dc.contributor.author | Viviers, Etienne | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2020-10-26T07:41:02Z | |
dc.date.available | 2020-10-26T07:41:02Z | |
dc.date.issued | 2020 | |
dc.identifier.citation | Viviers, E. 2020. 'n Kritiese beskouing van Winfried Ludemann se teoretisering oor 'n musikale versoeningsdialoog. LitNet Akademies, 17(2):42-81. | |
dc.identifier.issn | 1995-5928 (online) | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/108904 | |
dc.description | CITATION: Viviers, E. 2020. 'n Kritiese beskouing van Winfried Ludemann se teoretisering oor 'n musikale versoeningsdialoog. LitNet Akademies, 17(2):42-81. | |
dc.description | The original publication is available at https://www.litnet.co.za | |
dc.description.abstract | In sy gewigtige en komplekse teoretisering oor musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid
en Suid-Afrikaanse demokrasie formuleer Winfried Lüdemann ’n metodologie – of selfs ’n
bloudruk – wat die georganiseerde beskerming van postapartheid Suid-Afrika se musiekkulturele
diversiteit voorstaan. Sy voorgestelde aksie van dialoogvoering word aangebied as ’n versoeningsmeganisme waarsonder die moontlikheid van ’n multikulturele demokrasie ongedaan gemaak
kan word. Alhoewel die teoretiese raamwerk van Lüdemann se gedagtegang ingewikkelde
invalshoeke aan onder andere paleomusikologie en ekumeniese teologie ontleen, is daar ’n
ongekompliseerde samevalling tussen sy betoog vir die beskerming van musiekkulturele
diversiteit en eietydse, spesifiek Afrikaanse veldtogte by universiteite vir die beskerming van
taaldiversiteit in postapartheid Suid-Afrika. In hierdie artikel word uitvoerig ondersoek ingestel
na die spesifieke gedagtes en redenerings wat Lüdemann in hierdie verband met musiek se
beskerming voorhou. Tesame met die uitwysing van enkele drogredenasies in sy voorgestelde
sillogistiese metode om musiekkulturele diversiteit te implementeer en in stand te hou, word
in hierdie artikel verskil met sy mening dat multikulturele samelewings se vreedsame naasbestaan
afhanklik is van musikale interaksie en ’n versoenende musikale dialoogvoering rondom die
gemeenskaplike waarde van menslikheid of menswaardigheid. Melding word gemaak van hoe
enige toepassing van Lüdemann se voorgestelde metodologie of bloudruk onopsetlik die
anachronistiese kulturele landskap van apartheid sou ondersteun in ’n scenario waar monistiese
musiekkulture mekaar op ’n denkbeeldige tussengrond moet probeer ontmoet en daarna met
mekaar ’n versoeningsdialoog voer. Indringende vrae word gestel oor sy opvatting dat veral
Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek beskerm moet word om te dien as bolwerk teen die
eenvormige versmelting van musiekkulturele diversiteit en die daarmee gepaardgaande en
oënskynlike ongedaanmaking van Suid-Afrika se postapartheid demokrasie. Lüdemann se
oortuiging dat interkulturele dialoogvoering met musiek nie deur middel van vertaling kan
gebeur nie, word ook aan kritiese bevraagtekening onderwerp. | en_ZA |
dc.description.abstract | Winfried Lüdemann is one of the prominent examples of South African musicologists who are
sometimes regarded as practising a neutral and apolitical approach to their discipline. In this
regard, my research in this article thoroughly investigates Lüdemann’s thinking. My criticism
throughout of Lüdemann should be understood as an attempt to understand South African
musicology’s disciplinary problem of effecting a transition from apartheid’s intellectual
framework to that of the post-apartheid era, specifically by using one academic’s work as an
important example. Lüdemann’s weighty and complex theorisation about music, cultural
diversity, human dignity and South African democracy – or, more briefly, what in my article
title is called his theorisation of a musical dialogue of reconciliation – is the overriding theme,
selected from more or less three decades of his musicological research, through which this
investigation into the transition of South African musicology is conducted. | |
dc.format.extent | 40 pages | |
dc.language.iso | af | en_ZA |
dc.publisher | LitNet Akademies | |
dc.subject | Musicology | en_ZA |
dc.title | 'n Kritiese beskouing van Winfried Ludemann se teoretisering oor 'n musikale versoeningsdialoog | af_ZA |
dc.title.alternative | A critical consideration of Winfried Ludemann’s theorisation about a musical dialogue of reconciliation | en_ZA |
dc.type | Article | en_ZA |
dc.description.version | Publisher's version | |
dc.rights.holder | Author retains copyright | |