Die effek van 'n luistervaardigheidsprogram op die luistergedrag van Afrikaanssprekende Graad 2 leerders in die grondslagfase : 'n gevallestudie

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : Listening skills in children, especially in the ages from birth to nine years old, has decreased through the years. Research has shown that a lack of listening skills has a definite influence on children’s performances in school. This means that, if children find it difficult to listen properly, they will most likely, experience difficulties in all the aspects of language, that is reading, writing and speaking, as for listening skills are the most important and first skills that are learnt even before a child is born. This study was conducted at a school in the Overberg district, in the Western Cape, in South Africa. The researcher has also experienced that over the years that more children find it progressively difficult to listen. The time allocated for teaching listening skills in class doesn’t seem enough or has little to no impact on their listening skills. Therefore the researcher conducted this study to determine if the learner’s listening skills and behaviour improved after a structured listening programme was followed for six weeks. The learners of one Afrikaans grade 2 class participated in this qualitative research that was conducted within a case study research design. Data was collected by means of a pre-test before the implementation of a listening programme for six weeks. This was followed by conducting a post-test. The Foundation Phase teachers were asked to complete a questionnaire, and a semi-structured interview was held with a learning support teacher. This data was then analysed to obtain a clearer view of their opinion regarding children’s listening skills and the use of a listening programme in class. The findings of this study indicated that it is possible to improve listening skills in foundation phase learners through explicit teaching strategies such as in a structured programme over time. The researcher is of the opinion that schools need to investigate the possibility of developing children’s listening behaviour and listening skills through a listening programme.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Luistervaardighede in kinders, van geboorte tot en met negejarige ouderdom, het oor die afgelope aantal jare toenemend afgeneem. Navorsing toon dat ’n gebrek aan luistervaardighede ’n definitiewe invloed het op leerders se skolastiese prestasies. Dit beteken dat, indien leerders dit moeilik vind om te luister, hul dit heel waarskynlik ook moeilik sal vind om te lees, skryf en praat. Luistervaardighede is die belangrikste en eerste vaardighede wat aangeleer word selfs nog voordat ‘n baba gebore word. Hierdie studie is gedoen by ’n skool in die Overberg distrik in die Wes-Kaap, in Suid-Afrika. Die navorser het oor die afgelope jare ondervind dat leerders dit toenemend moeilik vind om te luister. Die tyd wat toegestaan word aan die onderrig van luistervaardighede blyk nie genoegsaam te wees nie of het weinig tot geen positiewe verandering op leerders se luistervaardighede. Die navorser het ten doel gehad om te bepaal of ’n luistervaardigheidsprogram ’n positiewe impak sal hê op leerders se luistergedrag en -vaardighede. Die leerders van een Afrikaanse Graad 2 klas, het deelgeneem aan hierdie kwalitatiewe navorsing wat binne die navorsingsontwerp van ’n gevallestudie nagevors is. Data is ingesamel in die vorm van ’n voor-toets voordat ’n luistervaardigheidsprogram vir ses weke geïmplementeer is. Dit is opgevolg met die afneem van ’n na-toets. Die grondslagfase opvoeders van die betrokke skool is gevra om ’n vraelys te voltooi en ’n semi-gestruktureerde onderhoud is met ‘n leerondersteuningsopvoeder gevoer. Hierdie data is geanaliseer om ’n beter perspektief te kry rakende die luistervaardighede van leerders en die implementering van ’n luistervaardigheidsprogram in die klas. Die bevindinge van hierdie navorsing is dat dit moontlik is om grondslagfase leerders se luistervaardighede te ontwikkel deur onderrigstrategieë, soos die aanbieding van ’n gestruktureerde luistervaardigheidsprogram oor ’n tydperk. Die navorser is van mening dat skole die moontlikheid van die implementering van ’n gestruktureerde luistervaardigheidsprogram moet ondersoek sodat leerders se luistergedrag en -vaardighede ontwikkel kan word.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Listening comprehension, School children, Afrikaner students, UCTD
Citation