Debt capitalisation : an analysis of the application of section 24BA of the Income Tax Act

Date
2018
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Die kapitalisering van skuld in ruil vir die uitreiking van aandele is ’n algemene verskynsel en kan op drie wyses geskied, naamlik deur die direkte uitreik van aandele (met of sonder kontantvloei), deur skuld-vergelyking en deur die omskepping van skuldinstrumente in aandele. Alhoewel bestaande literatuur aandag aan die toepassing van skuld-verminderingsbepalings in die Inkomstebelastingwet skenk, is daar egter ’n gebrek aan voldoende inligting oor die mate waartoe artikel 24BA van die Inkomstebelastingwet op die verskillende metodes van skuld-kapitalisering van toepassing kan wees. Die artikel ondersoek die moontlike toepassing van artikel 24BA op skuldkapitalisering. Elk van die metodes van kapitalisering word individueel ontleed aan die hand van die vereistes van artikel 24BA. Die artikel bevind dat met skuldvergelyking as metode van skuldkapitalisering, verskille tussen die waardes van inskrywingslening (wat voortspruit uit die inskryf op aandele) en die markwaarde van aandele wat uitgereik word tot toepassing van artikel 24BA aanleiding kan gee. Op grond van die bevinding word daar aan die hand gedoen dat indien die omstandighede nie voorsiening maak vir verligting van die toepassing van artikel 24BA nie, kan skuldvergelyking as ’n minder gunstige metode van skuldkapitalisering beskou word.
Description
CITATION: Van Rensburg, P. J. & Nel, R. 2018. Debt capitalisation : an analysis of the application of section 24BA of the Income Tax Act. De Jure, 51(1):35-49, doi:10.17159/2225-7160/2018/v51n1a3.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
Debt capitalisation, Income Tax -- Law and legislation -- South Africa, South Africa -- Income Tax Act 58 of 1962
Citation
Van Rensburg, P. J. & Nel, R. 2018. Debt capitalisation : an analysis of the application of section 24BA of the Income Tax Act. De Jure, 51(1):35-49, doi:10.17159/2225-7160/2018/v51n1a3