A theoretical model for the preparation of an inclusive and bias-free expression dictionary
Date
2020-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The key to truly effective interpersonal relations is inclusive and bias-free expression, as language, culture, and society are inextricably intertwined. Expressions such as freedom, equality, ethics, justice, fairness, and objectivity have a prominent place within all cultural and societal contexts. Exclusive or biased expression may significantly impair how freedom is protected, equality upheld, ethics adhered to, justice meted, fairness preserved, and objectivity maintained. This can lead to individuals and groups of people being abused, bullied, dehumanised, oppressed, stereotyped, and othered. This unjust treatment might be based on gender, race, ethnic group, place of origin, sexual orientation, belief system, age, physical specific needs, and/or economic condition, among many others.
This dissertation addresses three relevant, timely, and impactful lexicographical questions:
•Are general English language dictionaries biased?
•If so, how?
•What kind of dictionary can be written to improve upon this situation? Despite there being widespread biased and exclusive expression in the English language, general dictionaries do not do an adequate job of alerting users to this usage. Users accessing these lexicons are usually only getting a part of the full picture, information that ignores these aspects, or even descriptions which promote further biased and exclusive usage. Therefore, these lexicons are biased.
The dissertation begins by utilising a sociolinguistic framework to identify, describe, and illustrate biased and exclusive usage in the English language, focusing on some of the origins and current manifestations of the oppression and othering of two groups: females, and Hispanic Peoples.
Next, eight example expressions help to scrutinise the performance of twelve habitually utilised general English language dictionaries, from the bias and exclusion perspectives. As a whole, these lexicons do not provide insight into how inequality, othering, and victimisation work through language. Their biased treatment is contrasted with how an inclusive and bias-free expression dictionary would handle these expressions, including some not yet incorporated into the general lexicons. This is followed by a comprehensive analysis of the users who will benefit from this specialised dictionary, and how to best fit their needs. These range from learners of the English language, all the way through scholars performing next-level research. The role this lexicon plays within a dictionary culture is also explored.
Then, there is a thorough description of the typology, structures, functions, and content, along with lexicographers as real people, followed by a commentary on the benefits of electronic resources, suggestions for derivative works, and a recap of the contemplative and transformative characteristics of this dictionary.
A problem in the current lexicographic practice is a lack of inclusive and bias-free expression dictionaries. To date, metalexicography has not assisted practical lexicographers in a sufficient way to plan and compile them. Factors including the interplay of exclusionary connotations of expressions, and the nuances and gradations of biased expression are beyond the scope of regular lexicons. This dissertation remedies this by providing a theoretical model for the preparation of a dictionary focused on biased and exclusive expression, so that users will have a trusted lexicographical reference covering these crucial aspects of language and communication.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sleutel tot werklik effektiewe interpersoonlike verhoudings is inklusiewe en vooroordeelvrye uitdrukking, aangesien taal, kultuur en die samelewing onlosmaaklik verweef is. Uitdrukkings soos vryheid, gelykheid, etiek, geregtigheid, billikheid en objektiwiteit het 'n prominente plek in alle kulturele en sosiale kontekste. Eksklusiewe of partydige uitdrukking kan dit aansienlik benadeel hoe vryheid beskerm word, gelykheid gehandhaaf word, etiek en geregtigheid nagekom word, billikheid behou word en objektiwiteit gehandhaaf word. Dit kan daartoe lei dat individue en groepe mense mishandel, geboelie, gedehumaniseer, onderdruk, gestereotipeer en uitgesluit word. Hierdie onregverdige behandeling kan gebaseer wees op geslag, ras, etniese groep, plek van herkoms, seksuele oriëntasie, geloofstelsel, ouderdom, fisieke spesifieke behoeftes en/of ekonomiese toestand, onder andere. Hierdie proefskrif behandel drie relevante en impakvolle leksikografiese vrae: • Is algemene woordeboeke in Engels bevooroordeeld? • Indien wel, hoe? • Watter soort woordeboek kan saamgestel word om hierdie situasie te verbeter? Alhoewel daar wydverspreide vooroordeel en eksklusiewe uitdrukking in die Engelse taal is, doen algemene woordeboeke nie voldoende werk om gebruikers hierteen te waarsku nie. Gebruikers wat toegang tot hierdie leksikons kry, kry gewoonlik net 'n deel van die geheelbeeld, inligting wat hierdie aspekte ignoreer, of selfs beskrywings wat verdere bevooroordeelde en eksklusiewe gebruik bevorder. Daarom is hierdie leksikons bevooroordeeld. Die proefskrif begin met die gebruik van 'n sosiolinguistiese raamwerk om die bevooroordeelde en eksklusiewe gebruik in Engels te identifiseer, te beskryf en te illustreer, met die fokus op sommige aspekte van die oorsprong en huidige manifestasies van die verdrukking en die uitsluiting van twee groepe: vrouens en sommige mense van Spaanse herkoms. Vervolgens help agt voorbeelduitdrukkings uit twaalf algemeen gebruikte algemene Engelse taalwoordeboeke om vooroordeel en uitsluiting te illustreer. In die geheel bied hierdie leksikons geen insig in hoe ongelykheid, uitsluiting en viktimisering deur taal werk nie. Hul partydige behandeling word gekontrasteer met hoe 'n inklusiewe en vooroordeelvrye uitdrukkingswoordeboek hierdie uitdrukkings sou hanteer, waaronder sommige wat nog nie in die algemene leksikon opgeneem is nie. Dit word gevolg deur 'n uitgebreide analise van die gebruikers wat voordeel trek uit hierdie gespesialiseerde woordeboek, en hoe om die beste in hul behoeftes te voorsien. Dit wissel van leerders van Engels, tot wetenskaplikes wat gevorderde navorsing doen. Die rol wat hierdie leksikon in 'n woordeboekkultuur speel, word ook ondersoek. Daarna is daar 'n deeglike beskrywing van die tipologie, strukture, funksies en inhoud asook van leksikograwe as regte mense, gevolg deur 'n kommentaar op die voordele van elektroniese bronne, voorstelle vir afgeleide werke en 'n oorsig van die kontemplatiewe en transformatiewe eienskappe. van hierdie woordeboek. 'n Probleem in die huidige leksikografiese praktyk is 'n gebrek aan inklusiewe en vooroordeelvrye uitdrukkingswoordeboeke. Metaleksikografie het tot dusver praktiese leksikograwe nie voldoende gehelp om dit te beplan en saam te stel nie. Faktore, waaronder die wisselwerking tussen die uitsluitingskonnotasies van uitdrukkings, en die nuanses en graderings van partydige uitdrukking, is buite die bestek van gewone leksikons. Hierdie proefskrif herstel dit deur 'n teoretiese model te verskaf vir die voorbereiding van 'n woordeboek gefokus op bevooroordeelde en uitsluitende uitdrukkings, sodat gebruikers 'n betroubare leksikografiese bron sal hê wat hierdie belangrike aspekte van taal en kommunikasie dek.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Bias-free language, Egalitarianism, Inclusiveness, English language -- Dictionaries, UCTD, English language -- Lexicography, Expressions dictionaries