Changes in cerebral blood flow and cardiac output in premature neonates in the first 72 hours of life

Date
2019-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
Background: A vital contributor of adverse neurodevelopmental outcome is the early acquisition of prematurity related brain injury associated with perturbations of cerebral haemodynamics. Several impediments however exist in describing the temporal relationship between systemic haemodynamic disturbances and prematurity related brain injury. Methods and results: A cohort of preterm neonates, nested in a prospective cardiac output methods study, and involved infants admitted to a tertiary level neonatal high care unit. An interim analysis of 63 premature infants meeting the inclusion criteria of gestational age between 26-34 weeks with recorded cranial ultrasound and echocardiographic data was performed. Excluded infants were those with birth weight <800g, gestational age <26 weeks, congenital defects and infants with asphyxia. Left ventricular cardiac output (LVO), as measured by echocardiography, was correlated to anterior cerebral artery flow velocities, derived from cranial ultrasound Doppler. Measurements were recorded at six hourly intervals up to 72 hours of life and analysed in two subgroups: 31 infants (gestational age 28.6 ± 1.25 weeks, range 26-30 weeks) and 32 infants (gestational age 32.4 ± 1.0 weeks, range 30-34 weeks). LVO remained constant across gestational age categories. Peak-systolic flow velocity (PSV) and end-diastolic flow velocity (EDV) had initial low values with gradual increase over time. Lower mean values were detected in the 26-30 week gestational age group representing intrinsic differences in cerebral vasculature of the developing brain. Neither PSV nor EDV had a strong correlation with LVO. Conclusion: In this population of relatively stable premature infants changes in PSV and EDV did not correlate with LVO.
Mikpunte: ‘n Groot mate van nadelige neuro-ontwikkelings uitkomste is te wyte aan vroeë aankoms brein beserings geassosieërd met fluktuasies in serebrale hemodenamika van die premature neonaat. Daar bestaan egter veelvuldige struikelblokke om die presiese verwantskap tussen sistemiese en serebrale bloedvlooi skommelings te bepaal. Metodes en uitslae: ‘n Kohort van premature neonate, gesetel in ‘n prospektiewe kardiale uitwerp metode studie, was uitgesoek en het bestaan uit neonate wat opgeneem is in ‘n tertiere hoësorg neonatale eenheid. ‘n Interim analise van 63 premature neonate, wat voldoen het aan die insluitingskriteria van geboortegestasie tussen 26-34 weke met beskikbare kraniale (brein) sonar en egokardiografie studie data, is gedoen. Uitsluitingskriteria het die volgende behels: geboortegewig <800g, geboortegestasie <26 weke, kongenitale gebreke and neonate met geboorte asfiksie. Die korrelasie tussen linker ventrikulêre uitwerpfraksie, verkry deur egokardiografie, en vloeisnelheid binne die anterior serebrale arterie verkry deur kraniale sonar Doppler, is bepaal. Bogenoemde metings was elke 6 ure geneem tot en met 72 ure van lewe. Metings was gevolglik in die volgende twee gestasie kategorieë bestudeer: 31 neonate (geboortegestasie 28.6 ± 1.25 weke, reikweidte 26-30 weke) en 32 neonate (geboortegestasie 32.4 ± 1.0 weke, reikweidte 30-34 weke). Linker ventrikulêre uitwerpfraksie het deurgans in altwee gestasie kategoriee konstant gebly. Anterior serebrale arterie pieksistoliesie vloeisnelheid en eind-diastoliese vloeisnelheid het aanvanklik laer waardes getoon met ‘n geleidelike toename oor tyd. Verder is laer gemiddelde vloeisnelheid in die 26-30 weke geboortegestasie groep waargeneem wat waarskynlik die intrinsieke verskille in die serebrale bloedvat argitektuur van die ontwikkelende brein benadruk. Nóg pieksistoliese vloeisnelheid, nóg eind-diastoliese vloeisnelheid het deurgans op enige tydstip ‘n statisties betekenisvolle korrelasie met linker ventrikelêre uitwerpfraksie getoon. Gevolgtrekking: In hierdie populasie van relatief stabiele premature neonate is daar geen korrelasie tussen anterior serebrale arterie vloeisnelheid en linker ventrikulere uitwerpfraksie getoon nie wat moontlik dui op beskermde serebrale autoregulasie.
Description
Thesis (MMed)--Stellenbosch University, 2019.4589
Keywords
Cerebral blood flow, Premature infants -- Death, Neonates, Cerebral circulation, Cardiac output
Citation