Die gradering en ordening van drie teikentake binne 'n taakgebaseerde leer-en-onderrig-program vir nieAfrikaanssprekende internasionale universiteitstudente

Date
2019
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die artikel spruit uit navorsing wat deur die eerste skrywer onderneem is vir die ontwerp van ’n taakgebaseerde program vir internasionale studente wat aan Universiteit Stellenbosch studeer (Beukes 2017). Die doel van die artikel is om aan te dui hoe drie1 teikentake2 binne ’n taakgebaseerde leer-en–onderrig-program gegradeer en georden kan word ten einde optimale taalverwerwing3 binne sillabusontwerp te illustreer. Die studie word deur die volgende navorsingsvraag gelei: Watter faktore moet in ag geneem word wanneer take vir ’n taakgebaseerde program gegradeer en georden word? Onder meer Robinson (2001; 2005; 2009; 2010; 2011) se kognisiehipotese en kriteria vir die gradering en ordening van take; Pica, Kanagy en Falodun (1993) se taaktipologie soos verwerk deur Gleason en Slater (2016); Van Avermaet en Gysen (2006) se taalgebruiksituasies; asook Foster, Tonkyn en Wigglesworth (2000) se Analise van Spraak- (AS-) eenhede vorm deel van die teoretiese raamwerk van hierdie studie. Die deelnemers was die internasionale studente wat die kursus BeginnerAfrikaans Vlak I by die Universiteit Stellenbosch bygewoon het. Die kursus is deur die Taalsentrum se personeel wat in taalverwerwing spesialiseer, ontwikkel en verfyn, en word aangebied aan enige internasionale student wat aan die Universiteit Stellenbosch studeer en geen voorafkennis van Afrikaans het nie. Die metodiek wat gevolg is, spruit uit die studente se voorstelle in ’n vraelys wat as deel van ’n behoefte-ontleding aan hulle gegee is. Na aanleiding van die teoretiese raamwerk word aangetoon hoe teikentake effektief gegradeer en georden kan word deur die toepassing van die navorsers se aanbevelings. In die bevindinge toon ons aan hoe die teoretiese raamwerk toegepas word op die drie teikentake wat as voorbeeld in die artikel gebruik word.
This article focuses on research previously done by the first author, who developed a taskbased teaching and learning programme for international students studying at the University of Stellenbosch (Beukes 2017). The main aim of this article is to indicate how the grading and sequencing of three target tasks within a task-based teaching and learning programme can be done to optimise language acquisition. The study was conducted according to the following research question: Which aspects should be considered during the grading and sequencing of tasks for a task-based programme?
Description
CITATION: Beukes, V. & Adendorff, E. 2019. Die gradering en ordening van drie teikentake binne 'n taakgebaseerde leer-en-onderrig-program vir nieAfrikaanssprekende internasionale universiteitstudente. LitNet Akademies, 16(2):554-583.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Afrikaans language acquisition, Language and languages -- Study and teaching, Afrikaans language -- Study and teaching -- Foreign speakers, Afrikaans language -- Task-based learning and teaching
Citation
Beukes, V. & Adendorff, E. 2019. Die gradering en ordening van drie teikentake binne 'n taakgebaseerde leer-en-onderrig-program vir nieAfrikaanssprekende internasionale universiteitstudente. LitNet Akademies, 16(2):554-583.