Factors influencing patient falls in a private hospital group in the Cape Metropole of the Western Cape

Janse van Rensburg, Renee (2019-04)

Thesis (MNur)--Stellenbosch University, 2019.

Thesis

ENGLISH SUMMARY : Background: The fall rate of patients in hospital settings is a worldwide concern due to the impact falls have on an individual patient, the family or relatives, as well as the healthcare setting. Hospitalised patients have a 12% chance of falling whilst in hospital. Factors involved in patient falls are categorised as intrinsic and extrinsic. Intrinsic factors refers to physical conditions and the extrinsic factors include the environment of the patient, nursing staffing levels and skill mix. Patient fall risk assessments are important measures to prevent falls or minimise the impact thereof. The aim of this study was to determine the factors that influence patient falls in a private hospital group in the Cape Metropole of the Western Cape. The objectives were to determine the intrinsic and extrinsic factors that contributed to patient falls, to classify the severity of the injuries sustained during patient falls and to determine whether a lack of fall risk assessment by nurses contributed to patient falls. Methods: A quantitative retrospective descriptive research approach was used. A total of 134 records of patients that have fallen over the timeframe from October 2016–February 2018 were included in the study. Patient documentation and all other relevant information related to the falls were utilised. The data was collected by means of a data extraction sheet and all information was anonymised at the point of collection. The Health Research Ethics Committee (HREC) of the University of Stellenbosch granted a waiver of informed consent. The data was analysed using the SPSS package. Results: The intrinsic factors that contributed to patient falls were identified as the patient’s age, being hypertensive, co-morbidities and the use of benzodiazepines as a sedative. The extrinsic factors were the incorrect use of the bed rails and the skill mix of the staff. In just over half of the cases (n=68; 50.7%), risk assessments were not performed according to the protocol. Only 5 (3.7%) patients sustained major injuries due to the falls. However, the risk of a more severe fall increased 2.4 times with the lack of risk assessment. Conclusion: The lack of accurate and consistent patient fall risk assessments, use of benzodiazepines as a sedative and the staff skill mix were contributors to the fall rate in these hospitals. Recommendations include the revision of risk assessment tools to incorporate context-specific factors, adherence to procedures regarding risk assessments as well as auditing the result of these assessments. Attention should be given to current skill mix ratios; an increase in the registered nurse category is proposed to align with international norms.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Agtergrond: Pasiënte wat in hospitaal-instellings val, is ’n wêreldwye bron van kommer as gevolg van die impak wat die val op ’n individuele pasiënt, die gesin of familie sowel as die gesondheidsorg-instelling het. Pasiënte het ’n 12% kans om te val terwyl hulle gehospitaliseer is. Faktore wat ’n rol by pasiëntvalle speel, word gekategoriseer as intrinsiek en ekstrinsiek. Intrinsieke faktore verwys na fisiese toestande wat pasiënte ervaar en ekstrinsieke faktore verwys na die area of omgewing waarbinne die pasiënt is sowel as die aantal verpleegpersoneel en die mengsel van verskeie verpleegkategorie-vaardighede. Pasiëntval-risiko-ontleding is ’n belangrike maatreël om te verhoed dat die pasiënte val; dit kan ook die impak van die val verminder. Die doel van hierdie studie was om te bepaal watter faktore ’n invloed op pasiëntvalle in ‘n privaathospitaal groep in die Kaapse Metropool van die Wes-Kaap het. Die doelwitte was om te bepaal watter intrinsieke en ekstrinsieke faktore bydra tot die pasiënt se val, valle te klassifiseer volgens die erns van die beserings opgedoen tydens die pasiënt se val en om te bepaal of ’n gebrek aan val-risiko-assessering deur verpleegpersoneel bydra tot ’n pasiënt se val. Metodes: ’n Kwantitatiewe, terugwerkende en beskrywende navorsingsbenadering is gebruik. ’n Totaal van 134 rekords van pasiënte wat oor die tydperk vanaf Oktober 2016–Februarie 2018 geval het, is in die studie ingesluit. Pasiëntdokumentasie en alle ander relevante inligting met betrekking tot die val is gebruik. Die data is deur middel van ’n data-ontginningsdokument ingesamel en alle persoonlike inligting is tydens die insamelingsproses verwyder wat die anonimiteit van die data verseker het. Die Gesondheidnavorsing Etiek Komitee van die Universiteit van Stellenbosch het kwytskelding van ingeligte toestemming verleen. Die data is met behulp van die SPSS-sagteware ontleed. Resultate: Die intrinsieke faktore wat tot pasiëntvalle bygedra het, is geïdentifiseer as die pasiënt se ouderdom, hipertensie, sekondêre siektetoestande en die gebruik van bensodiasepiene as 'n kalmeermiddel. Verwysend na ekstrinsieke faktore het die verkeerde gebruik van die bedrelings en die vaardigheidsmengsel van die personeel ’n groot bydrae gelewer. In net meer as die helfte van die gevalle (n = 68; 50.7%) is risiko-ontleding nie uitgevoer volgens die protokol nie. Net 5 (3.7%) pasiënte het ernstige beserings as gevolg van die val opgedoen. Die risiko van ’n meer ernstige val verhoog 2.4 keer by gebrek aan risiko- assessering. Gevolgtrekking: Die gebrek aan akkurate en konsekwente pasiëntval-risiko-ontleding, die gebruik van bensodiasepiene as ’n kalmeermiddel en die personeelvaardigheidsmengsel was bydraende faktore tot die val-koers in hierdie hospitale. Aanbevelings sluit in die hersiening van risiko evalueringsmiddele om konteks-spesifieke faktore te inkorporeer, nakoming van prosedures met betrekking tot die pasiënt-val-assessering asook die ouditering van die gebruik van hierdie assesseringsdokument. Aandag behoort aan die huidige verhoudinge ten opsigte van die onderskeie vaardighede gegee te word; ’n toename in die geregistreerde verpleegsterskategorie word voorgestel om te voldoen aan die internasionale norme.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/106220
This item appears in the following collections: