Design optimisation and performance of a simplified 5 MW reluctance synchronous wind generator

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Wind turbines are one of the solutions currently being implemented to address a globally increasing energy demand. Ongoing research, concerning every aspect of a wind turbine, aims to find better solutions in this field. One of these research aspects is the generator. This study investigates a 5 MW, 10- pole, 3-phase, medium speed, reluctance synchronous wind generator. These generators often make use of distributed flux-barriers in their rotors, with varying levels of complexity. However, in this thesis, a much simpler salient pole rotor design is investigated that addresses a lack in the body of knowledge on simple, multi-megawatt reluctance synchronous generators (RSGs). The salient-pole RSG is compared to a published equivalent RSG that has a typical flux-barrier rotor. In order to make this comparison, the design parameters of the salient-pole RSG are kept as close as possible to that of the flux-barrier RSG. Performance results are obtained by combining a FEM- and an optimisation package for the design optimisation of the salient-pole RSG. The FE results are verified with a second, independent FEM package. From the performance results, a low power factor is clearly one of the weakest aspects of the salient-pole RSG design. In an attempt to improve this low power factor, a few modifications a remade to the salient-pole rotor structure, based on rotor designs from the literature. These modifications include slitting, chamfering and tapering. The power factor is most improved by a fourth, more substantial, modification resulting in a split-pole RSG design. For this design, the rotor poles are split down the middle and separated by an air-gap. Finally, suggestions are made for the physical construction of such a split-pole design, which is accompanied by a FE deformation analysis.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Windturbines is een van die oplossings wat tans geïmplementeer word om ’n wêreldwye toenemende energiebehoefte aan te spreek. Voortgesette navorsing rakende elke aspek van ’n windturbine, het ten doel om beter oplossings op hierdie gebied te vind. Een van hierdie navorsingsfokusse is die generator. Hierdie studie ondersoek ’n 5 MW, 10-pool, driefase, medium-spoed, reluktansie sinchrone windgenerator. Hierdie generators maak dikwels gebruik van verspreide vloedversperrings in die rotors, met verskillende vlakke van kompleksiteit. In hierdie tesis word ’n veel eenvoudiger speekpool rotor ontwerp ondersoek wat die gebrek aan kennis oor eenvoudige, multi-megawatt reluktansie sinchroongenerators (RSG’s) aanspreek. Die speekpool RSG word vergelyk met ’n gepubliseerde ekwivalente RSG wat ’n tipiese vloedversperringsrotor het. Ten einde hierdie vergelyking te tref, word die ontwerpparameters van die speekpool RSG so na as moontlik aan die van die vloedversperringsrotor-RSG gehou. Vermoë-resultate word verkry deur ’n FEMen ’n optimaliseringspakket te kombineer vir die ontwerpoptimalisering van die speekpool RSG. Die FE-resultate word bevestig met die resultate van ’n tweede, onafhanklike FEM-pakket. Vanuit die vermoë-resultate is die lae arbeidsfaktor duidelik een van die swak aspekte van die speekpool RSG ontwerp. In ’n poging om hierdie lae arbeidsfaktor te verbeter, word ’n paar wysigings aangebring aan die speekpool rotorstruktuur, gebaseer op rotor-ontwerpe vanuit die literatuur. Hierdie wysigings sluit in splitsing, afkanting en tapsafwerking. Die arbeidsfaktor word die beste verbeter deur ’n vierde, meer wesenlike aanpassing naamlik ’n gesplete-pool RSG ontwerp. Vir hierdie ontwerp word die rotorpool in die middel verdeel,geskei deur ’n luggaping. Laastens word voorstelle gemaak vir die fisiese konstruksie van so ’n gesplete-pool ontwerp, tesame met FEvervormingsanalise.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Performance simplified 5 MW, UCTD, Wind turbines, Wind energy, Multidisciplinary optimization (Engineering design)
Citation