The development of an executive mayoral competency model

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : In South Africa, municipalities form a central part of the government delivery system. They play a pivotal role in communities by adding value to the community, by providing municipal services. Unfortunately, not all municipalities are performing as well as they should. The challenges that municipalities face require a mayor with strong leadership abilities. The objective of this study was to gain a deeper understanding of the different job outcomes of executive mayors, as well as the specific behaviour needed in order to achieve these outcomes. Moreover, this study was set out to develop a competency model specifying behavioural competencies needed to achieve specific mayoral job outcomes. An extensive literature review enabled the researcher to develop a preliminary job outcome model specifying the various job outcomes required for effective service delivery to take place. In addition, a broad competency framework was developed from the job outcome model as well as prominent leadership theories. This study followed a qualitative approach, which enabled the researcher to identify specific behaviours within each competency of the broad competency framework. The critical incident technique served as a research methodology and as a method for data collection and analysis. Interviews were conducted with 6 executive mayors from which a total of 692 critical incidents were identified signifying 33 specific behaviours. The way in which the data was collected and analysed enabled the researcher to establish direct linkages between the broad competencies and specific job outcomes and between the specific behaviours and the various job outcomes. These linkages can be tested and empirically verified in future studies. The specific behaviours underlying the broad competency categories provide a rich description of mayoral behaviour needed for effective municipal service delivery. The results of this study can be a valuable source of information for municipalities to inform the selection and development of competent executive mayors.
AFRIKAANSE OPSOMMING : In Suid-Afrika vorm munisipaliteite 'n sentrale deel van die regeringstelsel. Munisipaliteite speel 'n deurslaggewende rol in gemeenskappe en voeg waarde by tot gemeenskappe deur die verskaffing van munisipale dienste. Ongelukkig presteer alle munisipaliteite nie soos wat hulle moet nie. Die uitdagings waarmee munisipaliteite te kampe het, verg 'n burgemeester met sterk leierskap eienskappe. Die doel van hierdie studie was om 'n dieper begrip te kry van die verskillende werksuitkomste van uitvoerende burgemeesters, asook die gedrag wat nodig is om hierdie uitkomste te bereik. Hierdie studie is uiteengesit om 'n bevoegdheidsmodel te ontwikkel wat gedrag spesifiseer wat nodig is om spesifieke werksuitkomstes te bereik. Die literatuur studie het die navorser in staat gestel om 'n voorlopige werksuitkomste model te ontwikkel wat die verskillende werkuitkomstes spesifiseer wat benodig word vir effektiewe dienslewering. Die navorser het 'n breë bevoegdheidsraamwerk ontwikkel vanuit die werk uitkomsmodel asook prominente leierskapsteorieë. Hierdie studie het 'n kwalitatiewe benadering gevolg wat die navorser in staat gestel het om spesifieke gedrag binne elke bevoegdheid vanuit die breë bevoegdheidsraamwerk, te identifiseer. Die kritieke insident tegniek het gedien as navorsingsmetodologie en as metode vir die insameling en analise van data vir hierdie studie. Onderhoude is gevoer met 6 uitvoerende burgemeesters waaruit altesaam 692 kritiese insidente geïdentifiseer is, wat 33 verskillende soorte gedrag verteenwoordig. Die manier waarop die data versamel en ontleed is, het die navorser in staat gestel om direkte skakels tussen die breë bevoegdhede en spesifieke werkuitkomste en tussen die spesifieke gedrag en die verskillende werksuitkomste te identifiseer. Hierdie skakelings kan in toekomstige studies getoets en empiries bevestig word. Die spesifieke gedrag onderliggend aan die breë bevoegdheidskategorieë bied 'n ryk beskrywing van die gedrag van burgermeesters wat nodig is vir effektiewe munisipale dienslewering. Die resultate van hierdie studie kan 'n waardevolle inligtingsbron vir munisipaliteite wees om bekwame uitvoerende burgemeesters te verkies en te ontwikkel.
Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Mayors -- Ability testing -- Mathematical models -- South Africa, Competency-based educational tests, Municipal government -- South Africa, UCTD
Citation