Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin
Date
2020
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Akademies
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie ondersoek is om gesinsprosesse en -kenmerke wat verband hou met
veerkragtigheid in enkelma-gesinne waar ’n kind van ’n ander ras as dié van die ma aangeneem
is, te identifiseer en te beskryf. As teoretiese vertrekpunt is ’n sterkteperspektief wat in die
positiewe sielkunde gegrond is, gekies. McCubbin en McCubbin (2001) en Walsh (2016) se
gesinsveerkragtigheidsteorieë vorm gesamentlik die raamwerk waarbinne hierdie ondersoek
beplan en gedoen is. As deel van ’n verkennende navorsingsontwerp is onderhoude gevoer met
ses wit vroue wat in die Wes-Kaap woonagtig was en ’n kind of kinders van ’n ander ras
aangeneem het. Inligting is deur middel van semigestruktureerde onderhoude ingesamel en die
inligting is met behulp van die Atlas.ti-rekenaarprogram (ATLAS.ti.v7, URL 2013) ontleed.
Die volgende gesinsveerkragtigheidskenmerke het na vore gekom: Die transrasaangenome
kind is goed toegerus met vaardighede om potensiële krisisse rakende sy transrasaangenome
status te hanteer; die moeder is voorberei vir moederskap voor die aanneming plaasgevind
het; sosiale kontak en die ondersteuning van die uitgebreide familie is vir die gesin van belang;
gevestigde gesinspatrone, openlikheid oor die aanneming en die benutting van eksterne
hulpbronne help ook die transrasgesin om krisissituasies beter te hanteer. Hierdie bevindinge
kan van nut wees en as hulpbronne dien vir potensiële aanneemma’s ten einde hulle voor te
berei vir die aanneming van ’n kind van ’n ander ras. Die bevindings verskaf ook belangrike
inligting aan ondersteuningspartye (byvoorbeeld die maatskaplike werker) wat betrokke is by
transrasaanneming in Suid-Afrika.
ENGLISH ABSTRACT: Families in which there is an adopted child of another race are confronted by all “normal” adoptive family crises, while they also need to handle crises that arise from transracial adoption. The greatest challenge with which the adoptive parent is confronted is to help the transracial adopted child to form his/her own identity (Quintana 2007; Vonk 2001). The aim of this study was to identify and describe the family processes and characteristics related to resilience in single-mother families in which there is an adopted child from a race other than that of the mother.

Description
CITATION: Oosthuizen, M. & Greeff, A. P. 2020. Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin. LitNet Akademies, 17(2):82-112.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Single mothers, Interracial adoption, Adopted children, Adopted children -- Family relationships
Citation
Oosthuizen, M. & Greeff, A. P. 2020. Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin. LitNet Akademies, 17(2):82-112.