrag van getal-aanduiding in die L3 nie-fasiliterend sal wees van L1-Swahili, L2-Engels of albei. Daar is verwag dat die L3-Franse tussentaal ’n aantal komplekse eienskappe sou vertoon, gegewe die veronderstelde moeilikheidsgraad van veeltalige verwerwing. 120 deelnemers wat L1-sprekers van Swahili was, is gewerf van drie sekondêre en gevorderde publieke skole in Tanzanië. Hierdie deelnemers is verdeel in vier groepe soos volg: 30 vlak-vyf leerders van beide L2-Engels en L3-Frans, 30 vlak-drie leerders van beide L2-Engels en L3-Frans, 30 vlak-twee leerders van L2-Engels en L3-Frans, en 30 vlak-twee leerders van slegs L2-Engels. Die deelnemers het ’n ontlokkingstoets voltooi, wat bestaan het uit ’n “cloze”-toets, die oordeel van waarheidswaarde, en prentjie-beskrywingstake. Die toets is opgestel in beide Engels en Frans in dieselfde formaat, alhoewel hulle nie direkte vertalings van mekaar was nie. Vlak-twee-leerders wat beide Engels en Frans geleer het, het albei weergawes gedoen. Deur ’n spieëlbeeldmetode is die vlak-twee L2-groep (diegene wat slegs Engels leer) en die L3-groep (diegene wat beide L2-Engels en L3-Frans leer) vergelyk deur middel van statistiese metodes. Verder is ’n kruis-snit-analise van die L3-groepe (vlakke twee, drie en vyf) gedoen om vas te stel wat die rol van die jaar van onderrig en die eienskappe van die L3-Franse intertaal was. Die resultate het getoon dat die L2-groep (leerders wat slegs die L2-Engels verwerf het) meer akkuraat was in die gebruik van bepaalde en onbepaalde lidwoord, as wat die L3-groep (diegene wat die L2-Engels en die L3-Frans gelyktydig verwerf het) was. Verder was die L3-groep se gebruik van bepaalde en onbepaalde lidwoorde dieselfde in beide L2-Engels en L3-Frans. In die analise van die oordrag van getal-aanduiding het Engels nie enige bevoorregte positiewe oordrag getoon nie. Inteendeel, daar was negatiewe oordrag van die L1-Swahili op beide die intertale van L2-Engels en L3-Frans, van beide die L1-Swahili en L2-Engels op die L3-Franse intertaal, en van die L2-Engels en die L3-Frans op mekaar. Laastens het die L3-Franse intertaal-eienskappe gedui op ’n oormatige gebruik van die nul-lidwoord en onbepaalde lidwoorde in plekke waar die bepaalde lidwoord verpligtend was. Hierdie eienskappe het egter verlaag soos wat die aantal jare se blootstelling verhoog het. In die laer vlakke was die gebruik van ander vorme en weglatings ook kenmerkend as deel van die L3-intertalige eienskappe van ’n veeltalige leerder. Hierdie resultate is geïnterpreteer as die effek van gelyktydige veeltalige verwerwing van twee vreemde tale. Dus, bo en behalwe die talige en ander eksterne faktore, kan die tipe veeltalige verwerwingsproses, met betrekking tot die aantal tale wat betrokke is, ook bepaal watter tipe intertaal deur ’n veeltalige leerder geproduseer sal word. Verder het die huidige resultate getoon dat oordrag in veeltalige verwerwing nie noodwendig fasiliterend is in gevalle waar daar twee of meer teikentale betrokke is in die veeltalige verwerwingsproses nie.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Multilingual acquisition, Grammar, Comparative and general -- Determiners, First language Swahili speakers -- Tanzania, Second language English speakers -- Tanzania, Third language French speakers -- Tanzania, UCTD
Citation