The effects of social media on the revitalisation of feminism and coloured women's identity politics

Date
2019-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Despite the movement towards cultivating a democracy since 1994, South Africa is a country which still faces many challenges as a result of political and racial remnants of the Apartheid regime. With Apartheid’s segregating classification system etched in the minds of South Africans, a sense of hierarchal and binary thinking is still present. Today, Coloured women remain a marginalised demographic, due to longstanding racial and cultural stereotypes, deprecating visual representations, and media’s capacity to perpetuate and normalises these limiting typecasts. This marginalised demographic has recently begun to re-negotiate female Coloured identity norms across contemporary visual platforms of representation, specifically within the social media space. The purpose of this study is to investigate the postfeminist digital manifestation and reproduction of cultural, racial, sexual, gendered and religious identities within the social media domain, with specific reference to three Coloured South African women, namely Patty Monroe, Aisha Baker and Kim Windvogel. This study is approached from a mixed-methods perspective, employing an interpretive process of gathering and analysing data. This process involved a voluntary electronic survey which circulated online via snowball sampling methods, visual content analyses of social media posts, and structured interviews with case study individuals. The investigation highlighted themes regarding self-representation and self-presentation, submission and subversion, and agency, sexual responsibility and gender. This exploration of online visual depictions of Coloured South African women is an attempt to ascertain the existence of a postfeminist rhetoric that is a revitalisation (rather than a rejection) of the traditional feminist ethos. Issues surrounding private and public, exposure and concealment, and sexuality and modesty also emerged during the data analysis process. My findings include that a postfeminist rhetoric, which is an acknowledgement of and expansion upon classic feminist ideals, does exist. Imagery that employs this rhetoric provides a new means of representivity and an affirmative narrative for Coloured South African women; a contemporary way of seeing beyond longstanding, limiting racial and cultural representations. This rhetoric is arguably progressing towards a more intersectional approach to Coloured womanhood. It is further suggested that that an intersectional feminism, which adopts a sense of interdisciplinarity, be the next wave of enquiry when researching the Coloured demographic.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika poog sedert 1994 om ‘n demokrasie in stand te hou, maar ten spyte hiervan, word die land steeds daagliks met talle kwessies van die verlede gekonfronteer. Hierdie kwessies hou verband met die politiek en rassisme wat gepaardgaan met die Apartheidsregime. Suid-Afrikaners het steeds ‘n sterk geheue van die segregasie-klassifikasiesisteem van Apartheid wat daartoe bydra dat daar steeds in ons hedendaagse samelewing ‘n teenwoordigheid van hiërargiese en binêre sienswyses is. In die Suid-Afrikaanse samelewing word kleurlingvroue as gevolg van jarelange rasse- en kulturele stereotipes steeds as ‘n gemarginaliseerde gemeenskap gesien. Dit word versterk deur verskeie visuele uitbeeldings wat afkeurend van aard is en die media wat die beperkende rolle van kleurlingvroue normaliseer. Ondanks die struikelblokke het hierdie gemarginaliseerde gemeenskap onlangs begin om hierdie identiteitsnorme van kleurlingvroue deur middel van kontemporêre visuele platvorms binne die sosialemedia-ruimte te herskep. Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die postfeministiese digitale manifestasies en hoe kulturele, rasse, seksuele, geslag en religieuse identiteite binne die sosialemediagemeenskap herskep word. Die drie kleurlingvroue wat die fokus van hierdie studie is, is Patty Monroe, Aisha Baker en Kim Windvogel. Die studie word benader vanuit ‘n gemengde-metode studieperspektief en behels ‘n interpretatiewe proses van dataversameling en –analise. ‘n Vrywillige elektroniese opname wat aanlyn via ‘n sneeubal-streekproef gesirkuleer het, asook visuele inhoudsanalises en gestruktureerde onderhoude met die betrokke individue word by dié proses ingesluit. Hierdie studie beklemoon verder verskeie kwessies soos selfuitbeelding en –aanbieding, onderdanigheid en ondermyning, en seksuele verantwoordelikheid en geslag. Die ondersoek na aanlyn visuele uitbeeldings van kleurlingvroue in die Suid-Afrikaanse gemeenskap poog om die bestaan van ‘n postfeministiese retoriek as ‘n herlewing — eerder as ‘n verwerping — van die trandisionele, feministiese etos vas te stel. Tydens die data-analise proses is verskeie ander kwessies aangeraak wat handel oor privaatheid en publiek, blootstelling en verbloeming, en seksualiteit en diskresie. Die bevindings van hierdie studie is dat ‘n postfeministiese retoriek, wat ‘n erkenning en uitbreiding van klassieke feministiese ideale is, steeds bestaan. Beelde wat hierdie retoriek bewerkstellig bied ‘n nuwe manier van Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za iv teenwoordigheid en ‘n regstellende narratief vir Suid-Afrikaanse kleurlingvroue aan — ‘n hedendaagse manier om verby jarelange, beperkende rasse- en kulturele uitbeeldings te kyk. Hierdie retoriek is sistematies besig om te ontwikkel tot ‘n interseksionele benadering van kleurling vroulikheid. Verder word voorgestel dat interseksionele feminisme, wat ‘n gevoel van interdissiplinariteit gee, die volgende groot onderwerpskwessie sal wees wanneer daar navorsing gedoen word oor die demografie van kleurlingvroue in Suid-Afrika.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Social media -- South Africa, Apartheid -- South Africa, Identity politics -- South Africa, Apartheid, Feminism -- South Africa, UCTD
Citation