Managerial judging and alternative dispute resolution in Australia : an example for South Africa to emulate. part 2

De Vos, Wouter Le R. ; Broodryk, Theo (2018-01)

CITATION: De Vos, W. Le R. & Broodryk, T. 2018. Managerial judging and alternative dispute resolution in Australia: an example for South Africa to emulate? (part 2). Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2018(1):18-35.

The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/jlc_tsar

Article

The impact of judicial case management and alternative dispute resolution on the fundamental rights of the parties. Traditionally, English common law shied away from recognising the fundamental principles of civil procedural law in the form of basic rights or guarantees accorded to the parties. As Jolowicz aptly remarked, “English law tends rather to take [these guarantees] for granted than to enshrine [them] in a legislative text”. Since this statement was made close to fifty years ago there has been a dramatic change in the English approach. First and foremost, the incorporation into English domestic law of the European Convention for the Protection of Human Rights and Fundamental Freedoms by the Human Rights Act resulted in the statutory recognition of fundamental human rights for everyone in England. In the procedural field the adoption of article 6(1) of the convention, providing for a fair trial to litigants, brought about a sea change in civil procedural law.

Die artikel oorweeg, as uitgangspunt, die Australiese geregtelike saakbestuur-sisteem. Oorweging word spesifiek gegee aan die posisie in Engeland ten einde die agtergrond vir die hervorming van die Australiese sisteem te kontekstualiseer. Die artikel fokus op Victoria en Wes-Australië as tipiese voorbeelde van Australiese state wat twee verskillende benaderinge tot geregtelike saakbestuur binne die konteks van die Australiese federale sisteem volg. Die artikel oorweeg verder die interaksie tussen geregtelike saakbestuur en die howe se benadering tot alternatiewe geskilbeslegting. In hierdie verband word die rol wat howe op die gebied van alternatiewe geskilbeslegting behoort te vervul, bespreek. Daarna, in die konteks van beide geregtelike saakbestuur en alternatiewe geskilbeslegting, word oorweging gegee aan die impak hiervan op die fundamentele regte of waarborge van partye tot siviele verrigtinge. Die outeurs bespreek die hof se staatsregtelike rol binne die konteks van geskilbeslegting en argumenteer dat die hof dit nie sonder meer behoort te versaak ten behoewe van alternatiewe geskilbeslegting, soos mediasie nie. Dit is volgens die outeurs kontra-produktief. Die outeurs maak melding van die partye se fundamentele regte, soos die reg op ʼn billike verhoor, wat insluit die reg van ʼn party om sy of haar saak aan ʼn hof te stel vir ʼn regterlike beslissing. ʼn Stelsel wat ʼn uitermate verhewe prioriteit aan geregtelike saakbestuur verleen en in die proses ʼn party se reg inperk om sy of haar saak na behore aan te bied of alternatiewe geskilbeslegting te hoog aanslaan en ʼn party van sy of haar dag in die hof ontneem, loop volgens die outeurs die gevaar om kwaliteit in te boet. Uiteindelik word die posisie in Suid-Afrika betreffende geregtelike saakbestuur en alternatiewe geskilbeslegting bespreek ten einde te bepaal of daar enige lesse vanuit die Australiese model geneem kan word ter bevoordeling van die Suid-Afrikaanse posisie. Daar word bevind dat Suid-Afrika nie blindelings die posisie in Australië moet nastreef nie en dat ʼn gebalanseerde en genuanseerde benadering verkieslik is. Dit beteken egter nie dat Suid-Afrika nie by oorweging van die Australiese model kan baat nie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/106350
This item appears in the following collections: