Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies : 'n gevallestudie

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die artikel doen verslag van ’n studie wat onderneem is oor die onderrig en leer van Afrikaans as tweede taal1 aan studente met gehoorverlies. Die teoretiese raamwerk van die navorsing is die tweedetaalverwerwingsteorie van Krashen (1981; 1982) – veral sy hipotese oor die affektiewe filter, wat volgens Krashen (1982:31) beteken dat die aanleer van ’n taal2 deur affektiewe faktore wat motivering, selfvertroue en angs insluit, beïnvloed word. Krashen (1981; 1982) se hipotese oor die affektiewe filter is belangrik vir ons studie aangesien studente3 met verskillende grade van gehoorverlies ’n motiverende en bemagtigende klasomgewing benodig, want hulle betree die taalverwerwingsruimte reeds met ’n agterstand. Studente met gehoorverlies ervaar die taalverwerwingsproses as moeilik, tydrowend en vernederend of vreesaanjaend – veral as hulle met uitspraak of spelling sukkel. Aansluitend by Krashen, is Moss en Blaha (1993) en Pekrun, Goetz, Titz en Perry (2002) se teoretiese raamwerke oor akademiese emosie gebruik. Voorts het ons doofheidstudies aan die hand van verskeie navorsers soos Case (2005), Busch (2012), Bell (2013) en Hernandez (2017) bespreek. Studente met gehoorverlies benodig verskeie klaskamer- en kurrikulumaanpassings, onder andere om teen ’n rustiger tempo te werk, van tolke gebruik te maak, en om alternatiewe assessering af te lê vir taaltoetse wat rondom gesproke taal gesentreer is. In ons artikel bespreek ons klaskamerstrategieë vir beide die dosent4 en die betrokke studente. Klaskamerstrategieë verwys hier na ’n verskeidenheid maniere waarop die dosent (en student) te werk kan gaan om die taalverwerwingsproses te vergemaklik. Deur die artikel poog ons om die volgende navorsingsvraag te beantwoord: Hoe kan taalverwerwingsklaskamers vir en rondom studente met gehoorverlies aangepas word? ’n Literatuurstudie oor die taakgebaseerde benadering, akademiese emosies, gehoorverlies en strategieë vir klaskameraanpassings word eerstens verskaf ten einde ’n kwalitatiewe agtergrond vir die artikel te verskaf. Tweedens gebruik ons deelnemende aksienavorsing met ’n gevallestudiekomponent waarin ’n vraelys saam met ’n aangepaste taakgebaseerde les gebruik is om te bepaal wat die behoeftes van die studente met gehoorverlies is wat Afrikaans as tweede taal op universiteit aanleer. Ons resultate toon dat studente met gehoorverlies met meer gemak ’n taal sal verwerf indien hulle ’n belangstelling in die taal het en opgewonde is oor die taalverwerwingsproses en -lesse.5 Ons het ook bevind dat aangepaste taalverwerwingslesse wel dié studente kan help om Afrikaans as tweede taal te verwerf.
This article aims to relay the findings of a study done surrounding students with hearing loss. The broader study of which only a part is recorded in the article focused on Afrikaans second language acquisition for deaf and hard of hearing students at university level. The broader study examined the relevance of the task-based approach to Afrikaans second language teaching for deaf students and students with hearing loss.
Description
CITATION: De Waal, M. & Adendorff, E. 2020. Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies : 'n gevallestudie. LitNet Akademies, 17(3):815-849.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Afrikaans language -- Study and teaching, Hearing impaired students -- Education, Inclusive education, Deaf students -- Language
Citation
De Waal, M. & Adendorff, E. 2020. Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies : 'n gevallestudie. LitNet Akademies, 17(3):815-849.