'n Ondersoek na die seleksie en funksie van internasionale kinderboeke wat in Afrikaans vertaal is vir die tydperk 1990-2018

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Afrikaans translations from international source texts are an important part of the Afrikaans children’s book industry. Afrikaans children’s book publishers regard the translation of international children’s books as an economically viable publication option to fill the gaps in local book production. Although many international children’s books are on offer, only a handful of these books are translated into Afrikaans. This research aims to investigate local and international power relations at play in die selection of international children’s books for translation into Afrikaans for the period 1990-2018 and the function of these translations in the Afrikaans target culture. The study unfolds in two stages. Firstly, by means of an analysis of an inventory of international children’s books that were translated into Afrikaans during the period 1990-2018. The inventory has been compiled especially for this research project. Secondly, by means of an analysis of interviews conducted with the most prominent publishers of translated international children’s literature in Afrikaans. The inventory of translated international children’s books indicates which books have been selected for translation into Afrikaans during the period 1990-2018. An analysis of the inventory also reveals broad selection trends. These selection trends indicate which gaps in local Afrikaans children’s book production are filled by translations and also provide information about the publishers involved in the translation of international children’s books into Afrikaans. Interviews with the most prominent publishers of translated international children’s books provide insights into the ideological power relations that influence the selection process. These are poetics, translation norms, the habitus of the publisher, and local and international political and ideological power relations. These power relations can either act as constraints or as incentives in the selection process. This research primarily aims to contribute to studies in translated Afrikaans children’s literature in South Africa and to provide insight into the ideological power relations that influence the selection of international children’s books for translation into Afrikaans and the function of these translations in the Afrikaans target culture. The inventory of translated Afrikaans children’s books of international origin for the period 1990-2018 also fills an important gap in publication statistics.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Afrikaanse vertalings van internasionale herkoms speel ’n belangrike rol in die Afrikaanse kinderboekbedryf. Afrikaanse kinderboekuitgewers beskou die vertaling van internasionale kinderboeke as ’n ekonomiese publikasie-opsie om hiate te vul in plaaslike Afrikaanse boekproduksie. Uit ’n aanbod van talle internasionale kinderboeke word daar egter net ’n handvol geselekteer vir vertaling in Afrikaans. Hierdie studie stel ondersoek in na die plaaslike en internasionale magstrukture wat ’n rol speel in die seleksie van kinderboeke van internasionale herkoms vir vertaling in Afrikaans in die tydperk 1990-2018 en die funksie wat sodanige vertalings in die Afrikaanse doelkultuur verrig. Die ondersoek geskied hoofsaaklik in twee fases. Eerstens deur die analise van ’n inventaris van internasionale kinderboeke wat in Afrikaans vertaal is vir die tydperk 1990-2018 en wat spesifiek vir die doeleindes van hierdie studie saamgestel is. Tweedens deur die analise van onderhoude wat met die prominentste uitgewers van vertaalde Afrikaanse kinderliteratuur van internasionale herkoms gevoer is. Die inventaris van internasionale kinderboeke wat in Afrikaans vertaal is dui aan watter boeke vir vertaling geselekteer is in die tydperk 1990-2018. ’n Analise van die inventaris lê ook breë seleksietendense bloot. Hierdie seleksietendense wys op die hiate wat internasionale kinderboeke in plaaslike Afrikaanse boekproduksie vul en dit bied ook inligting oor die uitgewers wat in die tydperk 1990-2018 by die vertaling van internasionale kinderboeke in Afrikaans betrokke was. Onderhoude met die prominentste uitgewers van vertaalde internasionale kinderboeke in Afrikaans bied insig in die ideologiese magstrukture wat ’n invloed uitoefen op die seleksieproses. Dié magstrukture gaan sowel beperkend as motiverend in die seleksieproses te werk en is naamlik die poëtika, vertaalnorme, die habitus van die uitgewer sowel as plaaslike en internasionale politieke en ideologiese magsverhoudings. Hierdie studie het primêr ten doel om ’n bydrae te lewer tot vertaalde Afrikaanse kinderliteratuur in Suid-Afrika deur insig te bied in die ideologiese magstrukture wat ’n invloed uitoefen op die seleksie van internasionale kinderboeke vir vertaling in Afrikaans en die funksie wat sodanige vertalings in die Afrikaanse doelkultuur verrig. Die inventaris van vertaalde Afrikaanse kinderboeke van internasionale herkoms vir die tydperk 1990-2018 vul ook ’n belangrike hiaat in produksiestatistiek.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Children's literature -- Translations into Afrikaans, Publishers -- South Africa -- Political aspects, Children's literature, Afrikaans, UCTD
Citation