Global discourse and local politics : the political economy of urban regeneration in Woodstock, Cape Town
Date
2019-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : It is averred that the postcolonial experience unfurls beyond the unitary structures and teleological frameworks of the Global North. Here, reality is entirely distinct; peculiar in function, particular in form. This ‘democratisation of theory’ has generated substantial insights on the urban experience as ephemeral, informal, and transient. It has redirected attention towards the networks and negotiations of the ‘everyday’, clarifying the much-needed common practices and mundane processes constituting the contemporary city. But this postcolonial epistemological turn, claim others, could potentially be ‘premature’ as cities continue to be profoundly shaped by a wider institutional context interwoven within and mediated through economic configurations of spatial development and geopolitical power. These critics insist on a substantive connectivity and relational geography embedded in political economy. Resultantly, there are calls to stem the tide of increasing disarticulation and fragmentation in critical urban theory and discover ways to move beyond dualistic interpretations of the city. This study explores the political economy of urban regeneration in Woodstock, Cape Town. The study is grounded in a reflexive epistemology that deflects the ontologicaldualism proliferating throughout contemporary urban theory. Here, the city is studied in a specificity yet, simultaneously, in a spatial and temporal relationality. Drawing on Foucault and Gramsci, the study excavates and analyses the archaeology of local discursivities and a genealogy of methods whereby, based on the descriptions of these local discursivities, contemporary urban regeneration in Woodstock has come to fruition. Revealed are hitherto overlooked contingencies related to the formation of a discourse to ‘save’ the city from urban decline. Whilst this discursive formation was temporally relevant and valuable, ANC-led Mayoral interventions steered the private sector towards culture. In Woodstock, this was combined with a second generation of self-identified ‘changemakers’ who became a vehicle for infusing the discourse with ideological commitments to the ‘global city’. An exceptional local institutional context soon created a disproportionally powerful and particularly potent discourse. Over time, antagonisms and contradictions of this discourse were ‘smoothed over’ through image construction. These images took the form of intellectual and moralising narratives that manufactured consent, deploying discursive constructs such as ‘caring’ and ‘inclusive’. These constructs normalised the discourse and its inequitable outcomes as inevitable or ‘common sense’. Thus, the discourse appeared to be hegemonic in its workings. However, hegemonies are not always homogenous, and contestations both within and without afford space for alternatives. In eschewing a pessimism that characterises much critical theory, this study proposes discursive points of entry to affect sociospatial integration.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Daar word beweer dat die postkoloniale ervaring verby die unitêre strukture en teleologiese raamwerke van die Globale Noorde ontvou. Hier is die werklikheid heeltemal anders; besonders in funksie en spesifiek in vorm. Hierdie ‘demokratisering van teorie’ het belangrike insigte gegenereer in die stedelike ervaring as kortstondig, informeel en tydelik van aard. Dit het die aandag na die netwerke en hantering van die ‘alledaagse’ herlei en duidelikheid gebring oor die broodnodige algemene praktyke en doodgewone prosesse waaruit die kontemporêre stad bestaan. Dié postkoloniale epistemologiese inslag kan moontlik egter ‘prematuur’ wees, só beweer ander, aangesien stede grootliks steeds gevorm word deur ’n breër institusionele konteks wat onderling verweef is in en gemedieer word deur ekonomiese konfigurasies van ruimtelike ontwikkeling en geopolitieke mag. Hierdie kritici staan daarop dat ’n substantiewe konnektiwiteit en relasionele geografie in die politieke ekonomie ingebed is. Daar is gevolglik oproepe om die toenemende disartikulasie en fragmentasie in kritiese stedelike teorie te stuit en maniere te vind om weg te kom van dualistiese vertolkings van die stad. Hierdie studie verken die politieke ekonomie van stedelike vernuwing in Woodstock, Kaapstad. Die studie is gegrond in ’n refleksiewe epistemologie wat afwyk van die ontologiese dualisme wat kontemporêre stedelike teorie deurspek. Hier word die stad in ’n spesifiekheid, maar terselfdertyd tog in ’n ruimtelike en temporele relasionaliteit, bestudeer. Die studie delf rond in en ontleed die argeologie van plaaslike diskursiwiteite waardeur kontemporêre stedelike vernuwing in Woodstock – volgens die beskrywing van dié plaaslike diskursiwiteite – tot stand gekom het. Hiervoor steun die studie op Foucault en Gramsci. Gebeurlikhede wat tot dusver misgekyk is maar verband hou met die vorming van ’n diskoers om die stad van stedelike verval ‘te red’, word blootgelê. Terwyl hierdie diskursiewe vorming tydsgewys relevant en waardevol was, het ANC-geleide, burgemeesterlike ingrypings die private sektor in die rigting van kultuur gestuur. In Woodstock is dit gekombineer met ’n tweede generasie van selfgeïdentifiseerde ‘veranderingmakers’ wat ’n voertuig geword het om die diskoers met ’n ideologiese verbintenis tot die ‘globale stad’ te besiel. ’n Buitengewone plaaslike institusionele konteks het gou ’n diskoers geskep wat buite verhouding invloedryk en besonder kragtig was. Enige antagonisme jeens, of weerspreking van, hierdie diskoers is met verloop van tyd deur ’n beeldbouproses ‘toegesmeer’. ’n Beeld na buite is voorgehou in die vorm van intellektuele en moraliserende narratiewe wat instemming gefabriseer het deur diskursiewe konstrukte soos ‘omgee’ en inklusief’ in te span. Dié konstrukte het die diskoers en die onregverdige uitkomste daarvan genormaliseer as onvermydelik of ‘gesonde verstand’. Dit het dus gelyk of die diskoers hegemonies funksioneer. ’n Hegemonie is egter nie altyd homogeen nie, en geskille daarbinne en daarbuite bied ruimte vir alternatiewe. Deur weg te bly van die pessimisme wat ’n groot klomp kritiese teorie kenmerk, doen hierdie studie diskursiewe toegangspunte aan die hand om sosiaal-ruimtelike integrasie te beïnvloed.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Political economy -- Woodstock (Cape Town, South Africa), Economics -- Woodstock (Cape Town, South Africa), Urban renewal -- Woodstock (Cape Town, South Africa), Urban economics -- Woodstock (Cape Town, South Africa), Cities and towns -- Growth -- Woodstock (Cape Town, South Africa), UCTD